Friday, August 16, 2013

'n Pa se stryd teen sy seun se dagga gebruik

 ‘n Stupid pa se bekommernis.

Die 4 alternatiewe waaruit ek moes kies:

·         Wag dat skool hom + toets

o   Skool sal hom Arora toe stuur

·         Wag dat hy met gereg bots

o   Tronk sake

·         Wag dat hy default op betaling

o   Plaas familie in gevaar

o   Dwelm smouse vergewe nie hulle sal hom doodmaak

·         Tree op en laat hom opneem

o   Die was my keuse

Ek is ongelooflik bang vir die volgende:

·         A sien dagga as ‘n inkomste

o   18 Mei 2013 sê A dat hy vir hom ‘n Grolsh met sy eerste salaris gekoop het 

·         A sien homself as ‘n ‘stoner

o   23 Mei 2013 met opname

·         Die hoeveelheid wat A by hom het gaan hom met die gereg laat bots

o   Tronk sake

·         Hy gaan iewers default op ‘n betaling

o   Sy vriende gaan hom keel afsny

Hoe gaan ons vorentoe:

A moet verantwoordelikheid neem om:

·         Nee te sê en skoon te bly

·         Om totaal met sy vriende te breek

·         Om betyds hulp te vra

·         Om skool klaar te maak

Indien A nie die vier punte nakom nie:

·         Ek gaan nie intree en besluite neem nie

·         Ek gaan nie versagtende reëlings tref nie

·         Ek gaan nie borg of boetes betaal nie

·         Ek gaan nie vir bankies betaal nie

 

 

Verloop van gebeure:

Nov 2012

A raak aggressief en angstig, besoek Sielkundige PN.  Sprake van opneming maar elke slag val iets voor of draai hy uit.

 

 Ek glo dit is tiener stront maar R is oortuig daar is groot fout.

 

Des 2012

Gaan bou afdak op by seehuis.  A loop min rond maar ry elke namiddag met motorfiets rond, ek was nie bekommerd nie.  A het hard gewerk maar baie geslaap terwyl ek werk.  Hy vertel eendag van polisie wat hom gestop het en deursoek het.

Na R en M kom gaan kuier hy gereeld saam vriende op Hartenbos, enkele kere het hy rooi oë maar ek kan dit nie nou koppel aan Hartenbos of motorfiets nie.

Een namiddag kom A by huis aan, sy oë baie rooi en opgeswel lyk sommer swart in gesig.  Sê is motorfiets ry wat sy oë brand.

 

A vererg hom vir Hnk wat hom spot.  A het dit redelik goed hanteer maar loop en rook aan bokant van parkeerplek op Santos.

 

18 Jan 2013

Maats kuier saam vir sy 18de verjaardag.  Loop rond die middag en braai vleis die aand.  A sê Mthw hom klein sakkie twak gegee, beduie bankie grote.

 

20 Jan 2013

A ry Sands toe.  By huis raak hy flou – green fever? Braak erg.

Rook!

Feb 2012

Surfer boy begin saam gimnastiek.  JKleinGirl verskyn in prentjie.

 

11 Feb 2013

Skoonsus kuier, A loop rond met valhelm op en lig moet af wees. Aggressief.

Rook

15 Feb 2013

A draai uit Valentyn bal.  Ouens toets + na bal.

 

Maart 2013

Merk leë bankies in sy twaksak op.  Praat altyd weg, sê Ma weet dat hy sy twak daarin sit.  Soms rooi oë.  Ook een slag na aand kerkdiens.

 

April 2013

A se eerste Graad 12 rapport - 4 vakke onder 30%.

 

19 April 2013

Sou partytjie op plaas bywoon.  Kanselleer en gaan na KlaGirl saam met PlotPel, WChpr en TdeJ.  Die middag voor sy maats kom ry hy saam met RBloufiets en bly lank weg.  Sê hy rook sigaar.  Verbeel my hulle was na DLN of DVN?

Rook!

22 April 2013

Toets + by skool.

 

29 April 2013

Tug. Telling 265.  Pleit onskuldig, sê sigarette is gespike. SurferBoy ook ‘n verhoor.  SurferBoy is ‘n geslepe karakter en dra ‘n rasta spuitband.

 

30 April 2013

Ek neem Mills boksie met bankie en zol met pips in uit sy kamer.

 

Mei 2013

Angstig oor geld en vakansie reëlings.  PlotPel se pyp en sy roller is weg.  Sê pyp is bo in kas maar dit is nie waar nie.  Angstig oor sigarette en hookia pen.  Ry laat aand om hookia pen by ZV te kry.  Leë bankies in twaksak.

 

13 Mei 2013

Mis Master Maths

 

14 Mei 2013

Biologie ekstra klas. Motorfiets by skool maar nie ander mense nie.

Rook?

15 Mei 2013

Mis Master Maths

 

16 Mei 2013

Laat by RBoshof.  Geld in kamer R 90-00

Rook!

17 Mei 2013

Kry rooi button in broek met dagga in.  Kry 2 vol bankies en R 140-00 in bed kassie.  Wil gaan braai by Trvr.

 

Konfronteer A oor stash.  Erken hy vervoer maar nie dat hy rook nie. Word gehok oor Master Maths, mag glad nie motorfiets gebruik tot na eksamen.  Baie angstig oor gewone fiets en tref reëling dat hy 20 minute op slag mag ry maar dat hy dalk soms 2 keer per dag mag ry.  A verwyt ons oor R170-00 vir matriek vakansie.  Vier van hulle moet ‘n 5de borg. Sê hy is deurmekaar met dagga omdat hy dringend die R170-00 moes betaal.

 

Rol erg rolies en staan voor aan straatkant en rook die aand.  Lyk of hy vir iemand wag.  Tweezers word gebruik vir die rol!

Rook!

