‘n Stupid pa se bekommernis.
Die 4 alternatiewe waaruit ek moes kies:
·
Wag
dat skool hom + toets
o
Skool
sal hom Arora toe stuur
·
Wag
dat hy met gereg bots
o
Tronk
sake
·
Wag
dat hy default op betaling
o
Plaas
familie in gevaar
o
Dwelm
smouse vergewe nie hulle sal hom doodmaak
·
Tree
op en laat hom opneem
o
Die
was my keuse
Ek is ongelooflik bang vir die volgende:
·
A sien
dagga as ‘n inkomste
o
18
Mei 2013 sê A dat hy vir hom ‘n Grolsh met sy eerste
salaris gekoop het
·
A sien
homself as ‘n ‘stoner’
o
23
Mei 2013 met opname
·
Die
hoeveelheid wat A by hom het gaan hom met die gereg laat bots
o
Tronk
sake
·
Hy
gaan iewers default op ‘n betaling
o
Sy vriende
gaan hom keel afsny
Hoe gaan ons vorentoe:
A moet
verantwoordelikheid neem om:
·
Nee
te sê en skoon te bly
·
Om
totaal met sy vriende te breek
·
Om
betyds hulp te vra
·
Om
skool klaar te maak
Indien A nie die
vier punte nakom nie:
·
Ek
gaan nie intree en besluite neem nie
·
Ek
gaan nie versagtende reëlings tref nie
·
Ek
gaan nie borg of boetes betaal nie
·
Ek
gaan nie vir bankies betaal nie
Verloop van gebeure:
Nov 2012 |
A raak aggressief en angstig, besoek Sielkundige
PN. Sprake van opneming maar elke slag
val iets voor of draai hy uit. Ek glo
dit is tiener stront maar R is oortuig daar is groot fout. |
|
Des 2012 |
Gaan bou afdak op by seehuis. A loop min rond maar ry elke namiddag met
motorfiets rond, ek was nie bekommerd nie.
A het hard gewerk maar baie geslaap terwyl ek werk. Hy vertel eendag van polisie wat hom gestop
het en deursoek het. Na R en M kom gaan kuier hy gereeld saam vriende
op Hartenbos, enkele kere het hy rooi oë maar ek kan dit nie nou koppel aan
Hartenbos of motorfiets nie. Een namiddag kom A by huis aan, sy oë baie rooi
en opgeswel lyk sommer swart in gesig.
Sê is motorfiets ry wat sy oë brand. A vererg hom vir Hnk
wat hom spot. A het dit redelik goed
hanteer maar loop en rook aan bokant van parkeerplek op Santos. |
|
18 Jan
2013 |
Maats kuier saam vir sy 18de verjaardag. Loop rond die middag en braai vleis die
aand. A sê Mthw
hom klein sakkie twak gegee, beduie bankie grote. |
|
20 Jan 2013 |
A ry Sands toe. By huis raak hy flou – green
fever? Braak erg. |
Rook! |
Feb 2012 |
Surfer boy begin saam
gimnastiek. JKleinGirl
verskyn in prentjie. |
|
11 Feb
2013 |
Skoonsus kuier, A loop rond met valhelm op en lig moet
af wees. Aggressief. |
Rook |
15 Feb
2013 |
A draai uit Valentyn bal. Ouens toets + na bal. |
|
Maart
2013 |
Merk leë bankies in sy twaksak op. Praat altyd weg, sê Ma weet dat hy sy twak
daarin sit. Soms rooi oë. Ook een slag na aand kerkdiens. |
|
April
2013 |
A se eerste Graad 12 rapport - 4 vakke onder
30%. |
|
19 April
2013 |
Sou partytjie op plaas bywoon. Kanselleer en gaan na KlaGirl
saam met PlotPel, WChpr
en TdeJ. Die
middag voor sy maats kom ry hy saam met RBloufiets
en bly lank weg. Sê hy rook sigaar. Verbeel my hulle was na DLN of DVN? |
Rook! |
22 April
2013 |
Toets + by skool. |
|
29 April
2013 |
Tug. Telling 265. Pleit onskuldig, sê sigarette is gespike. SurferBoy ook ‘n verhoor. SurferBoy is ‘n
geslepe karakter en dra ‘n rasta spuitband. |
|
30 April
2013 |
Ek neem Mills boksie
met bankie en zol met pips in uit sy kamer. |
|
Mei 2013 |
Angstig oor geld en vakansie reëlings. PlotPel se pyp en
sy roller is weg. Sê pyp is bo in kas
maar dit is nie waar nie. Angstig oor
sigarette en hookia pen. Ry laat aand om hookia
pen by ZV te kry. Leë bankies in
twaksak. |
|
13 Mei
2013 |
Mis Master Maths |
|
14 Mei
2013 |
Biologie ekstra klas. Motorfiets by skool maar
nie ander mense nie. |
Rook? |
15 Mei
2013 |
Mis Master Maths |
|
16 Mei
2013 |
Laat by RBoshof. Geld in kamer R 90-00 |
Rook! |
17 Mei
2013 |
Kry rooi button in
broek met dagga in. Kry 2 vol bankies
en R 140-00 in bed kassie. Wil gaan
braai by Trvr. Konfronteer A oor stash. Erken hy vervoer maar nie dat hy rook nie.
Word gehok oor Master Maths,
mag glad nie motorfiets gebruik tot na eksamen. Baie angstig oor gewone fiets en tref reëling
dat hy 20 minute op slag mag ry maar dat hy dalk soms 2 keer per dag mag ry. A verwyt ons oor R170-00 vir matriek
vakansie. Vier van hulle moet ‘n 5de borg.
Sê hy is deurmekaar met dagga omdat hy dringend die R170-00 moes betaal. Rol erg rolies en
staan voor aan straatkant en rook die aand.
Lyk of hy vir iemand wag. Tweezers word gebruik vir die rol! |
Rook! |
18 Mei
2013 |
Pleit by my om die twee bankies vir hom terug te
gee, hy sal dit aan die verskaffer gee.
Ek weier en koop hom los, hy neem geld vir verskaffer rondom 11:00. Kom na 13:00 terug, onvas op sy voete. Sê hy het vir hom bier gekoop met sy eerste salaris. Ons kyk dvd die aand
lyk of mense hom baie bbm maar hy ignoreer van
hulle. |
Rook! |
19 Mei
2013 |
Kry bankie in Bybel met een head. Ek kry die head
se takkie in sy twaksak. Hy sê die
takkie was dalk in sy groter sak gewees maar dit lê bo-op die twak. Hy rol rolies met
tweezers. Die
middag sit hy agter die houthuis, erken later die aand dit was hy wat daar
gesit het toe ek sy hulp vra om saam te kyk hoekom Betty
blaf. Hy baie bang.
Ry fiets die aand, lyk of hy wel gery het. |
Rook! |
20 Mei
2013 |
Oggend is bankie nie meer in Bybel. Ry fiets die aand. Laat weet hy het pap wiel en ek moet hom by
Alwyn Malan stop kry. Hy nie daar
nie. Ek sien hom uithardloop by Veen
Singel 37 nadat hy vir my gesê het dat hy naby Jhn van
skool trek. Koffers verdwyn vinnig in huis. Hy angstig, jittery
en snuif baie. Band nie pap. Praat ongelooflik baie, leer biologie erg. |
Hy iets gedrink of gerook. |
21 Mei
2013 |
Ry fiets vroeg middag, leer biologie en ry weer
fiets voor hy gaan skryf. Gaan met die
groen rugsak skool toe. |
|
22 Mei
2013 |
Sê niemand gaan wiskunde toe nie gaan ry fiets
die aand. Sukkel om aan die leer te
kom begin na 20:30 leer. Leer wiskunde tot na 12:00. Gaan uit om te rook en kom sê hy gesels met
Pter. Kom na
12:30 in huis, ruik dagga aan hom. |
Rook! |
23 Mei
2013 |
Kry rolie met dagga in
asblik. Kry 4 vol bankies in bo in kas. Een bankie lyk oopgezip
dalk hoekom hy tweezers gebruik het. Dink hy haal die THC haartjies met die tweezers uit. Merk haartjies in peperment houer op, lyk
na THC hare. Die goed lê byna oop en bloot in sy kamer. Wonder hieroor, is hy so naïef of is daar
‘n ander rede? Konfronteer A.
Hy sê hy is ‘n ‘stoner’. Baie kwaad dat ek hom wil laat opneem. Sit in sy kamer en rook pyp. Is die tabak dalk gelaai? Ek laat hom opneem! |
|
25 Mei
2013 |
Mars, Die Pool en nog fris donker kop (Mike Kleyn) kuier langsaan, drink wyn uit boks. Roep dringend na A. |
|
30 Mei
2013 |
Woon ouer vergadering by BloemCare
by. A kom soek my. Hy is woedend en dreig my dat hy my gaan
slaan. Ek sê ek is jammer. Hy kom 3 keer terug. Die sielkindiges
dink dit is beter dat ek loop. A bel later die aand en vra ek moet terugkom, hy
vergewe my. |
|
1 Junie
2013 |
Ek gaan kuier by A in BloemCare. Dit gaan heel goed en hy vertel my PN
Sielkundige was by hom Vrydag aand 30 Mei.
Praat later met PN Sielkundige in A se teenwoordigheid en sê dankie
vir sy besoek. Hy klink verbaas en A
lyk uitgevang! PN Sielkundige weet nie
van die dagpas nie maar suster bevestig, lyk of dit al die 28ste gereël is
met SM Psigiater. A was toe nog bitter
kwaad vir my gewees! Maar hy het toe reeds
die dagpas gereël!? |
|
2 Junie
2013 |
Gaan haal A vir dagpas 09:50. Hy buite met rooikop meisie van Skool. Lyk of hulle iets onderling gereël
het. A WIL bestuur, laat hom toe. By huis reguit kamer toe, groet niemand. Soek dadelik sy twakblik, baie kwaad omdat
die twak weg is. Wys hom daarop dat ek
nuwe twak gekoop het en pakkie sigarette gekoop het. Hy sê dit is nie dieselfde. Koel later af en drink saam koffie. Maar begin reël om uit te kom. Hy kyk saam TV gaan bad en skeer bene, begin met
foon. Terwyl hy bad sê hy dat ons nie
moet uitgaan eerder by huis eet en kuier.
En ons moet solank pizza bestel hy wil geld trek vir koeksusters. Ons sê ons sal hom geld gee as terugneem. Na bad gaan haal hy en R die pizza. Hy karring dat sy geld moet trek. Na ete wil hy die geld in sy tas sit, dit
is rondom 13:00 hy gaan eers 19:00 terug.
Ek sê ek sal dit by my hou. Hy
sê nee hy wil sigaar gaan rook en by Mrzn gaan
kuier. Ek vra hoeveel hy soek. Sê sigaar is R20-00 ek bied aan dat hy R20-00
by my neem maar dit raak meer. Ek stem
in sy ma hom R50-00 gee. Geld is nie
vir koeksusters nie, nê? Hy weg op fiets na hy groot ding maak van my
drukkies gee en sy blades vir my gee en dat hy
klaar is met dagga. Hy het sy roller
en twaksakkie in sy kamer gelos. Daar
is twee los sigarette in sy boekrak, lyk na twee uit die nuwe pakkie wat ek
hom gegee het. Kom 16:55 terug.
Ek vra na sigaar hy sê dit was R24-00 en dat hy ‘n lighter
van R12-00 gekoop het maar dit het reeds gebreek en dat hy R8-00 oor het. Hy lyk rustig en kyk bietjie TV. Begin kriewel en vra ek moet saam hom buite
staan hy wil pyp rook. Sukkel lank om
ou pyp reg te kry later neem hy maar sy nuwe pyp. Sê iets van dat hy meer hou van die ou een
met die filter maar dat dit verstop is.
Ek rook ‘n trek saam. Kort na die pyp rook is hy weer buite, ligte is
af en hy staan by sy fiets en rook.
Die sigaret wat hy gerook het is tot in die filter gerook. Ek wonder oor die volgende: Hoekom eerder die ou pyp? Hoekom 2 sigarette uit nuwe boksie haal? Hoekom is ligte af en staan hy by fiets? Hoekom lê die Peter Stuyvesant
carton wrapper voor by pot? Hoekom is die bamboes by muur afgebreek? |
|
7 Junie 2013 |
A kom huis toe.
Gaan ry vroeg middag fiets. Is
16:00 terug toe ek by huis kom. Hy lyk
goed en is opgewek. Die aand na 18:00
stel hy voor ons kry dvd, wil nie saam ry net ek en
M ry. |
|
8 Junie 2013 |
A staan laat op.
Ons gesels oor my motorfiets.
Geen oplossing wat my aan betref nie.
Hy baie rustig, gesels baie met my maar praat geweldig hard. Sê hy wil stuk grond omspit vir tabak. Ek wys dat die sandput die regte plek
is. Verloor skierlik
belangstelling. Oefen met sy gewigte
en praat oor bankie. Wys hom watter
staal hy kan gebruik maar verloor belangstelling. Later sê hy dat ek hom moet laat weet as ek
eendag nie meer wil bier brou nie dan sal hy my toerusting oorneem. Ek besluit om my bier te bottel en vra hom
hy moet terwyl ek besig is met sterilisering by my sit. Hy maar kriewelrig maar sit ‘n bietjie en
gesels. Later gaan sit hy buite. Hy beweeg nie uit erf. Ek agtervolg wat ek dink SurferBoy
is. By drankwinkel naby skool werk ‘n jong man DLN, donker hare wat geperokside is. Lee bankies lê voor op stoep. |
|
9 Junie 2013 |
A kom nie aan die gang die oggend. Ek vra hy moet saam builders
warehouse besoek maar hy wil nie. 12:00 steeds in nagklere. Ons hou maar vergadering, praat oor rook geld en skool. A nie lus om terug te gaan JSkool, bied ‘n goeie argument aan. Maar hy dink hy gaan sy dae kan omslaap as
hy home school. Ek en R ry en kry oproep ons moet hom ‘n pc speletjie koop.
Kry die speletjie. By huis onthou ek bottels in straat ek gaan haal
dit seker 10:00 uit. A wil met my
praat, ‘n besigheid voorstel. Hy wil
R 400-00 leen om sy verskaffer te betaal ‘om te breek’. Hy het die reeds met sy ma bespreek en sy
voel hy is ernstig. Ek toets hom oor
die hoeveelheid. Hy sê hy skuld die
geld van 8 bankies wat ek geneem het.