18 Mei 2013

Pleit by my om die twee bankies vir hom terug te gee, hy sal dit aan die verskaffer gee.  Ek weier en koop hom los, hy neem geld vir verskaffer rondom 11:00.  Kom na 13:00 terug, onvas op sy voete.  Sê hy het vir hom bier gekoop met sy eerste salaris.  

 

Ons kyk dvd die aand lyk of mense hom baie bbm maar hy ignoreer van hulle.

Rook!

19 Mei 2013

Kry bankie in Bybel met een head.  Ek kry die head se takkie in sy twaksak.  Hy sê die takkie was dalk in sy groter sak gewees maar dit lê bo-op die twak.  Hy rol rolies met tweezers.  Die middag sit hy agter die houthuis, erken later die aand dit was hy wat daar gesit het toe ek sy hulp vra om saam te kyk hoekom Betty blaf. 

 

Hy baie bang.  Ry fiets die aand, lyk of hy wel gery het. 

Rook!

20 Mei 2013

Oggend is bankie nie meer in Bybel. 

 

Ry fiets die aand.  Laat weet hy het pap wiel en ek moet hom by Alwyn Malan stop kry.  Hy nie daar nie.  Ek sien hom uithardloop by Veen Singel 37 nadat hy vir my gesê het dat hy naby Jhn van skool trek.  Koffers verdwyn vinnig in huis.  Hy angstig, jittery en snuif baie.  Band nie pap.

Praat ongelooflik baie, leer biologie erg.

Hy iets gedrink of gerook.

21 Mei 2013

Ry fiets vroeg middag, leer biologie en ry weer fiets voor hy gaan skryf.  Gaan met die groen rugsak skool toe.

 

22 Mei 2013

Sê niemand gaan wiskunde toe nie gaan ry fiets die aand.  Sukkel om aan die leer te kom begin na 20:30 leer.

Leer wiskunde tot na 12:00.  Gaan uit om te rook en kom sê hy gesels met Pter.  Kom na 12:30 in huis, ruik dagga aan hom.

Rook!

23 Mei 2013

Kry rolie met dagga in asblik.  Kry 4 vol bankies in bo in kas.  Een bankie lyk oopgezip dalk hoekom hy tweezers gebruik het. 

 

Dink hy haal die THC haartjies met die tweezers uit. Merk haartjies in peperment houer op, lyk na THC hare.

 

Die goed lê byna oop en bloot in sy kamer.  Wonder hieroor, is hy so naïef of is daar ‘n ander rede?

 

Konfronteer A.  Hy sê hy is ‘n ‘stoner’.  Baie kwaad dat ek hom wil laat opneem.

 

Sit in sy kamer en rook pyp.  Is die tabak dalk gelaai?

 

Ek laat hom opneem!

 

25 Mei 2013

Mars, Die Pool en nog fris donker kop (Mike Kleyn) kuier langsaan, drink wyn uit boks.  Roep dringend na A.

 

30 Mei 2013

Woon ouer vergadering by BloemCare by.  A kom soek my.  Hy is woedend en dreig my dat hy my gaan slaan.  Ek sê ek is jammer.  Hy kom 3 keer terug.  Die sielkindiges dink dit is beter dat ek loop.

A bel later die aand en vra ek moet terugkom, hy vergewe my.

 

1 Junie 2013

Ek gaan kuier by A in BloemCare.  Dit gaan heel goed en hy vertel my PN Sielkundige was by hom Vrydag aand 30 Mei.  Praat later met PN Sielkundige in A se teenwoordigheid en sê dankie vir sy besoek.  Hy klink verbaas en A lyk uitgevang!  PN Sielkundige weet nie van die dagpas nie maar suster bevestig, lyk of dit al die 28ste gereël is met SM Psigiater.  A was toe nog bitter kwaad vir my gewees!  Maar hy het toe reeds die dagpas gereël!?

 

2 Junie 2013

Gaan haal A vir dagpas 09:50.  Hy buite met rooikop meisie van Skool.  Lyk of hulle iets onderling gereël het.  A WIL bestuur, laat hom toe.

 

By huis reguit kamer toe, groet niemand.  Soek dadelik sy twakblik, baie kwaad omdat die twak weg is.  Wys hom daarop dat ek nuwe twak gekoop het en pakkie sigarette gekoop het.  Hy sê dit is nie dieselfde.  Koel later af en drink saam koffie.  Maar begin reël om uit te kom. 

 

Hy kyk saam TV gaan bad en skeer bene, begin met foon.  Terwyl hy bad sê hy dat ons nie moet uitgaan eerder by huis eet en kuier.  En ons moet solank pizza bestel hy wil geld trek vir koeksusters.  Ons sê ons sal hom geld gee as terugneem.

 

Na bad gaan haal hy en R die pizza.  Hy karring dat sy geld moet trek.  Na ete wil hy die geld in sy tas sit, dit is rondom 13:00 hy gaan eers 19:00 terug.  Ek sê ek sal dit by my hou.  Hy sê nee hy wil sigaar gaan rook en by Mrzn gaan kuier.  Ek vra hoeveel hy soek.  Sê sigaar is R20-00 ek bied aan dat hy R20-00 by my neem maar dit raak meer.  Ek stem in sy ma hom R50-00 gee.  Geld is nie vir koeksusters nie, ?

 

Hy weg op fiets na hy groot ding maak van my drukkies gee en sy blades vir my gee en dat hy klaar is met dagga.  Hy het sy roller en twaksakkie in sy kamer gelos.  Daar is twee los sigarette in sy boekrak, lyk na twee uit die nuwe pakkie wat ek hom gegee het.

 

Kom 16:55 terug.  Ek vra na sigaar hy sê dit was R24-00 en dat hy ‘n lighter van R12-00 gekoop het maar dit het reeds gebreek en dat hy R8-00 oor het.