Ek herhinder hom dat ek 2 geneem het die
eerste keer en dat ek hom daarvoor reeds geld gegee het en dat hy dit betaal
het en slegs 4 die tweede keer. Sy kort termyn geheue is ernstig ingeperk, hy
onthou glad nie dat hy die geld teruggegee het nie ook nie hoeveel hy
terugbetaal het nie – daardie Saterdag het A met meer as dagga te doen gehad! Vis verder uit hoekom R 400-00. Hy sê dat die nuwe 4 wat ek geneem het R
80-00 is omdat dit beter is as die ‘nuwe gemors’ – foutjie ons praat oor die
nuwes. As daar beter was dan was dit
mos die eerstes omdat dit dan die Cristal was? Steeds ek kom nie by R 400-00 uit nie. Ek verstaan geen somme waar dagga by
betrokke is nie. R trek die geld en A neem dit in koevert. Verstaan nie hoe hy kontak gehad het nie,
eers sê hy het die geld aan ‘n ander persoon gegee en die verskaffer laat
weet, dan klink dit die verskaffer was daar.
Maar A is gou terug en installeer sy game. Sukkel en neem later die ander
rekenaar. Op die stert van die
installasie kry hy begeerte om te gaan fietsry. Dit is 17:42. Hy het 17:41 ‘n whatsap
gekry. Ons vra hy moet 18:00 terug
wees, Ja-ja.
Hy laat weet my 17:56 sy ma moet inskep hy naby huis. Ek sien die sitkamer deur is oop en voel
onveilig. Vra R moet pistool
uithaal. A kom 18:09 by huis aan en ek is baie opgewerk.
Ek sê hom dat ek nie bang is om myself en huis te beskerm. A baie kwaad oor pistool. Ons praat lank en albei kalmeer maar A
verstaan nie dat ek bang is vir sy en ons veiligheid nie. Later rol hy ‘n rolie,
sê hy nou lus vir soet liquorise tabak. Dit is dieselfde wat hy die Saterdag wat hy
eerste keer die geld gevat het by die verskaffer gekry het. Hy het nou drie strepies op sy skoen. Is dit 3 keer gerook vandat opgeneem is of
is dit die 3 keer wat hy 10 bankies moet aflewer? A se oë is duidelik rooi toe ek hom nagsê. Hy gaan nog 2 keer uit om te rook. |
Rook! |
10 Junie 2013 |
A is twee dae uit Bloemcare
en daar is een head in ‘n sigaar houer onder sy
matras. Wat moet ek doen? R sê sy met SM Psigiater gepraat ek moet
nie bekommerd wees nie A sal nie weer verkoop nie. Ek bly bekommerd. A is besig met dagga, dagga is dwelms en
dwelms is gevaarlik. Die smouse sny
jou keel af en die polisie sluit jou saam met gemors toe. Dalk is dit die pad vir my kind, ek is op! Ek gaan dit los, meer uit desperate poging
om my kind nie weg te stoot nie as uit goeie raad. Ek kom rondom 17:00 by huis. A ry fiets.
Hy terug in 40 minute. Praat
baie maar lyk rustig. Vertel my van sy
nuwe pyp. Lyk die pakkie sigarette wat
Sondag gegee is plus nog 10 is op. Maak
storie van pyp en hy vertel van hoe lank hy so ‘n pyp gerook het voor die
gebreek het. Hy sê hy gaan my ook een
koop en vir my twak wat hy eenkant sal hou.
Wonder wat hy met sy twak aanvang? Hy rook later pyp maar trek dit bitter vinnig
toe ek uitgaan en slaan dit uit. Ek suig
die pyp, my tandvleis jeuk, dagga? Na 10:00 gaan rook hy weer. Ek bied aan om saam te gaan. Hy eers ongemaklik maar stem in. Hy stop my ‘n pyp en rook laaste sigaret. Ek gaan slaap, maak groot storie dat hy
saam my gaan opstaan en koffie drink.
Hy gaan rook nog twee keer. Hy
hoes minder die nag. |
Rook? |
11 Junie 2013 |
Dadels gekom van sy vroeg opstaan om koffie saam
my te drink. Ek maar in sy kamer gaan
sit. Nou karring R ek moet na PN sielkundige. Besoeke buite BloemCare
kom teen spaarrekening, gaan uitgeput word in 3 besoeke. Die selfbetalings gaping is R 7000-00, ek
het dit nie en kan nêrens leen. Dagga! |
|
12 Junie 2013 |
A gee my ‘n pyp persent. |
|
13 Junie 2013 |
Sus saam by ma se werk. A spandeer tyd saam haar, lyk of hy haar by
hom wil hou, dalk om te help met cravings. A lyk baie goed en ook versorg. Ons moet oor skool praat. Gaan sit rustig in son en bied opsies. Duidelik dat hy nie JSkool
toe wil gaan. Hy ervaar die kampus
baie positief en is opgewonde om volgende jaar te kan swot. Ek praat met Skool Vrou en maak afspraak. Kry A net na 16:00 by huis, hy op fiets in
straat. Hy lyk goed maar gemoed lyk
af. Hy gaan rook en badkamer. Ons ry 16:45 hy wil nie bestuur. Iets wat ek gesien het is dat as hy gebruik
het dan bestuur hy nie. Hy stel sy MyMood op terwyl ons ry. Skool Vrou is baie reguit maar ongeorganiseerd. Skool verdink A dat hy verkoop en sy sê sy
sien hy ken al die gemors en sy hande wys hy gebruik al lank. Hy erken hy het gebruik, gooi my met die
skuld en later vertel hy van SM Psigiater en die se gebede. Dit wen haar. Hy lyk of hy met haar sal kan werk, ek
ervaar haar omgewing (kantoor, huis en studente) minder positief. Sy is ongeorganiseerd en haar huis is deurmekaar! Maar sy is baie reguit oor dagga en dat sy
sal help ongeag. Die prentjie is egter donker, lyk of JSkool nie gaan help nie.
En dit is nie uitgemaak dat Impak hom sal inneem nie. Hy moet al sy portefeuljes en grade 10-12
se rapporte instuur. A se gemoed is
nie goed nie, hy skram weg van alles wat skool spel. Hy stem in om na Skool Vrou te gaan maar ek
sien hy voel nie so positief nie. A raak rustiger na ete en gaan rook so rondom
20:00. Hy stop sy pyp voor my maar
vroetel in sy baadjie sak. Na nuus wil
hy ek saam rook. Sit voor maar ligte
is af. Hou hom dop, hy onvas en
ooglede hang. Hy merk ek kyk en vertel
dit is sy bloeddruk en vertel van die hospitaal, hy drink nie die bier wat hy
saam geneem het nie. Vertel my dat ek
hom eintlik opcheck deur so diep in sy twaksak te
grawe maar dat hy daarmee genoeë neem.
Hy luister na Johny Hobo en ander donker
musiek. A het iets gerook toe hy 20:00
buite was en hy hou my doelbewus in die voortuin. |
Rook? Rook |
14 Junie 2013 |
Gaan sit by hom in kamer en kuier voor
werk. Hy nie gemaklik maar probeer
sosialiseer. Vra dat hy aan my
korporatiewe bemarking moet verduidelik.
Hy omgeklits maar op die einde verduidelik hy grafiese ontwerp. Ek verstaan dat hy later meer diepte sal
kry. Hy teken aan op MyMood, vra dat ek later vandag moet tyd inruim vir video
van langste nose manual,
ek kan eers vanaand. Die pyp wat R hom gegee het lê in die hondehok
by die houthuis. My vermoede is bevestig
A het gerook, die pyp is skoon maar as ek suig dan juk my tandvleis liggies. Wonder of Buurman hom geruik het? Pyp 14:00 nog in kas. Het hy dit al vergeet? A wil nou R 2000-00 na R 4000-00 leen vir nuwe
fiets. Ai as ek kon sou ek help maar dit is groot geld nou. Neem M dam toe. A op pil pluk, kry R jammer hy bestuur haar
Game toe. A kan die aand nie meer van die video onthou. GBos kuier skierlik die aand, A baie opgewonde. Ons reël sop ete Sondag. |
|
15 Junie 2013 |
A wil ons moet pyp maak. Ek wou bier brou maar besluit hy te
negatief eerder die pyp maak. Draai op
draaibank, A help. Later een soort van
klaar. Ek gee op A werk voort gaan ry
later fiets. Boorpunt breek. Te laat om nuwe te kry. Angstig om die ding klaar te maak. Praat van vir Mthw
gee. |
|
16 Junie 2013 |
Vadersdag, A babbel verskriklik. Organiseer almal en alles, wil na ete gaan
rook en dan kuier maar ons moet nog voorberei vir sop ete saam vriende. Sit later buite. A sê hy is jammer oor wat gebeur het en
wens ‘n beter jaar toe. Wil nie regtig
hê ek moet ook iet sê
maar later luister hy. Hy meer
positief oor home school
ook dat Skool Vrou wil h hy
moet eksamen doen. A sit buite en teken tot mense kom. Hy bietjie sy kamer reggeruk. Met ete is A baie rooi in gesig en oe is
skrefies. Ek kry later ‘n sigaret
stompie onder die plank, die filter is uitgehaal en ruik na dagga. Ons kyk The way back. |
Rook? |
17 Junie 2013 |
Skool Vrou vra A moet op vakansie dag skool begin. Gaan nie goed af. Reël dat hy eerder Woensdag inval. Hoe lank moet ek nog A se gevoel red? Hy vertel almal dat hy net in son gaan
sit. Doen dit ook tot 15:45 toe gaan
hy fietsry. 17:00 hy terug.
Lyk down, snuif baie. R dink hy huil. Hy nie anti dep vorige aand gehad. Sit by my by vuur buite maar baie down, sê dit sal verby gaan. Heeltyd op bbm. Het die realiteit nou gestrike?
Of het sy verskaffer pêl hom ingelig hy waai uit
Bloem? Wonder of die nuwe meisie hom nie gelos het
nie? Gee hom ‘n anti dep, na bad gaan
bietjie beter maar hy is maar af. Of
hy het nee gesê vir dagga of hy het moeilikheid by meisie gekry of dalk by sy
pyp maatjies. Ek sien die swartes van
25 loop op en af en hou die huis dop dalk soek hulle geld by hom. Dit is nou maak of breek ek dink, ek bid vir my
kind dit is al wat ek kan doen. |
|
18 Junie 2013 |
Ek maak A vroeg wakker. Ek bid saam A voor werk en tel hom net na
09:00 by huis op. Ek vra oor sy gym sessie, hy vertel baie wat hy gedoen het maar lyk
eerder of hy geslaap het. Lyk of dit moeilik gaan wees om hom by Impak in
te kry. Ek weet nie wat ons gaan doen
as hy nie inkom nie. ZJ van die streek
bietjie meer positief en Bets M ook gunstig met my versoek oor portefeuljes. R sê A is baie down by
werk, Sê hy praat dat ZV hom gekontak
het en alles weet van rook, verkoop en BloemCare. Lyk of dit hom rattle. Ek stap op maar hy net voor pc nie opgewonde nie ook nie gesels nie. Dagga het my kind se toekoms en vriende gesteel! A het gaan fiets ry maar R sê hy in 10 minute
terug. Hy later weer gaan ry. Volgens hom het die polisie hom gestop en
deursoek. Hy baie kwaad. Ek probeer hom vertel dat dit gevaarlik is
vir polisie op straat maar hy sien dit nie so nie. Ek vra dat hy sy skool boeke moet regkry. Hy sê sy maag is seer. R gaan koop medisyne. A is baie omgekrap, ek dink hy dink dit is
my skuld dat die ouens in die straat is.
|
|
19 Junie
2013 |
A gaan na Skool Vrou toe vir eerste dag. Ek maak hom 06:15 wakker, hy trek eers
06:50 aan. Ek gaan koop vir hom solank
sigarette net om te keer ek ‘n hartaanval kry. Skool Vrou is laat, die groep kinders lyk goed. Dink A sal okay
wees. A sê die pool en Groot Seun is
daar. Hy het ‘n besigheidstaak
gedoen. Lyk of Impak hom sal
registreer. |
|
21 Junie
2013 |
A vra ek moet bid vir skool. Ai my kind dat jy skool so haat! Lyk of hy beter voel oor Skool Vrou. Hy werk tot amper 15:00. Skool gee sy portefeuljes, lyk nie op
datum. Hy en Skool Vrou moet dit maar
uitklaar ek is net op. As hy gaan rook kyk hy eers terug en gaan dan in
gang staan. Ons kyk Goats – gaan oor hipies en weed. Arg! |
|
22 Junie
2013 |
Ek en A ry gou dorp toe. Hy wil nie bestuur nie. Ek ruik hops! Het hy weer gerook? Met terugkomslag bestuur hy ‘n gedeelte. Voel vir my ek kry angsaanval, ek is gedaan. Die laaste twee maande en A se negatiewe houding
oor skool in algemeen en sy bewondering vir stoners
en rastas kry my onder. |
Rook? |
23 Junie
2013 |
Papegaai se kos is op ek ry om te koop. A ry saam wil nie bestuur sê dis
donker. Hy het Vrydag in donker
bestuur! Hy vertel met groot
bewondering van stoners luck. Geen karre by kruisings as jy gerook is
nie. POK POK POK. Watter k@k het die donners jou vertel? |
|
24 Junie
2013 |
A bid op pad skool toe. Ai my kind ek was nog altyd hier
gewees. Jy het gekies om nie saam met
my te sit en te gesels nie, jy het gekies om jou tyd op gemors te spandeer,
jy het gekies om gemors vriende te maak.
Ja ek het my eie goed maar ek was nog altyd hier vir jou. Ongelukkig is skool belangrik. Ek stuur sy portefeuljes saam skool toe. Skool Vrou moet maar kyk en praat hy
luister nie vir my. Hnk-hulle slaap oor.
A redelik gemaklik en groet hulle vriendelik maar hy slaap heel
middag? A rook laataand.
Hy kap sy pyp vinnig uit toe ek uit kom. Hy onvas, sê dit is head
rush. Kry niks in sy kamer. |
|
25 Junie
2013 |
R 50 000-00 hospitalisasie, R 7 000-00 mediese
spaarrekening, R 7 000-00 selfbetalingsgaping, R 13
000-00 Impak registrasie, R 7 000-00 Skool Vrou. R 4 000-00 vir Master Maths wat nie bygewoon is nie. R 700-00 vir verskaffer en is nie seker of JSkool die skoolgeld gaan afgee nie. ‘n Mooi R 88
700-00. R 50 000-00 word deur die
medies gedek so R 38 700-00 vir my rekening. Jammer ek stap nie weer die pad nie! En jammer
maar ek gaan Huis 37 brand! Ek tel A by skool op, hy baie onrustig sê hy
gaan fiets ry. Begin praat oor sy geld
wat hy by R verdien het. Sê eintlik
skuld ek die R 400-00 want ek het die gemors by hom gekoop. Later wil hy R 30-00 hê
om sigarette koop, maar die R 30-00 wat R gee is nie genoeg nie. My kind rook jou dagga ek is klaar. Ek het alles gedoen wat ek moes. A lê heel middag en slaap, gaan nie gimnastiek
toe soos hy beloof het nie. Ek en R
besluit dit moet maar gekanselleer word, A sal nooit weer gimnastiek toe gaan
nie dit is te veel werk. Nommer 25 en Noha loop op en af in straat, dink hulle soek A. Dink die hele onsmaaklikheid van geld begin
by die twee koffers. Blykbaar ook een
leerder by skool gewees wat gerook was.
A eet later en lyk beter na ete, sit glad ‘n
klein rukkie by puzzel maar toe R kom loop hy weer. Dink hy wou my vra oor geld of iets anders. Ek het Impak se registrasie voltooi vandag, hoop
hy word geregistreer. |
|
26 Junie 2013 |
A vroeg op (06:25) voordat ek hom roep of sy
wekker afgaan. Hy doenig in kouse laai. Ek het nou al ‘n paar keer sy kamer geskud
en niks gekry nie. Kyk ook baie goed
buite maar kry niks. Hy vra vir
whiskey, seer tand. Hy weet ek het
niks, hy het my laaste bottel gesteel.
Wonder of hy dit vir Mrzn se pa gegee het of
sy buddy in Huis 37? Ek gee hom ‘n pil, later sê hy die tand het
nie gat in net stukkie vleis wat drukking veroorsaak – umm
wou hy getrek skool toe gaan? Hy sit
voor en drink koffie, vertel van KlaGirl wat byna ge-OD het op een slaappil. Ai my kind is so naïef! Praat oor rastas – hy lok my doelbewus uit, hy
wil hê ek moet kwaad raak dan het hy geleentheid om
uit te hak en nie skool toe te gaan nie.
Jammer seun ek dink niks van rastas nie omdat hulle die witman haat,
solank jy dink hulle is cool gaan hulle jou in die
dagga greep vashou. Jy kan hulle
geniet en wanneer dagga jou tronk toe stuur sal jy ook daar met hulle kan
pelle wees. Ek gaan nie kwaad raak nie
maar ek gaan hulle nie like soos jy hulle like nie! Ek besluit om die dagga meul te vat. Vindingryk wat hy gedoen het. Groot waster geneem en ‘n gleuf ingesny. Een van die remskoene van sy fiets se diskbrakes het ‘n pen wat perfek in die snit pas. Dit veroorsaak dat as jy dit reg vashou jy
‘n goeie greep op die waster het. Die
ander remskoen word dan gebruik om teen die waster die dagga fyn te
maal. Wat my die meeste ontstel is dat A so kinderlik
is, nie net emosioneel onvolwasse nie maar nog baie kind. Hoe het hy hier beland? Die persone wat hom hier betrek het moet
boet! Ek by huis toe A van skool af kom. Klink opgewek maar Die Pool is by Mars
langsaan. A kom byna dadelik en sê hy
wil gaan videos by Mars haal. Ek ruik hops toe
hy my groet. R gaan uit ek nooi A om saam my pyp te rook, hy
reken hy te besig met game. Later rook hy 2 keer pyp op sy eie. R bring hom sigarette. Ek gaan stort en hy gaan rook, sien hy druk
sigaret dood. Na ek gestort het is hy
weer uit, hy sê hy nog rook vir 5 minute.
Gewoonlik rook hy pyp in 1 minuut.
Wonder wat hy weer doen?
Mars? Hy vat vreeslik lank buite. Ek dink hy het dagga by Die Pool gekry die
middag. Daar lê ‘n vuurhoutjie op die
muur agter waar Mars altyd staan. Hy
en Mars het seker daar gerook. Ek gee nie meer om nie! Ek aanvaar dat A of in tronk gaan beland of
deur sy smous vriende vermoor sal word.
Enige uitkoms gaan my en ons gesin breek maar ek het geen illusie nie
– A is nog nie klaar met dagga nie!
Ek weet ook daar is net eenvoudig nie meer geld wat aan A se dagga
probleem spandeer kan word nie, ten minste nie in 2013 nie. Ek gaan ook nie my huis verkoop of motor om
hom verder te help nie. |
Rook? |
27
Julie 2013 |
A weer baie vroeg op. Hy stel dat ek nie meer omgee want ek bring
hom nie meer koffie. Hy vroeg besig om
sy ma van Die Pool en sy meisie te vertel. Hy rook vroeg sigaret en kom praat
oor hoe bly hy is dat ons hom uitgevang het. En dat Skool Vrou sê ons het hom
goed grootgemaak. Sy oë lyk nie vars
nie. Ek praat met hom oor hoe ek voel. Stel dat ek nie verstaan dat hy so ‘n goeie
kind is en so diep met dagga betrokke geraak het nie. Hy reken dit gaan beter met hom oor
drukkies wat ons hom gee. Ek sê dat ek
nie glo dat die smouse hom met drukkies in dagga in gewen het nie. Later praat hy van aanvaarding en
Jesus. Ek stel dat ons hom nog altyd
aanvaar het al het ons hom aangemoedig om harder op skool te werk. A het
nooit op skool gewerk nie, so die aanmoediging was nie om te presteer nie net
om deur te kom! Hy erken die dagga
ouens het hom gevang met ‘fake love’. Ai my kind, jy is so naïef. Ons moet ry skool toe A wil nog rook ek sê hy
moet rook terwyl ek hek oopsluit en kar uittrek. Hy sê nee hy moet agter om huis loop. Ek is oortuig hy het dagga by Die Pool en
Mars gekry. Toe hy in kar klim loer hy
vir sy oë. Hy ruik ook bitter en na
gras. Op pad na Skool Vrou laat ek hom bid. Sy gebed is duidelik dat hy ‘n verskriklike
groot ding oor skool het. Die skool
ding pla my, hy sal hieroor moet hulp kry.
Ek praat ook dat ons iewers sal moet reëls neerlê oor wat gebeur as ek
hom weer vang, Skool Vrou hom vang of die polisie hom vang. By Skool Vrou sukkel hy met slot en hek en sy liggaamshouding
buig met sy boude wat uitsak. Ek kry
niks in sy kamer of buite nie. Sal Skool
Vrou vra. Aand is A heel rustig, vertel van skool en alles
wat klaar is. Speel heeltyd PC games en later kyk ons saam Two
and a half men. Hy rook sigaret maar
hy rook dit nie heeltemal klaar nie, ek dink hy vertrou my nie en is bang ek
soek in sy kamer. Iets in sy kamer pla
my heeltyd ek gaan roep hom vir die TV en sien skierlik weer sy swart judge baadjie wat soos die oggend mou uit die kas en
lapel oop getrek hang. Nou weet ek
waar jy jou stash wegsteek! A vertel my hy gaan Saterdag sy ma en my kar
was. Ek sal dit eers glo as ek dit
sien. |
Rook? |
28 Junie 2013 |
A vroeg op.
Hy rook sigaret maar hou my dop.
Dink hy is bang ek krap in sy kamer.
Hy vra of ek wil saam rook. Ek
sê nee hy weet mos ek rook na werk nie voor werk. Hy vertel dat kinders hom gister by skool gevra
het om saam te rook. Hy sê hy het bly
sit en dat Skool Vrou hom ‘n drukkie gegee het. Ek dink hy het gister oggend gerook voor hy
skool toe is, hy het definitief iets by Die Pool gekry. Omdat hy die gesprek oopmaak praat ek met hom
oor wat gaan gebeur as ek hom vang met stash, Skool
Vrou hom vang of die polisie hom vang.
Hy maak groot dat hy al 5 weke skoon is. Ek stel dat ek dit nie glo, hy wil weet
hoekom nie. Ek sê dat ek weet hy het
gerook twee da na hy uit hospitaal was.
Hy erken dit. Hy sê as ek ‘n stash
kry kan ek dit uithaal en met hom daaroor praat, ek stem in maar stel dat ek
net 3 keer daaroor gaan praat en hom dan gaan vra om my huis te verlaat. Hy sê dadelik dat dit regverdig is maar ek
sien hy dink ek is ‘n drol. Ek sê as Skool
Vrou hom vang betaal hy self verder haar deel van skool en as polisie hom
vang gaan hy maar self moet sien en kom klaar want daar is geen geld meer vir
dagga nie. (Eintlik is ek bankkrot en
oorleef ons maar net oor die gierigheid van banke.) A gaan akkoord met die reëls, ek hoop regtig
dat hy verstaan wat die implikasies is.
Hy erken hy en Mars het Woensdag aand saam gerook maar nie dagga
nie. Ek druk op hom om eerder die urbanol te drink as toe te gee aan sy cravings. Hy voel ek kan optree as ek sien dinge gaan
verkeerd, ek stel dat ek nie meer kan optree nie dat dit nou sy
verantwoordelikheid is om betyds hulp te vra. My gemoed is ligter, ek het die gesprek
uitgestel omdat sy gevoelens broos is maar ek sal sondig as ek nie dit met
hom praat nie. ZJ sê sy het A gister ontmoet, sy sê dit met ‘n smiley? PlotPel kom kuier.
Doen A goed. Hulle baie rustig
maar lyk baie skuldig toe ek hulle in die parkie kry. Ons braai, PlotPel
vra uit oor distilleer. Is dit ‘n
trap? Ons deel tussen ons 3 een 660 ml
patat bier. Snaaks hulle wil nie nog
bier drink nie. Dalk PlotPel ook besluit om af te skaal, ek weet nie. Ons kyk DVD saam. Hulle slaap in woonstel, sien hulle het by muur
gestaan en gesels met Mars. |
|
29 Junie 2013 |
PlotPel moet vroeg huis toe, maak A vroeg wakker. Hy het weer munchies
in nag gehad. Hoekom? Ons praat na PlotPel
weg is. Praat oor Mars, Die Pool en
muur rook. A erken hy en Mars het in
verlede saam dagga gerook. Hy sê Mars het
by hom gekry en nie hy of Mars het nou nie.
Ek gaan kry saad vir voëls A wil nie saam ry, hy
gaan fiets ry. Kom eers 16:45 by
huis. Ek stess
erg. M en R vir my kwaad omdat ek
omgee! Wel dan gee ek nie meer om nie! A vertel hy saam W Chpr
en ‘n Pieter op kampus gery. Lyk okay, hy was baie min op whatapp
gewees. Karre gewas?
Nee! |
|
30 Junie 2013 |
Ek gee nie meer om nie! Wil my motorfiets start. Iemand het die throttle
gebreek, die dagga pelle? Ek neem die
besluit om die ding te verkoop. |
|
1
Julie 2013 |
A vroeg op, gee my weer gas oor sy koffie wat nie
vroeg genoeg is nie. Man maak jou eie koffie!
In die 18 jaar van jou lewe het ek nog altyd die koffie gemaak. Niemand maak koffie in die huis behalwe ek
nie! A gaan skool toe. Nog niks van Impak gehoor. Sal more vir Skool Vrou vra. Ek gee nie meer om nie! M is reg A het begin met dagga omdat hy wou, nie
omdat hy gevoel het ons aanvaar hom nie.
A kyk tot 12:00 TV in kamer. Wonder watse Internet kontrak hy homself
eendag gaan kry, dit is nou die dag as pa ophou betaal? Dagga het my tyd met R gesteel maar dit is
haar probleem, ek is klaar gepraat en gesmeek. |
|
2
Julie 2013 |
Ek staan vroeër op om A sy koffie betyds te
gee. Hy maak groot ding vir sy ma dat
hy voor my opstaan. Okay, dankie ek wou nog altyd gehad het dat hy vroeër
moes opstaan, maak dan self koffie! A krap in iets plastiek in sy kamer, ek kyk maar
sien niks. Iewers gaan ek sy stash kry. Sien die 5 sent in die pot voor wat ek diep in
gedruk het lê weer bo. Ek skuif dit na
‘n bakkie van die pot toe. Die 5 sent
is gebruik om heads te crush
dit is nou swart weerskante. Vrydag of
Saterdag gewees? Skool Vrou baie positief oor A. Sê hy werk hard en nie soos die ander wat
net wil dagga rook nie. Ek sê haar van
my en A se reëling dat as sy hom vang hy sy skool self verder betaal. PhbGirl staan en
luister, sy is baie angstig toe ek oor dagga en rook praat. Wonder wat sy weet? Skool Vrou reken hy het 100% vir besigheidstudies?
Wragtig? Ek is baie bly dat hy
goed vaar by haar, ek hoop net dat sy Biologie en Wiskunde ook by sal kom. Ek bid dat Impak hom sal registreer want ek
gun hom om by Skool Vrou skool te voltooi. A sê vir Skool Vrou dat hy vanaand gimnastiek
toe gaan. Ai my kind waar het ek dit
al gehoor? A gaan gimnastiek toe, hy vererg hom toe ek met
hom praat – hoekom? Daar is toe nie
gimnastiek nie. Daar is twee leë bankies in A se skooltas. Dit is oopgeskeur. Ek dink hy tel dit op en lek die residu uit
of rol dit is sy twak. Ek hoop so, ek
bid vir jou elke dag seun. A slaap nie.
Hy heelnag op sy laptop, dit vang my. |
|
3
Julie 2013 |
A weer vroeg op.
Ek vat hom koffie 06:05, hy byna dadelik gaan rook. Nog niks van ZJ gehoor nie. Ek raak nou angstig as sy hom nie by Impak
geregistreer kry nie gaan A uit die skool gaan hy sal nie by JSkool klaarmaak nie. |
|
4
Julie 2013 |
Ek met verlof, staan vroeg op vir koffie. A wakker, hy gaan by PlotPel
kuier na skool en oorslaap omdat Skool Vrou nie Vrydag oop is nie. Wil ook voor na PlotPel
gaan by LVideo video’s kry – weet nie wie LVideo is nie net dat hy uit JSkool
is. Ek maak
twee van my Pa se pype reg. Die groot
een het steeds dagga wol in, ek steek die grote weg maar besluit om die
kleintjie vir A te wys. |
|
5
Julie 2013 |
A kom laat terug van PlotPel,
lyk of hy dit geniet het. W Chpr en ZV ook daar gewees. Dink dit pla bietjie. A bly in kamer en kyk South
Park – grootste gemors wat daar is. Hy
wil nie eet. Ek vra of hy okay is
maar hy skree op my. Ek verloor dit
heeltemal! Groot baklei ek en A stoei,
R en M kwaad vir my maar A maak soos hy wil met geen respek vir enige persoon
in huis nie. Hy dreig om te loop ek
stel voor hy doen dit. R keer, hy wil
by JKleinGirl gaan slaap. Jammer seun maar jy gaan daar baie meer
gemors kry as by my. Hoe lank gaan ek dit nog kan hanteer? |
|
6
Julie 2013 |
A kom sê hy jammer hy het op my geskree. Ek is maar dik vir die dagga gemors en kry
geleentheid om reguit vir hom te sê ek is klaar. Hy lyk meer gefokus maar ek sien hy het
vroeg by muur gestaan en met Mars gepraat.