 

Hy lyk rustig en kyk bietjie TV.  Begin kriewel en vra ek moet saam hom buite staan hy wil pyp rook.  Sukkel lank om ou pyp reg te kry later neem hy maar sy nuwe pyp.  Sê iets van dat hy meer hou van die ou een met die filter maar dat dit verstop is.  Ek rook ‘n trek saam.

 

Kort na die pyp rook is hy weer buite, ligte is af en hy staan by sy fiets en rook.  Die sigaret wat hy gerook het is tot in die filter gerook.

 

Ek wonder oor die volgende:

Hoekom eerder die ou pyp?

Hoekom 2 sigarette uit nuwe boksie haal?

Hoekom is ligte af en staan hy by fiets?

Hoekom lê die Peter Stuyvesant carton wrapper voor by pot?

Hoekom is die bamboes by muur afgebreek? 

 

7 Junie 2013

A kom huis toe.  Gaan ry vroeg middag fiets.  Is 16:00 terug toe ek by huis kom.  Hy lyk goed en is opgewek.  Die aand na 18:00 stel hy voor ons kry dvd, wil nie saam ry net ek en M ry.

 

8 Junie 2013

A staan laat op.  Ons gesels oor my motorfiets.  Geen oplossing wat my aan betref nie.  Hy baie rustig, gesels baie met my maar praat geweldig hard.  Sê hy wil stuk grond omspit vir tabak.  Ek wys dat die sandput die regte plek is.  Verloor skierlik belangstelling.  Oefen met sy gewigte en praat oor bankie.  Wys hom watter staal hy kan gebruik maar verloor belangstelling.

 

Later sê hy dat ek hom moet laat weet as ek eendag nie meer wil bier brou nie dan sal hy my toerusting oorneem.  Ek besluit om my bier te bottel en vra hom hy moet terwyl ek besig is met sterilisering by my sit.   Hy maar kriewelrig maar sit ‘n bietjie en gesels.  Later gaan sit hy buite.  Hy beweeg nie uit erf. 

 

Ek agtervolg wat ek dink SurferBoy is.  By drankwinkel naby skool  werk ‘n jong man DLN, donker hare wat geperokside is.  Lee bankies lê voor op stoep.

 

9 Junie 2013

A kom nie aan die gang die oggend.  Ek vra hy moet saam builders warehouse besoek maar hy wil nie.  12:00 steeds in nagklere.  Ons hou maar vergadering,  praat oor rook geld en skool.  A nie lus om terug te gaan JSkool, bied ‘n goeie argument aan.  Maar hy dink hy gaan sy dae kan omslaap as hy home school. 

 

Ek en R ry en kry oproep ons moet hom ‘n pc speletjie koop.  Kry die speletjie.

 

By huis onthou ek bottels in straat ek gaan haal dit seker 10:00 uit.  A wil met my praat, ‘n besigheid voorstel.   Hy wil R 400-00 leen om sy verskaffer te betaal ‘om te breek’.  Hy het die reeds met sy ma bespreek en sy voel hy is ernstig.  Ek toets hom oor die hoeveelheid.  Hy sê hy skuld die geld van 8 bankies wat ek geneem het.  Ek herhinder hom dat ek 2 geneem het die eerste keer en dat ek hom daarvoor reeds geld gegee het en dat hy dit betaal het en slegs 4 die tweede keer.

 

Sy kort termyn geheue is ernstig ingeperk, hy onthou glad nie dat hy die geld teruggegee het nie ook nie hoeveel hy terugbetaal het nie – daardie Saterdag het A met meer as dagga te doen gehad!

 

Vis verder uit hoekom R 400-00.  Hy sê dat die nuwe 4 wat ek geneem het R 80-00 is omdat dit beter is as die ‘nuwe gemors’ – foutjie ons praat oor die nuwes.  As daar beter was dan was dit mos die eerstes omdat dit dan die Cristal was?  Steeds ek kom nie by R 400-00 uit nie.  Ek verstaan geen somme waar dagga by betrokke is nie.  

 

R trek die geld en A neem dit in koevert.  Verstaan nie hoe hy kontak gehad het nie, eers sê hy het die geld aan ‘n ander persoon gegee en die verskaffer laat weet, dan klink dit die verskaffer was daar.  Maar A is gou terug en installeer sy game.  Sukkel en neem later die ander rekenaar.  Op die stert van die installasie kry hy begeerte om te gaan fietsry.  Dit is 17:42.  Hy het 17:41 ‘n whatsap gekry.  Ons vra hy moet 18:00 terug wees, Ja-ja.  Hy laat weet my 17:56 sy ma moet inskep hy naby huis.  Ek sien die sitkamer deur is oop en voel onveilig.  Vra R moet pistool uithaal. 

 

A kom 18:09 by huis aan en ek is baie opgewerk. Ek sê hom dat ek nie bang is om myself en huis te beskerm.  A baie kwaad oor pistool.  Ons praat lank en albei kalmeer maar A verstaan nie dat ek bang is vir sy en ons veiligheid nie.

 

Later rol hy ‘n rolie, sê hy nou lus vir soet liquorise tabak.  Dit is dieselfde wat hy die Saterdag wat hy eerste keer die geld gevat het by die verskaffer gekry het.  Hy het nou drie strepies op sy skoen.  Is dit 3 keer gerook vandat opgeneem is of is dit die 3 keer wat hy 10 bankies moet aflewer?

 

A se oë is duidelik rooi toe ek hom nagsê.  Hy gaan nog 2 keer uit om te rook.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Rook!

10 Junie 2013

A is twee dae uit Bloemcare en daar is een head in ‘n sigaar houer onder sy matras.  Wat moet ek doen?  R sê sy met SM Psigiater gepraat ek moet nie bekommerd wees nie A sal nie weer verkoop nie.  Ek bly bekommerd.  A is besig met dagga, dagga is dwelms en dwelms is gevaarlik.  Die smouse sny jou keel af en die polisie sluit jou saam met gemors toe.  Dalk is dit die pad vir my kind, ek is op!  Ek gaan dit los, meer uit desperate poging om my kind nie weg te stoot nie as uit goeie raad.

 

Ek kom rondom 17:00 by huis.  A ry fiets.  Hy terug in 40 minute.  Praat baie maar lyk rustig.  Vertel my van sy nuwe pyp.  Lyk die pakkie sigarette wat Sondag gegee is plus nog 10 is op.  Maak storie van pyp en hy vertel van hoe lank hy so ‘n pyp gerook het voor die gebreek het.  Hy sê hy gaan my ook een koop en vir my twak wat hy eenkant sal hou.  Wonder wat hy met sy twak aanvang?

 

Hy rook later pyp maar trek dit bitter vinnig toe ek uitgaan en slaan dit uit.  Ek suig die pyp, my tandvleis jeuk, dagga?

 

Na 10:00 gaan rook hy weer.  Ek bied aan om saam te gaan.  Hy eers ongemaklik maar stem in.  Hy stop my ‘n pyp en rook laaste sigaret.  Ek gaan slaap, maak groot storie dat hy saam my gaan opstaan en koffie drink.  Hy gaan rook nog twee keer.  Hy hoes minder die nag.

Rook?

11 Junie 2013

Dadels gekom van sy vroeg opstaan om koffie saam my te drink.  Ek maar in sy kamer gaan sit.  Nou karring R ek moet na PN sielkundige.  Besoeke buite BloemCare kom teen spaarrekening, gaan uitgeput word in 3 besoeke.  Die selfbetalings gaping is R 7000-00, ek het dit nie en kan nêrens leen. Dagga!

 

12 Junie 2013

A gee my ‘n pyp persent.

 

13 Junie 2013

Sus saam by ma se werk.  A spandeer tyd saam haar, lyk of hy haar by hom wil hou, dalk om te help met cravings.  A lyk baie goed en ook versorg. 

 

Ons moet oor skool praat.  Gaan sit rustig in son en bied opsies.  Duidelik dat hy nie JSkool toe wil gaan.  Hy ervaar die kampus baie positief en is opgewonde om volgende jaar te kan swot.  Ek praat met Skool Vrou en maak afspraak.

 

Kry A net na 16:00 by huis, hy op fiets in straat.  Hy lyk goed maar gemoed lyk af.  Hy gaan rook en badkamer.  Ons ry 16:45 hy wil nie bestuur.  Iets wat ek gesien het is dat as hy gebruik het dan bestuur hy nie.  Hy stel sy MyMood op terwyl ons ry.

 

Skool Vrou is baie reguit maar ongeorganiseerd.  Skool verdink A dat hy verkoop en sy sê sy sien hy ken al die gemors en sy hande wys hy gebruik al lank.  Hy erken hy het gebruik, gooi my met die skuld en later vertel hy van SM Psigiater en die se gebede.  Dit wen haar.  Hy lyk of hy met haar sal kan werk, ek ervaar haar omgewing (kantoor, huis en studente) minder positief.  Sy is ongeorganiseerd en haar huis is deurmekaar!  Maar sy is baie reguit oor dagga en dat sy sal help ongeag. 

 

Die prentjie is egter donker, lyk of JSkool nie gaan help nie.  En dit is nie uitgemaak dat Impak hom sal inneem nie.  Hy moet al sy portefeuljes en grade 10-12 se rapporte instuur.  A se gemoed is nie goed nie, hy skram weg van alles wat skool spel.  Hy stem in om na Skool Vrou te gaan maar ek sien hy voel nie so positief nie.

 

A raak rustiger na ete en gaan rook so rondom 20:00.  Hy stop sy pyp voor my maar vroetel in sy baadjie sak.  Na nuus wil hy ek saam rook.  Sit voor maar ligte is af.  Hou hom dop, hy onvas en ooglede hang.  Hy merk ek kyk en vertel dit is sy bloeddruk en vertel van die hospitaal, hy drink nie die bier wat hy saam geneem het nie.  Vertel my dat ek hom eintlik opcheck deur so diep in sy twaksak te grawe maar dat hy daarmee genoeë neem.  Hy luister na Johny Hobo en ander donker musiek.  A het iets gerook toe hy 20:00 buite was en hy hou my doelbewus in die voortuin.

 

 

 

 

 

 

Rook?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Rook

14 Junie 2013

Gaan sit by hom in kamer en kuier voor werk.  Hy nie gemaklik maar probeer sosialiseer.  Vra dat hy aan my korporatiewe bemarking moet verduidelik.  Hy omgeklits maar op die einde verduidelik hy grafiese ontwerp.  Ek verstaan dat hy later meer diepte sal kry.  Hy teken aan op MyMood, vra dat ek later vandag moet tyd inruim vir video van langste nose manual, ek kan eers vanaand.

 

Die pyp wat R hom gegee het lê in die hondehok by die houthuis.  My vermoede is bevestig A het gerook, die pyp is skoon maar as ek suig dan juk my tandvleis liggies.  Wonder of Buurman hom geruik het? 

 

Pyp 14:00 nog in kas.  Het hy dit al vergeet?

 

A wil nou R 2000-00 na R 4000-00 leen vir nuwe fiets. Ai as ek kon sou ek help maar dit is groot geld nou.  Neem M dam toe.  A op pil pluk, kry R jammer hy bestuur haar Game toe.

 

A kan die aand nie meer van die video onthou.

 

GBos kuier skierlik die aand, A baie opgewonde.  Ons reël sop ete Sondag.

 

15 Junie 2013

A wil ons moet pyp maak.  Ek wou bier brou maar besluit hy te negatief eerder die pyp maak.  Draai op draaibank, A help.  Later een soort van klaar.  Ek gee op A werk voort gaan ry later fiets.  Boorpunt breek.  Te laat om nuwe te kry.  Angstig om die ding klaar te maak.  Praat van vir Mthw gee.