Hy rook sigaret maar ek ruik hops. A slaap heel middag en heel aand. Wonder of hy iets by Mars gekry het? Laat aand gaan rook hy, spore wys hy was by
muur. Wys hom die groot pyp. |
Rook? |
7
Julie 2013 |
A gaan rook net na 5:00. Ons het gereël dat ons almal kerk toe
gaan. A draai uit – te moeg. Ek sê hy hoef nie skaam te wees nie. Hy sê dit is hoe hy voel en hy wil hê ek moet saam hom bid.
Hy huil vreeslik en ek bid saam.
Vra ek en hy moet in oggende saam Bybel lees. Ek besluit om te bly maar hy is byna
woedend. Hy wou alleen wees en sê hy
gaan in veld Bybel lees. Okay ek ry maar, ek seker hy het iets by Mars gekry. Beide sy pype is in boekrak met gerookte
twak in. Hoekom is hulle nie uitgekap? A vertel my dat hy nie seker was wat om te lees
in Bybel nie maar dat Bybel oopgeval het by Spreuke. Hy lees ‘n deel van wyn en bier
drinkers. Hy maak die deel van
toepassing op hom wat dagga ge/rook.
Ek kan maar net wonder of daar nie ‘n steek in is vir my nie, ek drink
mos bier! |
Rook? |
8
Julie 2013 |
A vroeg op reg vir skool. Hy rook sigaret maar ek ruik hops. A vra ek
moet hom by Skool Vrou haal oor sy biologie boeke by huis is. Op pad terug sê hy hy
het Vrydag biologie gedoen – nie ek of R glo hom nie. Hy soek die boeke maar kry nie. Ry met sy motorfiets terug na Skool Vrou en
later laat weet hy sy boeke was daar. Okay verduidelik asb; hoe het jy Vrydag biologie gedoen
as die boeke by Skool Vrou was??? Hy vertel dat Skool Vrou sê ZJ het uitstel gekry
vir hom, ek weet nie daarvan nie niks op epos. Maar hy doen biologie huiswerk sommer vroeg
die middag. Ek wonder of Skool Vrou
hom nie kort gevat het nie. Ek sien SurferBoy is
by Mars, wonder of Buurman by huis is?
Ek sê vir A ek gaan groot moeilikheid maak as ek hom by muur sien
staan. Hy bly onder afdak. Na ek stort is hy nog buite en ek gaan
uit. Ek vat sy pyp maar hy nogal versigtig
en sê dit is baie sterk. Ek dink hy
het van die voorloop in gegooi maar proe niks dagga. Hy sê later dat in die verlede het hy dagga
by gemeng maar ek sal dit mos geproe het? |
Rook? |
9
Julie 2013 |
A vroeg wakker, vra of ek saam buite gaan
staan. Ek sê as hy wil maar dan draai
hy om en vra ek moet eerder nie want dit is te koud. Okay ek bly
binne. Ons praat oor SurferBoy
by Mars en ek stel dat ek Buurman gaan waarsku dat SurferBoy
dagga rook. Hy is okay
daarmee. By Skool Vrou wil ek uitklim om te hoor wat ZJ
sê maar A sê Skool Vrou weet niks. Ek
klim nie af nie, dink daar is moeilikheid met Skool Vrou en A. Sal maar later
uitvind wat dit is. A na LVideo toe. Dink met motorfiets. R sê sy oë was rooi maar hy sê hy het ‘n sigaar
daar gerook. Jip sigare is die groot
ding waarin hulle dagga sit. Hy rook
‘n choclate roley, laat
my ook proe, LVideo se meisie rol dit? Ek maak die derde pyp van my pa reg. Die steel is baie bitter, dit is die een
wat op die dagga pyp was. Ek sal dit
moet skoon kry. A is heel tyd in sy kamer, kom byna nooit daar
uit. Speel rekenaar of kyk fliek maar
lê net op sy bed. R bekommerd. A kyk bietjie saam TV maar staan op en sê hy
gaan dvd in kamer kyk. R maak groot oë en ek vra of sy reken A is
onvas. M strip
haar! Ai my kind as jy net weet
waardeur ek wroeg sal jy my darem meer kans gee. Ek gaan praat met M in haar kamer maar dit
is ‘n gemors. Sy reken as A nie wou
loskom uit dagga nie sou hy al maande terug geloop het. Ek is nie so seker nie, maande terug was A
salig ‘n stoner onder my dak met sakgeld en ekstras
wat ek en sy ma hom gee. As hy loop
waar gaan hy so lekker leef? Die is my vrees: Hoe kan ek toelaat dat A sy motorfiets gebruik
terwyl ek onseker is oor sy dagga gebruik? Hoe kan ek toelaat dat A die motor bestuur
terwyl ek onseker is oor sy dagga gebruik? Hoe kan ek toelaat dat A by vriende gaan kuier
terwyl ek onseker is oor sy dagga gebruik? Hoe kan ek toelaat dat A universiteit toe gaan
terwyl ek onseker is oor sy dagga gebruik? Hoe kan ek toelaat dat A in ‘n verhouding staan terwyl
ek onseker is oor sy dagga gebruik? Nee M, A sal altyd deel bly van ons huis dit is
net te lekker om ‘n stoner in jou pa se huis te
wees. |
Rook? |
10
Julie 2013 |
A vroeg op.
Hy rook baie vroeg en bring koffie, haal my weer uit oor ek lui geraak
het met koffie. Ag asseblief! Maak self koffie!! A karring iewers in sy kas, daar is tabak
op toilet vloer, ek sukkel met oë maar wonder of daar nie groen by is nie. Vertel van hoe lekker lewe Die Pool het, hy kan
enige tyd met vakansie gaan, hy klim bloot in sy kar en ry. Ek vra wat Die Pool doen, A sê hy is in die
skool. OKAY om te leef het mens geld
nodig, om ‘n kar te hê het mens geld nodig, om
vakansie te hou het mens geld nodig.
Om geld te hê moet mens of werk of steel of
dwelms verkoop. Ek werk maar ek kan
nie vir jou ‘n kar koop nie en ook nie jou vakansies betaal nie, jy besluit
wil jy skool klaar maak of wil jy gaan werk!
A sê hy wil skool klaar maak en gaan leer. Die gang langs afdak is iets nie reg, my kanne
staan nie waar hulle altyd gestaan het nie en daar lê baie vuurhoutjies
rond. Ek is seker A en Mars sit daar
en rook in die aande as ek stort of middae as R slaap. Ek besluit dat ek nie meer gaan soek vir sy stash nie, hy moet self kies ek sal bid. A gaan na LVideo of
François om Futurerama te kry? Hy bring twee gedraaide rollies. Een met choclate
– ek trek ook daaraan dink dit is okay. Ek rol die twak uit die ander daar is niks
groen in nie. A en M lê heel aand en kyk dvd
in kamer. Gelukkig is Futurerama nie sulke gemors soos South
Park nie. Ek verstaan nie A rook slegs ‘n minuut aan sy
pyp maar as ek stort rook hy 10 minute. A vra vir R om hom in die oggende ‘n urbanol te gee. |
|
11
Julie 2013 |
IMPAK maak my mal, hulle kan nie A registreer
voor skool nie sê hulle het hom deregistreer
nie. Die eerste brief moes wees sê dat
die skool hom nie sal derigistreer nie. Ek weet wragtig nie. Probleem is as A derigistreer
word en Impak hom nie registreer nie dan is hy uit die skool en kan hy slegs
terugkom as graad 11 leerder. Dagga
het sy lewe regtig opgepok! A vroeg op met die urbanol
in. Hy lyk rustiger maar nie
deurmekaar. Ek bid vir sy registrasie,
sy cravings en ‘n hart vir hom en Skool Vrou in die
kar. Hy vertel my dat hy homself
flous deur sy ma te kry om urbanol saam met sy ritelin te gee en dat hy en Skool Vrou mekaar soos ouma
en kleinseun sien. Dankie my kind! My gebed bly dat jy hieruit los sal kom en
dat jy by Impak geregistreer sal word en dat jy sukses sal behaal in jou
skool. |
|
12
Julie 2013 |
A gaan nie skool. Hy tog vroeg op. PlotPel en W Chpr sal
oorslaap en hulle gaan vryfees toe. Hoor ook by R dat hulle partytjie by Mzr gaan hou. A sê
niks van partytjie. Op die end kom die manne nie, A gaan ry
fiets. Ek vind later (Sondag) it dat A
R 60-00 by R gekry het. Onder sy plank
lê ‘n boksie vuurhoutjies uitmekaar geskeur. Vrydag aand kom A in van rook maar kop omlaag en
asem ingetrek verby my in kombuis.
Wonder hoekom? Ek ruik hops. |
Rook? |
13
Julie 2013 |
A vroeg op.
Ek hoor sy bedkassie se deur stamp.
Ek moet houthuis trap regmaak.
A gesels vroeg met my. Vertel
van Dean se oupa wat kommersieel met dagga (Hemp)
geboer het. Ai hy is so naïef dit kan
nooit is SA gebeur het nie. Later sê
hy dit was in Amerika. Ja alles is
beter in Amerika en almal het na SA ge-emigreer. Daar is ‘n sigaret stompie in asblik, ek breek
dit oop. My oë is nie goed maar ek
dink en sien stukkies groen. Ek hoor
en sien later hy rook sigarette. As hy
sigaret opsteek doen hy dit ver van huis af. A gaan ry fiets.
Ek kry R M en A by fees. A se
beursie is in sy kas met R 20-00. A gaan wys my die Jamica
Head shop. Ek sê dit beïndruk my glad nie. Meisies groet hom naby die shop. A is omgekrap dat hulle so openlik kan wees, hy is
doodseker dat hulle dagga verkoop maar sekuriteit doen niks. Ek is ook seker hulle verkoop maar ek
wonder hoekom hy so seker is? Wat doen
die meisies daar? Ek vermoed hy het sy sigarette gespike. |
Sigaret gespike? |
14
Julie 2013 |
Ek laat almal laat slaap. A vroeg buite by my. Ons gesels pype. Ek haal die gesprek van Dean
op en gebruik dit as aanknoop om hom drie senarios
te trek waarmee ek vrede gemaak het. 1) A los dagga, kom matriek deur en gaan
universiteit toe 2) A hou aan en beland in tronk 3) A hou aan en smouse sny sy keel af of gee hom
gif om te rook. Ek stel dat ek senario
een vir hom kies en alles sal doen om hom te help om daar uit te kom maar dat
ek nie vir hom sal kan kies nie. A sê
dat hy positief is oor skool en dat hy definitief universiteit toe wil
gaan. Hy sê dat hy op die fees ‘n bankie van die
hand gewys het. Ek stel dit dat
terwyl hy gestone het hy ook gesê het hy wil
universiteit toe gaan. Hy erken dat hy
Maart April en Mei elke dag 2 maal dagga gerook het, na skool en voor hy gaan
slaap het. Kan ek die goed
oorleef? Behoort ek enigsins verder
moeite te doen? Hy stel dat hy nie
meer dagga by hom dra nie en dat hy Skool Vrou nie teleur wil stel en nie
daar dagga gebruik nie. Okay dankie maar ek wil ook eendag hoor dat hy ophou om
te gebruik. A kom terwyl ek kos maak baie tranerig na my en
vra ek moet ek iets saam hom doen. Hy
wil hê ek moet saam hom bankie verbrand wat hy in
sy broek gekry het. Hy beweer die
bankie is daar van voor hy hospitaal toe is.
Ai maat ek en jou ma kyk goed, jou broek is deur seker 10 wasse en jou ma kyk elke slag in al jou broek sakke. Sy sou lankal die bankie gekry het anders
sou ek – bullshit die bankie is Vrydag op die fees
gekoop met die R 60-00 Ek en A gaan koop spykers, ek koop sigare en
laat hom bestuur. Ek wys daarop dat hy
te ver links ry en iewers ‘n randsteen gaan stamp, A baie vies vir my. Hy bestuur nie terug nie. Ek neem hom uit vir bier en ons rook sigaar. A gaan ry fiets die middag en raak volgens hom
in ‘n baklei oor sigarette betrokke op kampus. Iemand wil sy laaste sigaret gebruik om zol
te draai. Volgens hom haal sekuriteit
hulle uitmekaar. Sy fiets se wiele is
vol geel modder. R gee hom urbanol. Ek en A kyk How I met Your Mother en M wil Nikita kyk. M en R
bad en na HIMYM skakel sy oor na Nikita. A kwaad gaan bad en slaap. Hy rook nie voor hy lig afsit nie. Hy is lekker vies. |
|
15
Julie 2013 |
Skool begin.
A moeilik op. Hoor hy sê vir R
dat hy baie moeg is maar baie energie het.
Ek vra A toestemming om met Skoolhoof en Buurman
te praat. A draai erg.
Ek wag 5 minute terwyl hy laaste dinge in kamer doen ek hoor hoe hy in
sy tas peuter. Hy sit iets in sysakkie
onder die plastiek reënjas. Ek praat met Buurman. Noem die vriende en A se probleme. Buurman bly ek kom praat, hy baie
bekommerd. Ai ou vriend ek hoop jy
hoef nie die pad te stap maar weet ons kan help. A sê ZJ het portefeuljes kom haal. A rook nie laat die aand nie. |
|
16
Julie 2013 |
A makliker op.