 

16 Junie 2013

Vadersdag, A babbel verskriklik.  Organiseer almal en alles, wil na ete gaan rook en dan kuier maar ons moet nog voorberei vir sop ete saam vriende.  Sit later buite.  A sê hy is jammer oor wat gebeur het en wens ‘n beter jaar toe.  Wil nie regtig ek moet ook iet sê maar later luister hy.  Hy meer positief oor home school ook dat Skool Vrou wil h hy moet eksamen doen.

 

A sit buite en teken tot mense kom.  Hy bietjie sy kamer reggeruk.  Met ete is A baie rooi in gesig en oe is skrefies.  Ek kry later ‘n sigaret stompie onder die plank, die filter is uitgehaal en ruik na dagga.

 

Ons kyk The way back.

 

 

 

 

Rook?

17 Junie 2013

Skool Vrou vra A moet op vakansie dag skool begin.  Gaan nie goed af.  Reël dat hy eerder Woensdag inval.  Hoe lank moet ek nog A se gevoel red?  Hy vertel almal dat hy net in son gaan sit.  Doen dit ook tot 15:45 toe gaan hy fietsry.

 

17:00 hy terug.  Lyk down, snuif baie.  R dink hy huil.  Hy nie anti dep vorige aand gehad.  Sit by my by vuur buite maar baie down, sê dit sal verby gaan.  Heeltyd op bbm.  Het die realiteit nou gestrike? Of het sy verskaffer pêl hom ingelig hy waai uit Bloem?

 

Wonder of die nuwe meisie hom nie gelos het nie?  Gee hom ‘n anti dep, na bad gaan bietjie beter maar hy is maar af.  Of hy het nee gesê vir dagga of hy het moeilikheid by meisie gekry of dalk by sy pyp maatjies.  Ek sien die swartes van 25 loop op en af en hou die huis dop dalk soek hulle geld by hom.

 

Dit is nou maak of breek ek dink, ek bid vir my kind dit is al wat ek kan doen.

 

18 Junie 2013

Ek maak A vroeg wakker.  Ek bid saam A voor werk en tel hom net na 09:00 by huis op.  Ek vra oor sy gym sessie, hy vertel baie wat hy gedoen het maar lyk eerder of hy geslaap het.

 

Lyk of dit moeilik gaan wees om hom by Impak in te kry.  Ek weet nie wat ons gaan doen as hy nie inkom nie.  ZJ van die streek bietjie meer positief en Bets M ook gunstig met my versoek oor portefeuljes. 

 

R sê A is baie down by werk,  Sê hy praat dat ZV hom gekontak het en alles weet van rook, verkoop en BloemCare.  Lyk of dit hom rattle.  Ek stap op maar hy net voor pc nie opgewonde nie ook nie gesels nie.

 

Dagga het my kind se toekoms en vriende gesteel!

 

A het gaan fiets ry maar R sê hy in 10 minute terug.  Hy later weer gaan ry.  Volgens hom het die polisie hom gestop en deursoek.  Hy baie kwaad.  Ek probeer hom vertel dat dit gevaarlik is vir polisie op straat maar hy sien dit nie so nie. 

 

Ek vra dat hy sy skool boeke moet regkry.  Hy sê sy maag is seer.  R gaan koop medisyne.  A is baie omgekrap, ek dink hy dink dit is my skuld dat die ouens in die straat is. 

 

19 Junie 2013

A gaan na Skool Vrou toe vir eerste dag.  Ek maak hom 06:15 wakker, hy trek eers 06:50 aan.  Ek gaan koop vir hom solank sigarette net om te keer ek ‘n hartaanval kry.  Skool Vrou is laat, die groep kinders lyk goed.  Dink A sal okay wees.

 

A sê die pool en Groot Seun is daar.  Hy het ‘n besigheidstaak gedoen.  Lyk of Impak hom sal registreer.

 

21 Junie 2013

A vra ek moet bid vir skool.  Ai my kind dat jy skool so haat!  Lyk of hy beter voel oor Skool Vrou.  Hy werk tot amper 15:00.

 

Skool gee sy portefeuljes, lyk nie op datum.  Hy en Skool Vrou moet dit maar uitklaar ek is net op.

 

As hy gaan rook kyk hy eers terug en gaan dan in gang staan.  Ons kyk Goats – gaan oor hipies en weed.  Arg!

 

22 Junie 2013

Ek en A ry gou dorp toe.  Hy wil nie bestuur nie.  Ek ruik hops!  Het hy weer gerook? 

 

Met terugkomslag bestuur hy ‘n gedeelte.  Voel vir my ek kry angsaanval, ek is gedaan.  Die laaste twee maande en A se negatiewe houding oor skool in algemeen en sy bewondering vir stoners en rastas kry my onder. 

Rook?

23 Junie 2013

Papegaai se kos is op ek ry om te koop.  A ry saam wil nie bestuur sê dis donker.  Hy het Vrydag in donker bestuur!  Hy vertel met groot bewondering van stoners luck.  Geen karre by kruisings as jy gerook is nie. POK POK POK.  Watter k@k het die donners jou vertel?

 

24 Junie 2013

A bid op pad skool toe.  Ai my kind ek was nog altyd hier gewees.  Jy het gekies om nie saam met my te sit en te gesels nie, jy het gekies om jou tyd op gemors te spandeer, jy het gekies om gemors vriende te maak.  Ja ek het my eie goed maar ek was nog altyd hier vir jou.  Ongelukkig is skool belangrik.

 

Ek stuur sy portefeuljes saam skool toe.  Skool Vrou moet maar kyk en praat hy luister nie vir my.

 

Hnk-hulle slaap oor.  A redelik gemaklik en groet hulle vriendelik maar hy slaap heel middag?

 

A rook laataand.  Hy kap sy pyp vinnig uit toe ek uit kom.  Hy onvas, sê dit is head rush. 

 

Kry niks in sy kamer.

 

25 Junie 2013

R 50 000-00 hospitalisasie, R 7 000-00 mediese spaarrekening, R 7 000-00 selfbetalingsgaping, R 13 000-00 Impak registrasie, R 7 000-00 Skool Vrou. 

R 4 000-00 vir Master Maths wat nie bygewoon is nie.  R 700-00 vir verskaffer en is nie seker of JSkool die skoolgeld gaan afgee nie. ‘n Mooi R 88 700-00.  R 50 000-00 word deur die medies gedek so R 38 700-00 vir my rekening.

 

Jammer ek stap nie weer die pad nie! En jammer maar ek gaan Huis 37 brand!

 

Ek tel A by skool op, hy baie onrustig sê hy gaan fiets ry.  Begin praat oor sy geld wat hy by R verdien het.  Sê eintlik skuld ek die R 400-00 want ek het die gemors by hom gekoop.  Later wil hy R 30-00 om sigarette koop, maar die R 30-00 wat R gee is nie genoeg nie.  My kind rook jou dagga ek is klaar.  Ek het alles gedoen wat ek moes.  

 

A lê heel middag en slaap, gaan nie gimnastiek toe soos hy beloof het nie.  Ek en R besluit dit moet maar gekanselleer word, A sal nooit weer gimnastiek toe gaan nie dit is te veel werk.  Nommer 25 en Noha loop op en af in straat, dink hulle soek A.  Dink die hele onsmaaklikheid van geld begin by die twee koffers.  Blykbaar ook een leerder by skool gewees wat gerook was. 

 

A eet later en lyk beter na ete, sit glad ‘n klein rukkie by puzzel maar toe R kom loop hy weer.  Dink hy wou my vra oor geld of iets anders.

 

Ek het Impak se registrasie voltooi vandag, hoop hy word geregistreer.

 

26 Junie 2013

A vroeg op (06:25) voordat ek hom roep of sy wekker afgaan.  Hy doenig in kouse laai.  Ek het nou al ‘n paar keer sy kamer geskud en niks gekry nie.  Kyk ook baie goed buite maar kry niks.  Hy vra vir whiskey, seer tand.  Hy weet ek het niks, hy het my laaste bottel gesteel.  Wonder of hy dit vir Mrzn se pa gegee het of sy buddy in Huis 37?  Ek gee hom ‘n pil, later sê hy die tand het nie gat in net stukkie vleis wat drukking veroorsaak – umm wou hy getrek skool toe gaan?  Hy sit voor en drink koffie, vertel van KlaGirl wat byna ge-OD het op een slaappil.  Ai my kind is so naïef! 

 

Praat oor rastas – hy lok my doelbewus uit, hy wil ek moet kwaad raak dan het hy geleentheid om uit te hak en nie skool toe te gaan nie.  Jammer seun ek dink niks van rastas nie omdat hulle die witman haat, solank jy dink hulle is cool gaan hulle jou in die dagga greep vashou.  Jy kan hulle geniet en wanneer dagga jou tronk toe stuur sal jy ook daar met hulle kan pelle wees.  Ek gaan nie kwaad raak nie maar ek gaan hulle nie like soos jy hulle like nie!

 

Ek besluit om die dagga meul te vat.  Vindingryk wat hy gedoen het.  Groot waster geneem en ‘n gleuf ingesny.  Een van die remskoene van sy fiets se diskbrakes het ‘n pen wat perfek in die snit pas.  Dit veroorsaak dat as jy dit reg vashou jy ‘n goeie greep op die waster het.  Die ander remskoen word dan gebruik om teen die waster die dagga fyn te maal. 

 

Wat my die meeste ontstel is dat A so kinderlik is, nie net emosioneel onvolwasse nie maar nog baie kind.  Hoe het hy hier beland?  Die persone wat hom hier betrek het moet boet!

 

Ek by huis toe A van skool af kom.  Klink opgewek maar Die Pool is by Mars langsaan.  A kom byna dadelik en sê hy wil gaan videos by Mars haal.  Ek ruik hops toe hy my groet.

 

R gaan uit ek nooi A om saam my pyp te rook, hy reken hy te besig met game.   Later rook hy 2 keer pyp op sy eie.  R bring hom sigarette.  Ek gaan stort en hy gaan rook, sien hy druk sigaret dood.  Na ek gestort het is hy weer uit, hy sê hy nog rook vir 5 minute.  Gewoonlik rook hy pyp in 1 minuut.  Wonder wat hy weer doen?  Mars?  Hy vat vreeslik lank buite.  Ek dink hy het dagga by Die Pool gekry die middag.  Daar lê ‘n vuurhoutjie op die muur agter waar Mars altyd staan.  Hy en Mars het seker daar gerook.

 

Ek gee nie meer om nie!  Ek aanvaar dat A of in tronk gaan beland of deur sy smous vriende vermoor sal word.  Enige uitkoms gaan my en ons gesin breek maar ek het geen illusie nie – A is nog nie klaar met dagga nie!   Ek weet ook daar is net eenvoudig nie meer geld wat aan A se dagga probleem spandeer kan word nie, ten minste nie in 2013 nie.  Ek gaan ook nie my huis verkoop of motor om hom verder te help nie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Rook?

27 Julie 2013

A weer baie vroeg op.  Hy stel dat ek nie meer omgee want ek bring hom nie meer koffie.  Hy vroeg besig om sy ma van Die Pool en sy meisie te vertel. Hy rook vroeg sigaret en kom praat oor hoe bly hy is dat ons hom uitgevang het. En dat Skool Vrou sê ons het hom goed grootgemaak.  Sy oë lyk nie vars nie. 