Minder gespanne. Hy gaan 11:00
na SM Psigiater. ZJ het nie portefeuljes gaan haal nie. R soek maar iemand om te blameer, dagga gaan my
verhouding met haar heeltemal verwoes net oor een rede sy wil hê ek moet skuldig wees terwyl ek glo dit was A se eie
keuse om dagga te rook. Ry weier om my
enige krediet te gee vir hoe rustig ek probeer wees. Gryp heeltyd terug na hoeveel ek gedrink
het. Ag asb los dit tog! Ek het vodka
en gin gedrink toe ek so siek was, dit het gehelp
dat ek by die werk kon kom en nie heeltyd in die toilet gesit het nie – dit
terwyl mense my probeer oorreed het om weens gesondheidsredes op pensioen te
gaan! Die drank was beter as om met R
900 00-00 af te tree! As ek weer daar kom sal ek dit weer doen! Vir my en jou onthalwe. Skuus die is nie ‘n
lam verskoning nie, onthou jy wat DS aanbeveel het. NEE, vir my is dit beter om ‘n sopie sterk
drank te drink as om geboard te word en ekonomies
maak dit geen sin nie. Ek gaan nie meer keuses namens A maak nie, ek
glo A het Vrydag ‘n bankie gekoop. Ek
wonder waar die dagga is. Hy kon nie
alles reeds gerook het nie maar ek gaan nie meer sy kamer skud nie. A rook nie laat die aand nie. |
|
17
Julie 2013 |
A vroeër op, hy gaan rook en kom sit koffie by
my en drink. Vertel van werk by
bottelstoor. Sjoe R 4000-00 vir rakke
pak is lekker baie. Wonder of hy my
voorberei dat hy eerder wil gaan werk? A bestuur skool toe. Bel ZJ, sy het nou die portefeuljes gaan haal. Ek epos die skool dat A nog nie geregistreer
is nie maar dat daar nou dalk vordering sal wees. A wiskunde toe met motorfiets, rooi hemp en
groen sakkie. Hy laat weet ek moet
koffie maak as ek voor hom by huis kom.
Ons drink koffie en hy sê hy gaan wiskunde doen, dit het nie gebeur
nie hy speel heel aand GTI – dit is ook ‘n gemors, hy moet kies of hy dwelms
verkoop vir miljoene of hy die dwelmbase vermoor omdat hulle sy vrou en
kinders vermoor het. Hy vra my opinie – ek sê ek hou my nie met stront op nie
maar ek sal eerder wraak neem. Sy kas se deur is vreemd oop. Bybelstudie is by ons, A is vreemd stil en wil
nie deelneem aan die gesprek nie. A rook op voorstoep, sy oë is glaserig. Hy wil ook nie ek uitkom nie. Ons kyk laat Futurama,
ek stort hy rook buite. Hy laat nog besig met rekenaar. O ja ek het my honneurs in beplanning met lof
geslaag – geluk aan self! Niemand van
die huis sal geluk sê nie almal dink mos studies is stront of vir snobs! |
|
18
Julie 2013 |
A staan moeilik op, sê hy kon nie slaap. Hy babbel aanmekaar oor forums oor diere en
ook oor alkohol en rook. A wil nie skool toe bestuur nie. Hy wil ID vir M gee om saam te neem ek sê
sit in tas, hy stap kamer toe om dit te doen.
Ek is doodseker A het Vrydag dagga gekoop en hy rook weer elke dag, ek
dink hy dra dit by hom. Ek bid vir sy cravings
en hy stop my, sê as ek kreatief was soos hy sou ek bid vir sy dagtake en
daggatake. Okay,
ek sal nie meer doekies omdraai nie! Ek
bid dat die Vader aan A sal openbaar dat dagga dwelms is en dat dwelmslawe
doodgaan oor dwelms. A is baie
hartseer. Ek is oortuig hy het gister
of vanoggend gerook. Lyk of die nes in Huis 37 uitmekaar spat, dit
lyk of die rasta kleurlinge getrek het. Wonder of die narc’s
hulle geskroef het. Sal Toitjie bel. Man
ek sal bly wees as hulle gebust is! Pokken koffers! Ek vermoed A stone
weer. A kry marmot. |
Rook? |
19
Julie 2013 |
A nie skool nie, R gee sy pille later. Hy sê dit werk nie. |
|
20
Julie 2013 |
A vroeg wakker maar lê. Later kom sit hy buite ons praat oor
pype. Hy wil weet wat ek beplan vd dag, ek moet Buurman en Buurvrou gaan sien maar sê nie
vir hom. R sê later ek en sy gaan gou
ry. A kom sê hy gaan partytjie by Mze hou. Vra R
50-00 sodat hy daar by die kroeg kan bier koop. Ek sê ek verstaan nie die betaal kroeg by
huispartytjie nie. Ons stem in hy kan
gaan maar ek sê hy moet nie die geld vir dagga gebruik nie. Stel dit dat hy in die verlede R 30-00 en R
50-00 gevra het en dan dagga gekoop het.
Ek neem hom eenkant en sê dat ek nie wil hê
hy moet homself blootstel dat sy maats se ouers hom uitvang nie. Ek sê as dit gebeur ek hom gaan vra om my
huis te verlaat. A sit buite en rook en begin karring met sy
ma. Sê ek gesê hy moet uit my huis fokoff. Begin
karring oor geld en ons nie dat hy partytjie toe moet gaan. Ek probeer paai maar hy is baie kwaad en sê
dat ek en sy ma sy dag op gefok het. Ons ontmoet Buurman by kwekery. R reken ek moes positief gepraat het met A
die oggend dit is wat SM Psigiater sê.
Ek sê die moeilikheid kom van A en dagga af en maak nie saak wat ek
gesê het nie ons sou die probleem gehad het want A weet dat sy maats hom
verkeerd laat doen en hy is in ‘n stryd.
Toe ek terugkom lyk hy beter en ek vra hy moet
my help. Ek sien nie sy hand nie. Later kom hy en vra of R hom hospitaal toe
kan neem. Hy het sy hand op plank
stukkend geslaan. A bly kwaad. Sê hy gaan nie meer partytjie toe nie. Ek ignor hom. Dan wil hy gaan fietsry dan wil hy hê sy ma moet hom hospitaal toe neem dan wil hy gaan
slaap. Later kom hy en sê hy gaan met
sy motorfiets partytjie toe. Maar hy
bly almal rev.
Hy vloek my en vertel dat hy my wil BLIKSEM. Ek sê hy kan maar, ek sal die houe vat. Later kry hy R om hom hospitaal toe te
neem. Ek hoor hy sê dit is net om uit
te kom. Ek dink weer dit is om dagga
te score. Hy sê sy moet hom De dekke toe neem, sy weet nie
waar dit is nie ek sê is daar waar hulle die vrou geskiet het. Dadelik is hy bekommerd en wil hy BrazenHead toe gaan.
Hy wil nie geld saam neem, sê hy sal soos Mars maak. Weghol as hy klaar gedrink het, of nie daar
wees nie terwyl ons dink hy is daar. Blykbaar
skop hy sy skoen by venter uit. Kom
trek nuwes aan – ek dink hy probeer kyk of ek sy kamer skud. Hy spring blykbaar by kar uit en rev R erg op, sy bring hom huis toe. Teen 18:00 is hy weer in kombuis ek mag net met
hom praat as hy met my praat – okay dit pas
my. Hy sê dat hy homself nie kan
vergewe nie omdat ek weer oor boom gepraat het en dat ek moet weet dat hy
daarmee klaar is en iemand breinskade laat opdoen het omdat die gesê het hy
rook boom. Na ‘n ruk bedaar hy en ek
vra hom om verskoning en sê ek gaan nie weer oor dagga praat nie aangesien hy
weet wat my grense is. Hy kom terug en
aanvaar my verskoning en gee my ‘n drukkie.
Toe R inkom is hy egter weer erg aggressief en herhaal die hele
gesprek. Hy sê hy het die middag dagga
gebruik, ek skud maar net my skouer en sê dit sy keuse. Ek dink hy bang ek gaan hom laat toets. Ek
herhaal wat ek sê – seker 6 keer en hy bedaar en sê hy gaan slaap. Minder as 2 minute later is hy terug, R sê sy
gaan toast broodjie maak. Hy gaan nie saam eet maar as sy Mc Donnald koop sal hy
eet. Hy baie baie
rustig skierlik. Hy ry saam haar en
vat sy marmot saam. Die aand draai
baie rustig uit. Ek en A rook terwyl R bad, ek stel dat my wens
vir hom matriek en studeer is. Ek
vertel hom bietjie van my kinderjare en die tyd wat ek Joe uit my pa se huis geneem
het. Wat my pla is A sê heeltyd ek het gesê
‘boom’. Ek het nog nooit in sy
teenwoordigheid na boom verwys nie altyd dagga of groen goed. Ek is oortuig A stone
weer. Die laaste week van die kunste
fees maar dalk selfs van die Donderdag wat hy by PlotPel
geslaap het. R dink van daar af. Al die stront die naweek was oor A se dagga
wat op was. |
Rook! |
21
Julie 2013 |
Ons het die vorige Sondag besluit om kerk toe te
gaan maar na gister laat ek R en M laat slaap. Ek begin met my bier. A so na 8:00 ook buite en chat
land en sand. Phew
is gister vergete? Hy sê skuus oor
gister en dat hy sy pyp nie weggegooi het nie net weggesteek het. Hy gaan
haal die pyp en vertel van die plank wat hard is en sy hand is beter. Hy bring koffie en rook buite eers met die
swart pyp en laat my toe om te trek.
Later gaan haal hy die pyp wat R hom gegee het. Hy sê toe hy opsteek dat hy my nie gaan
offer nie omdat die pyp lekker maar moeilik rook. Toe hy opstaan sê hy die pyp rook hom
lekker omdat hy die hout ook proe – grasserig. Raai wat A jy het die pyp as jou dagga pyp
gebruik die laaste 3 maande – ek weet! A sit lank by R en gesels voor op stoep. Teen
11:00 kom sê hy hulle gaan Builders toe. Hy baie kalm ek vra of hy sal kyk vir ‘n easy out. Hy sê
nee hy gaan niks koop nie. Ek vra of
hulle gaan uitklim en as dan net kyk wat prys dit. R kom sê A weer uit gehak en Urbanol
gevra. Ek los hom om af te koel. Dit gebeur nie, hy erg ontsteld. Ek vra wat fout is begin met selfde as die
vorige dag dat ek vir hom gesê het dat hy nie moet dagga koop met die R 50-00
nie en dat hy homself nou nie kan vergewe nie ens ens
tot vervelens toe. Wat het van 08:00
tot nou gebeur dat A so optree? Ek neem hom terug dat hy my vergewe het en dat
ek nie meer oor dagga gaan praat nie.
Hy hou aan ons vertrou hom nie en hy kan homself nie vergewe nie, by
tye huil hy vreeslik en dan is hy weer verskriklik aggressief. Die Urbanol werk
nie. As ek onttrek dan rev hy R en as sy my part neem dan hak hy erg uit. Hy slaan sy hand verder stukkend en breek R
se hartjie wat buite hang. Ons gesels bietjie hy beskuldig dat ons nie
omgee ek sê ons gee om en sien goed raak.
Ek stel dat ons dieper sien as wat hy dink. Hy dadelik ore, wil uitvind wat ek
weet. Kort-kort kom sê hy dat hy gaan fietsry of dat
sy ma hom moet hospitaal toe neem of wat ook al. R wil nie alleen saam hom ry nie. Later kom bedel hy band om sy arm te draai
sodat hy motorfiets kan ry. Hy sê sy
ma gaan voorry en hy agterna. Ek sê
nee ek sal hom vat maar hy stem in sy ma kan hom vat. Hy hoor ek vra R of sy geld op kredietkaart
het want sy sal alles moet betaal. Hy
huil vreeslik en sê nee hy gaan nie meer nie.
Ek vra R om hom te los eers. R sit buite ek besig met my bier. Soms kyk A wat ek doen dan is hy rustig en
dan begin hy weer ons rev. Hy kom sê hy gaan fiets ry en sal later
skoonmaak. Ek sê ek sal hek moet
oopsluit. Hy sê nee hy sal self
oopsluit. Ek sê nee dan raak sleutel
weer weg. Hy het so dun-lip smile, sê hy wou eers
ry voor ek sien. Ek vrees hy die TV
stukken geslaan en gaan kyk en kry sleutel.
A het in die sitkamer geürineer! Hy het dit nou
werklik verloor! R is reg A het groter probleme as wat ons dink,
ek begin dink hy gebruik iets anders as net dagga saam. Ek wonder of die koffers hom nie aan die
wit goed bekend gestel het nie. Ek sluit die hek oop en vra of hy daar geürineer
het, hy smile sy dun-lip smile. Stuur my ‘n
whatap dat dit baie disrepekvol
was. Maak so maat! Dit is maar reg! Ek is net jou pa dit is al. A in 2 minute terug. Hy sien my en sy ma praat, hoor ek sê iets
van polisie maar nie alles. Hy bloedig
kwaad. Ek sê ons is terug waar ons 4
maande terug was, hy stem in. Ek vra
hoeveel hy gekoop het. Hy sê hy niks
dagga gekoop, ek sê hy het ingestem dat hy weer stone. Hy sê nee hy het net ingestem dat ons
verhouding weer stukkend is. Ek sê hy
moet gaan skoonmaak. Hy kom terug en
sê hy wil met my en sy ma praat. Ek sê
ek is maar hier. R gaan drink ‘n
kalmeerpil. Hy gee R ‘n drukkie en sê hy is lief vir
haar. Hy gee my ook ‘n drukkie sê hy
is lief vir my maar dat hy nie meer saam ons kan bly. Hy sê daar is niks wat ek kan doen want hy
is 18 jaar oud. Ek sê dit is reg maar
ek wil weet waar hy gaan bly. Hy sê
seker eers by ZV. Ek sê is reg maar sy
ouers moet my laat weet dat dit reg is.
Hy boos sê dit bewys ek gee niks vir hom om nie, ek sê hy het gesê ek
kan niks doen nie want hy is 18. Ek
vra oor skool, hy sê hy sal by Skool Vrou aanhou. Ek sê ek sal Impak registrasie betaal, hy
kan met Skool Vrou ooreenkom oor die ander kostes. R huil en gaan in huis in. A stap agterna. Ek gaan kyk na my bier. A draai om en maak of hy my ‘n drukkie wil
gee, hy sê hy wil my eers BLIKSEM dan ‘n drukkie gee. Ek sê hy moet maar slaan. Hy woedend maar sê nee hy kan nie. Op die trap van die kombuis draai hy om ek
staan nader en sê gee my ‘n drukkie. A slaan my op my mond! Ek slaan terug, drie keer en sê elke slag sê
ek ‘jy slaan nie weer aan my nie!’ A
is oorbluf, hy het gedink ek sal neerval.
Hy weet nie waar ek vandaan kom nie.
Jammer boet jy is nie opgewasse om met my te baklei nie! En ek slaan terug ek is nie die plank nie!