 

Ek praat met hom oor hoe ek voel.  Stel dat ek nie verstaan dat hy so ‘n goeie kind is en so diep met dagga betrokke geraak het nie.  Hy reken dit gaan beter met hom oor drukkies wat ons hom gee.  Ek sê dat ek nie glo dat die smouse hom met drukkies in dagga in gewen het nie.  Later praat hy van aanvaarding en Jesus.  Ek stel dat ons hom nog altyd aanvaar het al het ons hom aangemoedig om harder op skool te werk. A het nooit op skool gewerk nie, so die aanmoediging was nie om te presteer nie net om deur te kom!  Hy erken die dagga ouens het hom gevang met ‘fake love’.  Ai my kind, jy is so naïef.

 

Ons moet ry skool toe A wil nog rook ek sê hy moet rook terwyl ek hek oopsluit en kar uittrek.  Hy sê nee hy moet agter om huis loop.  Ek is oortuig hy het dagga by Die Pool en Mars gekry.  Toe hy in kar klim loer hy vir sy oë.  Hy ruik ook bitter en na gras. 

 

Op pad na Skool Vrou laat ek hom bid.  Sy gebed is duidelik dat hy ‘n verskriklike groot ding oor skool het.  Die skool ding pla my, hy sal hieroor moet hulp kry.  Ek praat ook dat ons iewers sal moet reëls neerlê oor wat gebeur as ek hom weer vang, Skool Vrou hom vang of die polisie hom vang.

 

By Skool Vrou sukkel hy met slot en hek en sy liggaamshouding buig met sy boude wat uitsak.  Ek kry niks in sy kamer of buite nie.  Sal Skool Vrou vra.

 

Aand is A heel rustig, vertel van skool en alles wat klaar is.  Speel heeltyd PC games en later kyk ons saam Two and a half men.  Hy rook sigaret maar hy rook dit nie heeltemal klaar nie, ek dink hy vertrou my nie en is bang ek soek in sy kamer.  Iets in sy kamer pla my heeltyd ek gaan roep hom vir die TV en sien skierlik weer sy swart judge baadjie wat soos die oggend mou uit die kas en lapel oop getrek hang.  Nou weet ek waar jy jou stash wegsteek!

 

A vertel my hy gaan Saterdag sy ma en my kar was.  Ek sal dit eers glo as ek dit sien.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Rook?

 

28 Junie 2013

A vroeg op.  Hy rook sigaret maar hou my dop.  Dink hy is bang ek krap in sy kamer.  Hy vra of ek wil saam rook.  Ek sê nee hy weet mos ek rook na werk nie voor werk. 

 

Hy vertel dat kinders hom gister by skool gevra het om saam te rook.  Hy sê hy het bly sit en dat Skool Vrou hom ‘n drukkie gegee het.  Ek dink hy het gister oggend gerook voor hy skool toe is, hy het definitief iets by Die Pool gekry.

 

Omdat hy die gesprek oopmaak praat ek met hom oor wat gaan gebeur as ek hom vang met stash, Skool Vrou hom vang of die polisie hom vang.  Hy maak groot dat hy al 5 weke skoon is.  Ek stel dat ek dit nie glo, hy wil weet hoekom nie.  Ek sê dat ek weet hy het gerook twee da na hy uit hospitaal was.  Hy erken dit.

 

Hy sê as ek ‘n stash kry kan ek dit uithaal en met hom daaroor praat, ek stem in maar stel dat ek net 3 keer daaroor gaan praat en hom dan gaan vra om my huis te verlaat.  Hy sê dadelik dat dit regverdig is maar ek sien hy dink ek is ‘n drol.  Ek sê as Skool Vrou hom vang betaal hy self verder haar deel van skool en as polisie hom vang gaan hy maar self moet sien en kom klaar want daar is geen geld meer vir dagga nie.  (Eintlik is ek bankkrot en oorleef ons maar net oor die gierigheid van banke.)  A gaan akkoord met die reëls, ek hoop regtig dat hy verstaan wat die implikasies is.  Hy erken hy en Mars het Woensdag aand saam gerook maar nie dagga nie.  Ek druk op hom om eerder die urbanol te drink as toe te gee aan sy cravings.  Hy voel ek kan optree as ek sien dinge gaan verkeerd, ek stel dat ek nie meer kan optree nie dat dit nou sy verantwoordelikheid is om betyds hulp te vra.

 

My gemoed is ligter, ek het die gesprek uitgestel omdat sy gevoelens broos is maar ek sal sondig as ek nie dit met hom praat nie.

 

ZJ sê sy het A gister ontmoet, sy sê dit met ‘n smiley?   

 

PlotPel kom kuier.  Doen A goed.  Hulle baie rustig maar lyk baie skuldig toe ek hulle in die parkie kry.  Ons braai, PlotPel vra uit oor distilleer.  Is dit ‘n trap?  Ons deel tussen ons 3 een 660 ml patat bier.  Snaaks hulle wil nie nog bier drink nie.  Dalk PlotPel ook besluit om af te skaal, ek weet nie.  Ons kyk DVD saam. 

 

Hulle slaap in woonstel, sien hulle het by muur gestaan en gesels met Mars.  

 

29 Junie 2013

PlotPel moet vroeg huis toe, maak A vroeg wakker.  Hy het weer munchies in nag gehad.  Hoekom?  Ons praat na PlotPel weg is.  Praat oor Mars, Die Pool en muur rook.  A erken hy en Mars het in verlede saam dagga gerook.  Hy sê Mars het by hom gekry en nie hy of Mars het nou nie. 

 

Ek gaan kry saad vir voëls A wil nie saam ry, hy gaan fiets ry.  Kom eers 16:45 by huis.  Ek stess erg.  M en R vir my kwaad omdat ek omgee! Wel dan gee ek nie meer om nie!

 

A vertel hy saam W Chpr en ‘n Pieter op kampus gery.  Lyk okay, hy was baie min op whatapp gewees. 

 

Karre gewas?  Nee!

 

30 Junie 2013

Ek gee nie meer om nie!

 

Wil my motorfiets start.  Iemand het die throttle gebreek, die dagga pelle?   Ek neem die besluit om die ding te verkoop.