Jou koffer maats en dagga pelle het jou verkeerd ingelig, ek kom uit die dae
waar seuns gewere gegee is en die land moes gaan oppas. Die ou ooms met die swart hoedens het vir
ons gefluister dat ons onsself moet verdedig, dit is met harde opleiding in
my geplaas. Jou dagga pelle is slap gatte
wat nie daardie deel van ons ouer mans se geskiedenis ken nie – loop lig vir
hulle raad, dit kan jou duur te staan kom. A is vreeslik ontsteld dat ek teruggeslaan het!
En dat ek drie keer geslaan het!
Asseblief wat het jy gedink?
Ken jy my nie? Ek is nie kwaad nie want ek het hom al ‘n paar keer
gesê hy kan my slaan maar ek gaan nie dat hy my uit woede slaan en niks doen
nie. A kom skud my hand en maak ‘n groot storie dat
hy harder slaan as ek. My lip is
geskaaf maar hy het ‘n knop in sy gesig.
Hy sê hy sal nie ‘n klag teen my lê nie want hy is al 18. A het dit verloor, hy sien nie eers dat hy
my uit woede geslaan het nie! Hy sien nie
eers dat sy woede kom van die feit dat hy nie dagga by hom het nie! Hy sien nie dat ek die een is wat die klag
behoort te lê nie. Ai my kind my keuse vir jou was baie anders maar
jy is 100% reg met jou woorde dat boom jou lewe verwoes het, niks anders nie net
die nice en cool dagga! My verhouding met jou is geskaad want jy
dink ek is verkeerd oor grense wat ek stel, jy dink dit is reg om in my huis
op die vloer te urineer as jy nie jou sin kry nie en jy dink dit is reg om my
te slaan as jy nie jou sin kry nie.
Word wakker maat! Dit was die
laaste stront wat ek hanteer het! Hy laat sy ma sy vingers bind en gaan ry fiets,
natuurlik neem hy die R 40-00 saam. A
kom terug hy het so ‘n tevrede gesigsuitdrukking en lag vir simpel goed. Oë is pof maar nie baie rooi. R dink hy was by Nommer 25, ek dink ook sy
hand was te seer om ver te ry. R praat vir eerste keer dat A skool moet
klaarmaak en gaan werk want ons kan nie nog 4 jaar so aan karring nie, sy is
heeltemal reg. Ek dink in elk geval na
die naweek gaan A sy skool aanpak soos hy JSkool
aangepak het – met geen inspanning behalwe om dagga te score
nie. Bure sê hul jongste wil gaan
studeer sodat hy langer kind in huis kan bly.
Dit is presies A se uitkyk ook maar A gaan dit bloot nie regkry nie
want ek gaan hom nie weer BloemCare toe neem nie, Skool
Vrou gaan hom nie toets dat hy uitgevang word en rehab verplig word nie en hy
sal nie self uitkom dat hy weer stone nie. Die aand verloop rustig, ek rook saam hom maar
praat nie veel nie. Hy rook 2 of 3 keer
deur die aand. A het my en R op gebruik die naweek, as dit weer
gebeur gaan ek beskermend op tree. Ek
sal naweke meer bedag en myself betyds toerus. Ek aanvaar dat A weer my gaan slaan as hy
in ‘n onttrekkings fase is, ek berei myself geestelik en fisiek voor vir die
dag. |
Rook! |
22
Julie 2013 |
A vroeg op, hy wil met my sosiaal. Skuus boet maar ek is bietjie besig
vandag. Hy roep my terug en vertel dat
hy by skool sal sê sy hand is so oor ‘n plank wat gespring het toe ons gesaag
het. Whatever,
dit is jou hand! A roep later en vra of dit reg is dat ons almal
na SM Psigiater toe kan gaan. Whatever! Ek is moeg om geboelie
te word, ek is moeg dat R geboelie word en ek is
moeg dat M alles moet aanhoor! Ek sal
gaan maar dit maak niks aan die feit dat jy weer stone
nie, dit maak niks aan die feit dat jy kwaad raak as ek nie in jou dagga
behoeftes wil voorsien nie en dit maak niks aan die feit dat jy nie wil
verstaan dat ek en jou ma grense het nie.
Jy dink dagga is cool! Jou maats dink dagga
is cool! En julle dink die pokken koffers wat dit aan
julle verkoop is cool! Ongelukkig gaan die cool
koffers en die cool dagga julle dood veroorsaak! Ek gee A geleentheid om self te bid op pad skool
toe. Hy bid vir sy en die ander mense
se verkeerde optredes van die naweek en sy registrasie. Hy sien ‘n kar soos ZV se kar en sê, ‘daar ry ZV
die BLIKSEM!’ Ek wonder of die kamstige
baklei wat hy verlede Sondag gehad het nie dalk met ZV was nie en dat ZV vir
hom gesê het dat hy homself nie met Boom ophou nie? Ek wonder?
R dink anders maar ek wonder.
Ek wonder ook oor die skaapgesig wat PlotPel
opgehad het by die parkie laas wat hy hier geslaap het? A sê hy gaan gimnastiek toe. 09:45 R laat weet my A se hand te seer vir
skool. Sy gaan hom noodgevalle toe
neem. Sy hand nie gebreek net gekneus.
R 2000-00 later. R sê A beweer Skool Vrou met ‘n meisie geraas
oor dagga. A slaap heelaand en eet niks, hy staan
deurmekaar op om te gaan bad. Dalk is dit
net die pille soos hy beweer. Ek sien
hy rook onder die afdak. R dink hy het
die middag gerook toe sy M gaan haal het. Ek is seker die moeilikheid oor die naweek kom
van die ou van Brakpan af. Ek is seker
dit is hy wat A opsteek en sê dat hy is mos al 18 en hy kan dus doen wat hy
wil. Ek is oortuig dat A ‘n nuwe buddy gemaak het, een wat groter gif is as die ou van Huis
37, een wat vir hom vertel hoe fucked up sy ouers is om hom van dagga af weg te hou. Dean Prior?! Suprize, jou fucked upped ouers sorg nog vir jou! As jy uittrek sal jy moet gaan werk want ons
het dan geen verantwoordelikheid teenoor jou nie – jy is mos 18 of hoe? My wens en gebed is dat jy suksesvol matriek sal
voltooi, moontlik gaan studeer en ‘n goeie werk sal kry. Wat is jou wens, gebed en keuses vir
jouself? |
Rook? |
23
Julie 2013 |
A vroeg op en chirpy en
chatty. Ek
het nie regtig tyd meer vir die gemors waarin dagga ons het nie. Ek dink ons moet budget
vir sy dagga gebruik en klaar. Hy kan
dan rook soos hy wil en na hy klaar finale eksamen geskryf het gaan werk en
ander blyplek kry. Hy kan by sy maats
gaan bly in Huis 37 of self by die koffers in Nommer 25. R byt nog nie hieraan nie sy glo dat hy sal
regkom. Ek het te veel van die ouens
in die weermag gesien, as hulle eers dagga as leefstyl aanneem breek hulle
nie. A het nuwe maats, dit is ‘n nuwe
leefstyl. R neem hom skool toe sodat hy die marmot kan
gaan wys. Skool Vrou vra wat met sy
hand gebeur – vra vir A hy sal weet. R is op met A.
Ek ook! Vandag in die koerant lees
ek van die tiener wat sy pa met mes vermoor het omdat hy hoog op dwelms was,
gister die man wat sy pa vermoor het in Winburg en onlangs was daar die
tiener wat sy familie met die byl vermoor het –dwelms en satanisme. Ek kan mos nie A vertrou as hy so uit hak
en woedend word soos die naweek nie – ek gaan nie deur my kind vermoor word
nie! Ek moet A vanmiddag na PN sielkundige neem, R
wil nie meer met hom in stad ry nie. Ek koop vir my en A elk ‘n klein pypie. A gery toe ek by huis kom, ek mis hom met 3
minute. Ek sou graag wou sien wat hy
doen. Hy neem R 50-00 om petrol in te
gooi maar hy het minder as 20 km vroeër R 80-00 ingegooi. A is terug in 15 min. Ek dink hy ly okay
R dink nie so nie daar is iets groen op sy slaap. Ek wys die pyp ons rook gou voor ons na PN sielkundige
gaan. A loer na sy oë toe hy in kar
klim en vryf sy gesig. By PN sielkundige ontwikkel sy trip. Ek wil loop maar A draai die gesprek
telkemale dat ek moet reageer. Sy oë
raak glaserig en pupille dilateer. Sy
oë swel op en sy gesig raak blas –bleek -rooi. Hy raak ook kwaad en klik sy vinger heeltyd
op wang. Vertel storie oor fight met ou op kampus, dan oor saag wat sy hand seermaak
dan op die end kom ons by die naweek waar hy my geslaan het. Hy plooi die storie dat ek die aggressor is
maar sy tydsbegrip is erg gebrekkig.
Hy vertel dat hy Saterdag toe hy kwaad uit kar geklim het en zol by ‘n
persoon (koffer) gerook het. Later is
dit Sondag en hy ken dan die koffer en dan nie. Ek bekommerd dat A ander goed gebruik as
dagga. PN sielkundige stel 4 weke van
sifting voor maar moet deur huisdokter gereël word. Arg!!
A stem in maar sê ek sy reëls oortree en hy gaan by ander plek
slaap. Hy stel nie maats voor nie, ek
dink hy weet hulle ouers kyk ook nou baie fyn. Wil by Sarie, Susanie
of Carin gaan slaap. Hy wit warm vir my. Hy koel later af en ons rook saam. |
Rook! |
24
Julie 2013 |
A wil nie saam my skool toe ry nie. R moet hom neem. Ek gaan haal A om dokter toe te gaan, sê as hy
my bewys dat hy skoon is ek hom ‘n groter motorfiets sal koop. Hy wys offer van die hand. Regtig? Kan
dagga so lekker wees!? By dokter mag ek nie saam in. Sy wil dat hy urien toets doen maar hy kan
kamstig nie monster gee. Sal by
huis? By huis laat hy my verstaan ek
oortree sy reëls. Hy het my nou, ek
mag grense stel en ek mag optree as ek sien dinge loop verkeerd maar ek mag
nie oor dwelms praat nie. Nou hoe gaan
ek jou kan help seun? Nee wat ek is
klaar! Dagga is te lekker en cool en ek is te fucked up. Slaap toe ek by huis kom, erg deurmekaar. A het drie persoonlikhede, ‘n baie naïewe en
alleen en gemoedelike kind, ‘n baie sosiale ekstrovert as hy hoog is en ‘n
bedonderde persoonlikheid wat almal verbaal en fisies aanrand tydens sy
onttrekkings fase. |
|
25
Julie 2013 |
Sukkel om wakker te word. A gaan nie skool toe nie, hy wil eers met
sy ma praat maar ek sien sommer hy is klaar met skool. Ek gaan werk, R kry hom bietjie
bedaar. Hy gaan later saam werk toe om
die mense marmot te wys. Ai my kind is so kinderlik. Ons kry die nuus dat A deur SACAI aanvaar is,
nou moet ek R 10 010-00 betaal vir IMPAK terwyl hy nie eers skool toe is
nie. Ek wil die nuus met hom vier maar
hy is so kwaad dat ek maar los tot die aand en net die epos gee. Laat weet JSkool
dat hulle nie A moet registreer. Buurman is in toestand, dink hulle begin nou die
pad stap met ‘n + by skool dalk? Steeds nie ‘n monster gegee – ek gaan nie vra
nie ek is klaar met dagga. |
|
26
Julie 2013 |
A sukkel om op te staan maar sy gemoed is
beter. Sy Persoonlikheid is my kind se
normale. Hy gee my drukkie maar is afsydig. Ek vat sus skool toe – hy sal my eers moet vra.
Hy skud my hand en sê hy is jammer oor laaste week. Blykbaar baie opgewonde by Skool Vrou oor sy
registrasie. Ek betaal die R 10 010-00 dit was my belofte. A gaan saam Wiess huis
toe, blykbaar sommer vroeg. R voel
goed daaroor. A lyk die aand okay. |
|
27
Julie 2013 |
Saterdag – dit is ‘n moeilike tyd vir A. Hy vroeg op ons sit buite en rook A laat my
uit sy twaksak ‘n stop vat. Hy vertel
van Wiess.
Praat oor werk by Mugg & Bean. R 3500-00
vir middagskof, hel is baie geld vir waiter. A sou skool toe gaan maar Skool Vrou kanselleer
– shit! Ek
kry A sover om saam my dam toe te ry en in te stem om pizza te gaan eet as
viering van sy registrasie. By dam laat ek hom om die dam ry en laat hom die
kar spin. Hy wil nie spin nie hy wil drift! Ek sê hy
kan met sy eie kar drift! Ons rook pyp en gooi ‘n stok in. Hy okay maar ek
praat nie eintlik. Hy rook net een pyp
en drink een bier. Ek rook 3 en drink
2. Alles okay tot 13:00
toe begin BBM. Hy sommer moerig vir my
sit voor in kar. Ek pak stadig
op. Op pad terug vertel hy dat hy met
die Touran 180 km/h ry. Ek wys hom daarop dat dit onverantwoordelik
is, dat hy sy ma se lisensie in gevaar stel.
Hy wil dit glad nie hoor, ek sien hy wil dat ek iewers
onverantwoordelik optree sodat hy dit teen my kan gebruik. Hy is ‘n manipuleerder. Ek gaan nie daarvoor val. R dink ek is verkeerd maar nou ja vir die
de Jagers was ek nog maar altyd ‘n gemors
gewees. Hoekom sy nie net oppak en
gaan nie weet ek nie?! M baie omgekrap, sy sê R praat net oor A. Ek sien die ding gaan ons heeltemal
uitmekaar ruk. R dink weer M is
verkeerd. Buurman buite, ons chat
lyk my Mars is +. Buurman praat van sy
skuld en kind swak opgevoed. Nee
buurman, hulle het keuses gemaak om dagga te rook niemand anders. Buurman sê Mars dikbek omdat sy keuses hom
in die gat hap. Waar het ek dit al
gehoor – o ja ek voel ook so. Wind waai erg hy gaan ry nie fiets nie maar
sosialiseer ook nie. Ons gaan eet
pizza, gaan nogals okay maar hy soek geld vir sigarette. Ruil sy tweede bier vir sigarette, sê hy
ken sy perke. ‘n Ligte steek na my. Ek is jammer maat ek drink bier ek rook nie
dagga nie! As ek twee biere of selfs
drie met ete drink is dit my saak ek vra jou nie geld nie en hoef nie aan jou
verantwoording te doen nie. R gee geld
hy koop en gaan rook. Kom terug met
storie oor Hardley Davidson. Terug wil hy bestuur, ek stem in solank R die
verantwoordelike persoon is. Hy bly
erg links – iewers gaan hy die randsteen tref! Maak groot fout by botaniese tuin
afrit, ek sê maar dat dit ‘n moeilike
plek is en los dit. In de Bruin is
daar karre regs hy ry 100 km/h om hulle verby te vat. So wys hy my dat hy kan 100 km/h met sy ma
se kar in die stad ry. POK! Kry dit in
jou kop dat jou en jou ma se lisensie kan weggeneem word. A baie kwaad omdat ek sê dit is verkeerd. Nou is dit so in die huis. A kan doen net wat hy wil en as ek praat
dan raak hy woedend. Okay ek is klaar.
A wil in sy kamer gaan dvd kyk terwyl ons
voor kyk. Ek vat my sleutels en sê dan
loop ek finaal. Hy baie bang ek loop
en paai maar bly kwaad omdat ek gepraat het, probeer my kry om te sê ek sou
dit ook gedoen het. Ek sê ek sou nie
80 km/h oorskry het nie en eerder teruggeval het. Hy bly kwaad. |
|
28
Julie 2013 |
Sondag ek laat almal laat slaap ons het tot
00:30 dvd gekyk.
A staan op en sit buite, ons rook pyp. R gaan alleen kerk toe. Dinge heel gemaklik by huis tussen my en
kinders. A baie rustig en sê later
jammer oor die bestuur en dat hy kwaad was omdat ek gepraat het. Sy persoonlikheid is normaal kind. Na kerk sit ons buite, A roer die sakgeld
ding. Ek vra hoeveel geld hy ‘n maand
nodig het. Hy sê R 60-00 vir sigarette
en dan petrol geld. Ek stel voor dat
ek hom 2 pakke twak gee, ‘n kan petrol en R 200-00. Hy reken hy sal daaruit ‘n bydra vir petrol
maak. Ou maat jy weet duidelik nie
hoeveel jy rook nie. Sê twak kos R
40-00 dan beteken dit jy sal nog 2 pakke moet koop dus R 80-00 plus jou R
60-00 vir sigarette is R 140-00 laat jou met R 60-00 oor. Laaste 3 naweke het jy elke naweek R 50-00
gebedel. Klink my jy kort eintlik R
400-00 sakgeld plus die byvoordele. A bedel weer R 50-00. Sê hy gaan bier drink. Gaan ry fiets. Ek slaap toe hy inkom. Stel nie belang om te kyk of hy iets gerook
het nie. R sê nee hy skoon. Sy oë laat die aand erg rooi maar ek sê
niks. R sê Mthw is ook
+. Ek het mos gesê die man rook die
goed ook! |
Rook? |
29
Julie 2013 |
A maklik op maar hy het nie skool. Moet sy boek gaan haal en self leer – haha. A vertel dat sy marmot oor sy oë hardloop en dan
voel sy oë soos arc eyes.
Okay the stage is set for red eyes! A se inligting oor hoe hy betower was deur ‘n 2
liter zip bag dagga spook
weer die naweek by my, hoe diep moet jy in wees om kontak te maak met daardie
hoeveelheid? Ek verstaan ook glad nie
hoe ‘n kind soos A by dagga betrokke geraak het nie. Hy is so kinderlik en so bang. Hy het tiener streke maar hy was altyd so
gemoedelik. Ek sweer as ek SurferBoy of RBloufiets iewers
alleen kry rand ek hulle aan! A se lyf is ‘n stoner
deur en deur, sy voor arms is so dun so ook sy bene. Sy boarms is nog gedefinieer maar ek dink
nie meer vir lank want hy doen niks meer nie. Ek kom nie by skool uit nie. |
|
30
Julie 2013 |
A weer nie skool nie. Moet op eie leer. Laat hom slaap maar hy is 07:00 op. Voor werk vra hy ek moet buite staan by hom
as hy rook. Ai my kind as jy is soos vandag dan wonder ek
hoe jy by dagga betrokke kon raak en hoekom jy so diep in die kultuur vasgeval
het. Ek weier om skuldig te staan vir
jou keuses maar ek sou graag ‘n eerlike verduideliking hê,
nie ‘julle was nie betrokke nie’ maar daardie hartgesprek. Maar jy het al by geleentheid laat blyk,
dit was jou eie (simpel) keuse! Die stres van IMPAk registrasie
is nou verby vir my wat my meer tyd gee om te tob, ek is net op met die ding
en A se spring tussen persoonlikhede. Ek gaan 10:00 huis toe om koffie saam hom te
drink – ek besluit om onaangekondig op te daag. A heel rustig, lyk goed. Sê hy het geleer maar uit gesprek blyk dit
hy was erg besig met sy fiets en video’s. Hy herhinder my
daaraan dat ek gesê het as hy goeie rapport bring ek nuwe fiets sal
koop. Hy wil eerder sy fiets upgrade – klink na R 4000-00. Arg, daar gaan my motorfiets! Ek sal seker nooit op myself kan splash. A laat weet hy het 12:00 wiskunde ry sommer met
haas. Blykbaar is JSkool
matrieks by huis vir bloktyd voor eksamens.
Is dit hoekom Buurman by huis is?
Pas hy Mars op? Vandag oortref die joernaal inskrywings 15 000 woorde. Ai ek wens ek kon oor iets anders as dagga
geskryf het. Daar is erg polisie aktiwiteit in die
straat. Ek het 3 verskillende voertuie
vandag in straat gesien en A praat van TW motorfiets ook. Ek reel met A om te
help stoele laai die middag. Hy werk
fluks maar ai sy broek wat op die knieë sit!
Die studente lag vir hom. Hy
het al erken dat dit die manier is om te adverteer dat jy dagga gebruik. Hoekom doen jy dit dan nog? Dit gaan beter met A, hy is meer opgewek meer
rasioneel en lyk skoon. Ek huiwer om
dit te sê maar dit gaan beter. Ons rook saam pyp, hy sit baie lank by my. |
|
31
Julie 2013 |
A ry saam my skool toe. Ek bid maar sommer baie oppervlakkig hy wil
mos nie dat ek meer reguit praat nie.
Die Here sal weet wat my gebed is. |
|
1
Aug 2013 |
|
|
2
Aug 2013 |
Ek gaan skool toe om A te de registreer en met BM
en Skoolhoof te gesels. Bets baie
meelewend. Skoolhoof meer as gewoonlik
maar stel meer belang in wie hy moet toets.
Mike Kleyn nog nie getoets, hy reel dadelik. Dit
kom uit dat hulle moeilikheid met SurferBoy en sy
ouers het. Ook die kind waar SurferBoy bly. BM lig my in dat iemand gehoor het hoe SurferBoy vir A vertel dat dagga maklik geld maak. Pok hoekom het die skool my nie dadelik
ingelig nie? BM vra of ek bekommerd is
oor die inligting wat ek deel. Glad
nie ek het nie ‘n ooreenkoms met die pokkers gemaak nie! Hulle het my R 100 000-00 gekos as elkeen van hulle se lewens opgemors word sal ek
nie ‘n oog knip nie. Ek sal dalk by
die dam gaan sit en ‘n bier drink om dit te vier! PlotPel nooi A saam na Brazen
Head maar A gaan nie. A slaap heel aand voor TV. Hy nors oor ons nie saam DVD wil kyk nie
maar dis 22:00 teen tyd dat hy uit bad klim. A is nou amptelik uit die skool. |
Rook |
3
Aug 2013 |
A vroeg op.
Ons sit buite en gesels. A moet
skool toe op die Saterdag. Hy nie te
gepla maar sê Groot Seun weier en gee Skool Vrou baie moeilikheid. Sê een is lui en een is mal, dit is net hy
wat werk van die matrieks. Sê PhGirl is in malhuis oor sy gejok het en nie net dagga
gebruik het nie maar oor heroïen. Weet
nou nie van heroïen maar dit is seker tik of mandraks. A raak BAIE kwaad vir my omdat ek nie wil saam
stem dat die beste manier om heroïen verslawing tee te werk dagga is
nie. Ek probeer sê ek is nie ‘n ekspert
nie dan sê hy ek moet logies dink, as ek sê logika sê medikasie is beter
beheer baar dan raak hy kwaad. Ek
wonder hieroor? Twee goed kom by my
op; die laaste twee keer wat ek A op ‘n trip gesien het was by PN sielkundige
en die aand met die Bybelstudie. Albei
kere was sy oë erg gedilateer en glaserig.
Ek wonder of hy nie toe iets sterker gebruik het nie? Die ander is soos met die kar, A wil my
uitvang dat ek instem tot iets wat nie reg is nie. A wil hê ek moet
instem dat dagga in sekere omstandighede regverdigbaar gebruik kan word. WEL hy weet ek dink dagga is OK as jy
terminaal aan kanker is. Jy gaan immers
dood wees voor jy suf gerook is. Ek bid maar net.
Gelukkig koel A af voor hy skool toe moet gaan, dankie Here! A ruik sleg, hy ruik na kruie en gras. Hy stort voor skool maar ruik steeds daarna
toe ek hom aflaai. Ek is seker A het
Vrydag gerook. A besig tot amper 14:00 by skool. Hy het biologie geleer, die brein. Dankie tog vir Skool Vrou se
toegewydheid! A gaan rus. A moeilik met sy ma oor DVD uitneem. R en M gaan aleen. A vertel my dat hy lelik met R was. A is baie krapperig, wonder of dit gaan oor
PlotPel of Mars of dalk PhGirl? Dalk wonder hy of hy gaan eindig waar sy
is? Of is dit ‘n onttrekkings fase? |
|
4
Aug 2013 |
Ek laat almal laat slaap. R wil hê ons moet
krat vir marmot gaan soek. Koop ‘n
hoender krat. En TV. A dink ek is mal oor ek tob oor R 2000-00. Lyk of hy dink dit is kleingeld. Hy vergeet hoe moeilik dit was om met dagga
genoeg te maak om sy verslawing te betaal het! Hy weet ook nie dat ek R 2000-00 vir PN sielkundige
skuld en nog seker R 5000-00 vir ander medies nie. En R 1500-00 vir MTN vir
sy Internet. Ek skuur die pyp wat hy wou maak rofweg. Hy sê ek moet pyp klaarmaak, hy sal sy eie
een begin. Whatever! A strip hom vir my en
TV instel. A gaan fietsry.
Kampus toe. Chain
snap. Ons begin met marmot se
hok. A strip
hom by meer as een geleentheid vir my.
Wonder steeds hoekom? Hy lyk okay, bietjie onvas maar okay. Dalk ‘n bier gedrink. Pok ek wens hulle wil die kampus sluit! A rook sigaret met menthol
ball? Ek
weet nie daarvan nie. Die tabak ruik
erg kruie. A wil nie saam my
rook. Maar gaan later 2 keer uit om te
rook. |
|
5
Aug 2013 |
A vroeg op, hy gim bietjie. Buurman sê Mars het tugverhoor vanaand. Is dit dalk hoekom A omgekrap is? Gee Mars hom gas? Of is dit RBloufiets
of Mike Kleyn? Gelukkig is A amptelik uit die skool anders
sou hy nou begin dans het, sy sondes gaan nou begin uitkom en die donners
gaan hom weggee want die inligting wys na hom. MOOI!
SurferBoy, RBloufiets, Mike Kleyn, Mars, Francois geniet
die trip wat julle toekom! Ek praat met A oor Mars en dinge by skool. Wys hom dat hy redelik veilig is omdat hy
amptelik uit die skool is. Lyk of dit
hom rustiger maak. A gaan uiteindelik gim toe! Hy het ook die gemors in drom gegooi! |
|
6
Aug 2013 |
A slaap later, die gim het hom gevang. Skool Vrou vra of hy Afrikaans gedoen het, hy
bevestig. Ons weet van niks. Ek vra dat A by haar moet Wiskunde doen
aangesien hy niks by huis doen nie. A
nie gelukkig met my maar ek betaal Skool Vrou sy moet kyk dat hy alles
baasraak. 09:00 A laat weet dat hy kos by huis gelos het,
R neem dit hy is OK. 10:00 A laat weet hy is siek. R gaan haal hom 10:30? Wat het gebeur? Het Skool Vrou met hom geraas? Het hy die oggend by huis gerook en Skool
Vrou hom huis toe gestuur? A mis
wiskunde. Ek in sy kamer vra dat hy die laptop moet inpak, ja-ja is sy
antwoord. Raai wat hy sal die ding nie
inpak nie. Ek gaan eendag strip en die laptop terugvat. Ek dink ek kry spoed kaartjie, man gaan R my
uithaal!! |
|
7
Aug 2013 |
A staan moeilik op. Hy ook nie so vrolik nie. Hy groet ook nie meer met drukkies
nie. Hy kla meer oor skool en dat hy
so hard werk. Hy kyk ondersoekend na
my. Sy oë is baie swart? Ek stel aan R voor ek A sal optel. Sy wil nie hê ek
moet hom kry nie. OKAY julle doen
dinge op julle manier. Ek stop by huis na A van Skool Vrou af terug
is. A in bed voor laptop,
hy kry koud. Dit is weer al wat hy
doen, speel en DVD in sy kamer nooit daaruit.
Steeds nie die laptop ingepak. Hy drink saam koffie maar hou my baie fyn dop,
amper of hy wil sien of ek hom met iets uitgevang het. Ek vermy sy staar, dalk help dit dat hy op
gemak raak. Ons praat oor mbt toetse, hy en R reken ek is verkeerd dat dit vereis
word. A reken ook dat bemarking deel
is van bourek. OKAY. A gaan wiskunde toe maar ek kry msg van R dat ek hom nie moet uitvra nie. Wat word weggesteek? R sê dat ZV en PlotPel
baie kil is en haar vermy. Wonder of
buurman nie ‘n lys opgestel het nie.
Is dit A se skierlike siekte se oorsaak? Is dit hoekom A so intens my bestudeer? R praat met SM Psigiater, sal medikasie aanpas. |
|
8
Aug 2013 |
A staan moeilik op. Hy steek pyp onder afdak op. Ek stap agter yskas in en hou hom in
oondvenster dop. A skrik hy dink ek
kom uit en spring agter in die gang in.
Wat rook jy? Is dit die rede hoekom jy siek was? Is dit die rede hoekom jy my so
dophou? Ek is klaar met dagga seun! Asb onthou dit net,
ek stap nie weer die paadjie nie! Ek kom 16:00 by huis. RBloufiets is by
Mars. Ek bel buurman. Vind later uit al die rokers was daar vir
LAN partytjie. Strongs
maat! |
Rook? |
9
Aug 2013 |
Lang naweek.
Ek gaan skiet A wil saam maar hy het skool – gaan hier ‘n verwyt kom? Hy staan op toe ek ry en groet my. Sê hy is jaloers maar ek moet my dag
geniet. A toe nie skool, R sê hy was baie rustig. Hy gee my maar ‘n koue skouer toe ek die
aand daar kom. Ek vertel maar die dag
se gebeure aan hom maar hy nie regtig opgewonde. Gelukkig het JB gesê hy betaal my verwerking so
ek het nie vleis te werk nie. |
|
10
Aug 2013 |
A vroeg op, R het sy medikasie soos SM Psigiater
gesê het aangepas.
A is baie omgekrap. Die
medikasie laat hom sleg voel. Hy sê
vir R hy gaan haar van moord aankla. POK hoekom kla jy nie die donners wat
jou laat dagga rook het van moord aan nie?
A karring
ook aan my maar ek ignoreer hom, hy vertel van lae bloeddruk, swak hartklop
en ‘n trip. Vir R vertel hy van hallusinasies. Hy strip en gaan
lê in kamer. Hoor hy oefen bietjie met
sy gewigte. R baie
bekommerd oor A se uit hak oor pille, sy kap erg stres. Later nooi hy my saam om pyp te rook. Ek vermy alle sake wat hom kan omkrap. Hy rook vinnig ek teug op my tyd. Ek ruil die disk op
die saag en skuur my pyp klaar. Hy
begin met sy pyp maar net ‘n klein rukkie besig en los dit toe. Gaan lê in kamer. PlotPel bel en sê hy kom gou kuier. Hulle praat nie baie nie, sê hulle gaan PlotPel se braaier by KlaGirl
haal. Kalkoen se kind, twak man PlotPel en KlaGirl is saam
getoets oor buurman se lys en nou is hulle kwaad vir A. A ry saam na KlaGirl. Ek dink hy het iets gedrink daar, hy burb kort-kort. Ek vermoed die kuier van PlotPel
en rit na KlaGirl is om sake by skool te bespreek
en te sien waar A staan. Of om planne te beraam vir tug of vir runners. Nee die
makkers is besig met dagga! R gaan kwekery toe om te vlug, A gaan saam. A koop Mills sigarette Ons braai vleis maar A slaap. Ek maak hom wakker maar hy kom nooit
uit. Ek en M sit en kuier by
vuur. Hy kom eers baie later uit kamer
met verskoning dat hy baie moeg was. |
? |
11
Aug |
Ek laat R slaap.
A staan vroeg op en gaan rook.
Ek kry idee hy wil nie ek moet uitgaan. Ek lê onder kombers en maak of ek koud kry. Vra hoe dit buite voel, hy reken erg koud
maar eintlik was dit heel lekker. R staan op, ek stort en maak koffie. Ek sê ons gaan saam koffie drink buite, A vra
waar ons gaan sit want hy het eie tyd nodig.
Ek besluit ons sit in sitkamer – hy sit saam ons seker om te hoor
waaroor ons praat. A kort-kort uit
maar nooi my nie saam. A kom in na hy pyp gerook het, ek vra om sy pyp
te sien. Ek wil dit teen my appelkoos
blank meet. Hy spring op en hou die
pyp teen die blank maar handig dit nie na my.
Wonder hoekom? A sê sy maag
voel nie lekker hy gaan later saam my ‘n bier drink. A sê hy gaan net bietjie DVD kyk dan opstaan en
leer EN laptop inpak. A lê heeldag in bed met nagklere aan. Ek
sien hy rook heelwat van die sigarette maar ook pyp. Hoor hy vra vir R waar ek is maar as ek vra
of hy my soek sê hy nee en loop verder weg terwyl hy rook. Vang hom ook aan noordekant van huis staan
en rook sodat ek nie sal sien. Ek meet sy marmot hok vir laai. Hy gaan my kom help. Ek maak die laai A het nooit gehelp
nie. Maak ook kat sandbak vir M. Ek steek vuur aan en vra of hy darem saam buite
by vuur sal sit. A kom sit ons rook ‘n
pyp saam. Hy braai die wors. Ek sien sy whatsapp
status, Thats it .. I am
out. Ek is opgewonde maar R sê nee is
na ons onderonsie by PN sielkundige. Okay dan is dit op my gemik – hoekom loop jy nie net
nie? Jy is moes 18 jaar oud en kan mos
legal werk, drink en rook!! Hy ook ‘n sigaret, hy sê hy hou van die Mills oor en bly toe stil. Ja ek weet Mills
proe soos gras dit is hoekom jy daarvan hou.
Met ete vra ek ons moet topgear
kyk. Onderonsie oor TV met M. M en A gaan sit in kamers. A kom sê hy gaan M slaan. Umm kom ons kyk,
NEE EK SAL DIT NIE TOELAAT NIE! Ek verstaan sy was verkeerd maar jy sal haar
nie slaan terwyl ek in die huis is nie!
A begin oor sy maag kla, vertel almal dit is stres oor die rusie. Stront - dit is stres oor PlotPel en KlaGirl en die
stront wat jy heeldag aan lank rook. Die Pool soek iets by A. POK die klein stront, hoekom het A kontak
met hom? R gee medikasie, ek kyk TV. Ons vrees hy gaan stokkies draai. Mars en maats word blykbaar weekliks
getoets. Ai as hulle net proaktief A
ook so getoets het sou hy dalk nie so diep in beland het nie! |
Rook? |
12
Aug 2013 |
A staan moeilik op, maar kom tog by skool
uit. Hy bid, dank die Heer dat niemand
fisies of emosioneel beseer is die naweek nie. OK dit is jammer dat jy jou ma wou aankla
van poging tot moord omdat sy jou medikasie soos voorgeskryf is deur ‘n psigiater
gegee het? Hy pak net ‘n deel van die RTT in, dalk is hy bang Skool Vrou is kwaad hy niks
gedoen het nie. Ek en R stem saam 2013 is ‘n baie slegte jaar,
ons kan maar net hoop nie een van ons kom iets oor nie. Ons is bekommerd oor A se matriek al werk
hy hard by Skool Vrou doen hy niks op sy eie by die huis nie. Ons wonder of universiteit regtig aangewese
is vir A in die lig van individuele bydra wat ‘n student moet maak. Die skool het inspeksie en A moet namiddag weer
gaan. Mis wiskunde maar gaan skool
toe. Kom eers na 19:00 by huis. A en M speel laat rekenaar maar A is maar
geïrriteerd, vloek en jee-gag heeltyd. A se swart pyp lê op glastafel gestop? |
|
13
Aug 2013 |
A staan swaar op. Val in visdam by skool. Gaan weer in middag skool toe. Kom net voor
19:00 by huis. Ons rook saam my nuwe twak. Na ete kyk hy DVD, oefen bietjie. A maak later rolley,
knip twak met skêr soos dagga fyn geknip word. A doen laat RTT.
Begin dvd kyk laat. Rook terwyl ek stort. Ek in kombuis 00:30 en die rekenaar steeds aan. A se gemoed is redelik stabiel en lyk of hy nuwe
vriende by Skool Vrou maak. Sy wife beater hemde is dalk om
die girls te impres. Swart pyp steeds op tafel. Sy skoolbaadjie se bo sak gaap. |
|
14
Aug 2013 |
A redelik vroeg op. Rook terwyl ek in stort is. Gebruik marmot as verskoning vir rooi
oë. Ek wonder maar hy lyk goed en is
opgeruimd. Sy oë is wel opgeswel. A sou gimnastiek toe gaan. Hoor by R hy gaan nie. Ook nie wiskunde toe nie. Hy was uit om dvd
by LVideo te kry.
Sy motorfiets het omgeval, die flikkerlig het gebreek en ‘n by het hom
gesteek. Sê die bysteek medikasie laat
hom sleg voel. Blykbaar moet R by hom
sit. Dit is 9 grade buite, bye vlieg
nie in sulke koue nie. A rook pyp en ek stap uit en rook van die
pyp. Hy wil eers nie die pyp gee, trek
dit vinnig ‘n paar keer en wys my hoe Stef Skool
pyp rook. Toe gee hy die pyp. Sê hy wil nie hê
ek moet proe wat hy ingesit het nie maar las vinnig by dat dit ‘n joke is en dat hy van die fruitblend
bygesit het. Ek wonder hoekom ek so
vinnig lighoofdig raak? Ek vra hy moet wys waar by hom gesteek het, daar
is ‘n prikmerk op sy bors maar niks opgeswel nie. Lyk nie na bysteek nie. Hy lewer kommentaar dat hy sy allergie
ontgroei. Ek wonder of hy nie ‘n spuit
gevat het nie? Maar op die bors? Dit werk mos nie so nie, of hoe? My bloedruk is erg
hoog en ek is erg moeg. Het hy my laat
dagga rook? Ek vertrou nie A nie, hy het iewers iets wat hy
gebruik. |
Rook? Spuit? |
15
Aug 2013 |
A vroeg op en aangetrek. A sê in kombuis hy wil nie meer so
gedefinieerd wees nie want die meisies hou daarvan. POK ek verstaan nie. Hy is so mal oor aandag maar as ‘n meisie
aandag gee dan is hy ongelukkig. A draai terug voor hy by kar kom en sê hy kort
boeke. Ek stap ook terug en gaan in
gang in terwyl hy terugkom. Hy dadelik
agterdogtig en wil weet waar ek heen gaan. Ek soek net my bril maar al die goed van
Saterdag af maak net nie sin nie. PlotPel se kuier, die trip na KlaGirl
toe, die uitvis waar ek is, die afsondering terwyl hy rook, Sondag se optrede
toe ek buite wil sit, sy ongemak oor sy pyp, heeldag Sondag in bed, die amperse
verwysing na Mills wat soos gras proe, sy
kommentaar gister oor sy stopsel in die pyp, die bysteek sonder edeem, mis
van gimnastiek, die flikkerlig wat gebreek is. My maag erg omgekrap, was sy pyp gelaai gewee? Ek besluit om sy kamer te kyk. In sy judges
baadjie sak is daar ‘n leë bankie. R maak dit af, sê ek moet met SM Psigiater praat
en aanvaar A sal nog dagga rook. Ek
aanvaar dat A ‘n dwelmslaaf is! Ek bid
dat hy sal loskom! R sê ek is ‘n alkoholis
want ek drink bier. R sê ek het ook
skelm gerook. Okay speel dit na my toe! Ek het skelm gerook omdat jy en jou ma my geboelie het om op te hou! Ek het op my tyd opgehou! Ek drink bier, gereeld. EK HET NIE DAGGA
GEROOK NIE! EK ROOK NIE DAGGA NIE! A rook dagga. Ek dink daar is ‘n verskil. Ek kyk op Google. Daar is beskrywing van intramuskulêre en subkutaniese dwelm gebruik. Is dit wat A by LVideo
gaan doen? Ek is klaar.
Klaar met R en klaar met A. A gaan wiskunde toe en gimnastiek toe, hy is
egter net kort by gimnastiek toe hy terug kom oor hand wat skeur. Ek wil ‘n toets doen oor my bloeddruk wat so gespike het. Ek
het al agtergekom dat die dinglers my bloeddruk
opstoot maar nog nooit soos gisteraand nie.
En ek het slegs twee of drie trekke van A se pyp geneem. Ek vra hy moet saam rook na ete, hy stem
in. Voor ete rook hy alleen buite en hou my dop van
stoep af. Na ete het hy sooibrand en sê hy sal saam sit maar nie
rook nie. Okay
ons los dit, GROOT FOUT! Hy omgekrap
omdat ek dit wil los. Dink hy wil my
forseer om te rook sonder dat hy rook, seker om my by R te diskrediteer. Ag weet jy boet jou ma het nog altyd gedink
ek is gemors. Hy stop sy pyp en ons rook. Buite sê hy dat hy erg sooibrand het en
gaan braak en kolabeer dan gaan ek dink hy rook dagga. Goeie punt wat hy maak MAAR ek weet mos hy
rook dagga! Al die tekens is daar,
nuwe bankie in judge baadjie, eenkant staan en
rook, rooi opgeswelde oë, onvas op voete en hops
reuk. Binne in huis gaan lê hy. My bloeddruk het nie gespike
nie. |
Rook? |
16
Aug 2013 |
Ek wil nie meer hier skryf nie. Ek is klaar met dagga en wat dit aan my
doen. Ek het altyd ‘n brose verhouding
met R gehad maar deesdae is sy veral krities teenoor my en ek stel net nie
meer belang om haar te paai nie! Al die slegte keuses wat A maak speel R na
my toe. Ek kan nie my bekommernis
uitspreek nie en ek kan ook nie optree nie.
Vanoggend val die gordyn af toe ek dit ooptrek – moes ek dit
ontgeld? Magtig dit was ‘n ongeluk! Ek het altyd my verhouding met A opgepas en voel
sleg as ons nie oor die weg kom nie maar na R my gister weer uitgehaal het
voel ek nie meer om effort te maak met A nie. Hy het sy keuse gemaak en as hy ooit loskom
van dagga sal ons verhouding self herstel – nugter is hy so ‘n tipe mens en
sal hy insit om ons verhouding te herstel.
As hy nie loskom nie dan tenminste is ek uit sy pad en is die kans
skraler dat hy my aanrand – ek ernstig oortuig dat so iets baie sleg gaan
eindig, dit is beter as ek myself eenkant hou. Dan is daar M, sy is op pad graad 10 toe. Ek probeer haar raad gee in die areas wat
sy my in toelaat maar ek sien dinge krap haar om. Sy voel nie geborge in die huis nie want
daar is altyd iets wat krap en skuur tussen my en R, my en A of A en R. Ek kry haar bitter jammer en om haar te
beskerm moet ek myself onttrek van A en R. A ruik vanoggend vir my na kruie. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
? |
Wat gaan die einde wees? Ek moet aanvaar dat daar ‘n kans is dat A of in
tronk gaan beland of deur sy smous vriende vermoor gaan word. Na die naweek van 20 Julie moet ek ook die
moontlikheid aanvaar dat A my of R kan aanrand in een van sy onttrekkings
fases. Ek sal my met geweld verset en
glo R ook. Ek is ook bekommerd oor R,
kanse is goed dat sy ‘n beroerte kan kry.
Enige een van die gaan my en ons gesin breek maar ek het geen illusie
nie – A is nog nie klaar met dagga nie! Ek aanvaar dit is sy keuse, niks wat ek doen sal
hom ‘n ander keuse laat maak nie. Hy
sal self daarteen moet kies. Ek kan
net bid en vertrou dat A werklik ‘n visie van God sal kry vir sy lewe. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
No comments:
Post a Comment