 

1 Julie 2013

A vroeg op, gee my weer gas oor sy koffie wat nie vroeg genoeg is nie. Man maak jou eie koffie!  In die 18 jaar van jou lewe het ek nog altyd die koffie gemaak.  Niemand maak koffie in die huis behalwe ek nie!

 

A gaan skool toe.  Nog niks van Impak gehoor.  Sal more vir Skool Vrou vra. 

Ek gee nie meer om nie! 

 

M is reg A het begin met dagga omdat hy wou, nie omdat hy gevoel het ons aanvaar hom nie. 

 

A kyk tot 12:00 TV in kamer.  Wonder watse Internet kontrak hy homself eendag gaan kry, dit is nou die dag as pa ophou betaal?  Dagga het my tyd met R gesteel maar dit is haar probleem, ek is klaar gepraat en gesmeek. 

 

2 Julie 2013

Ek staan vroeër op om A sy koffie betyds te gee.  Hy maak groot ding vir sy ma dat hy voor my opstaan.  Okay, dankie ek wou nog altyd gehad het dat hy vroeër moes opstaan, maak dan self koffie!

 

A krap in iets plastiek in sy kamer, ek kyk maar sien niks.  Iewers gaan ek sy stash kry. Sien die 5 sent in die pot voor wat ek diep in gedruk het lê weer bo.  Ek skuif dit na ‘n bakkie van die pot toe.  Die 5 sent is gebruik om heads te crush dit is nou swart weerskante.  Vrydag of Saterdag gewees?

 

Skool Vrou baie positief oor A.  Sê hy werk hard en nie soos die ander wat net wil dagga rook nie.  Ek sê haar van my en A se reëling dat as sy hom vang hy sy skool self verder betaal.  PhbGirl staan en luister, sy is baie angstig toe ek oor dagga en rook praat.  Wonder wat sy weet?

 

Skool Vrou reken hy het 100% vir besigheidstudies?  Wragtig?  Ek is baie bly dat hy goed vaar by haar, ek hoop net dat sy Biologie en Wiskunde ook by sal kom.  Ek bid dat Impak hom sal registreer want ek gun hom om by Skool Vrou skool te voltooi.

 

A sê vir Skool Vrou dat hy vanaand gimnastiek toe gaan.  Ai my kind waar het ek dit al gehoor?   

 

A gaan gimnastiek toe, hy vererg hom toe ek met hom praat – hoekom?  Daar is toe nie gimnastiek nie.

 

Daar is twee leë bankies in A se skooltas.  Dit is oopgeskeur.  Ek dink hy tel dit op en lek die residu uit of rol dit is sy twak.  Ek hoop so, ek bid vir jou elke dag seun.

 

A slaap nie.  Hy heelnag op sy laptop, dit vang my.

 

3 Julie 2013

A weer vroeg op.  Ek vat hom koffie 06:05, hy byna dadelik gaan rook.

 

Nog niks van ZJ gehoor nie.  Ek raak nou angstig as sy hom nie by Impak geregistreer kry nie gaan A uit die skool gaan hy sal nie by JSkool klaarmaak nie.

 

4 Julie 2013

Ek met verlof, staan vroeg op vir koffie.  A wakker, hy gaan by PlotPel kuier na skool en oorslaap omdat Skool Vrou nie Vrydag oop is nie.  Wil ook voor na PlotPel gaan by LVideo video’s kry – weet nie wie LVideo is nie net dat hy uit JSkool is. 

 

Ek  maak twee van my Pa se pype reg.  Die groot een het steeds dagga wol in, ek steek die grote weg maar besluit om die kleintjie vir A te wys.

 

5 Julie 2013

A kom laat terug van PlotPel, lyk of hy dit geniet het.  W Chpr en ZV ook daar gewees.  Dink dit pla bietjie.  A bly in kamer en kyk South Park – grootste gemors wat daar is.  Hy wil nie eet. 

Ek vra of hy okay is maar hy skree op my.  Ek verloor dit heeltemal!  Groot baklei ek en A stoei, R en M kwaad vir my maar A maak soos hy wil met geen respek vir enige persoon in huis nie.  Hy dreig om te loop ek stel voor hy doen dit.  R keer, hy wil by JKleinGirl gaan slaap.  Jammer seun maar jy gaan daar baie meer gemors kry as by my. 

 

Hoe lank gaan ek dit nog kan hanteer?

 

6 Julie 2013

A kom sê hy jammer hy het op my geskree.  Ek is maar dik vir die dagga gemors en kry geleentheid om reguit vir hom te sê ek is klaar.  Hy lyk meer gefokus maar ek sien hy het vroeg by muur gestaan en met Mars gepraat.  Hy rook sigaret maar ek ruik hops.

 

A slaap heel middag en heel aand.  Wonder of hy iets by Mars gekry het?  Laat aand gaan rook hy, spore wys hy was by muur.  

Wys hom die groot pyp.

 

 

 

 

 

Rook?

7 Julie 2013

A gaan rook net na 5:00.  Ons het gereël dat ons almal kerk toe gaan.  A draai uit – te moeg.  Ek sê hy hoef nie skaam te wees nie.  Hy sê dit is hoe hy voel en hy wil ek moet saam hom bid.  Hy huil vreeslik en ek bid saam.  Vra ek en hy moet in oggende saam Bybel lees.  Ek besluit om te bly maar hy is byna woedend.  Hy wou alleen wees en sê hy gaan in veld Bybel lees.  Okay ek ry maar, ek seker hy het iets by Mars gekry.  Beide sy pype is in boekrak met gerookte twak in.  Hoekom is hulle nie uitgekap?

 

A vertel my dat hy nie seker was wat om te lees in Bybel nie maar dat Bybel oopgeval het by Spreuke.  Hy lees ‘n deel van wyn en bier drinkers.  Hy maak die deel van toepassing op hom wat dagga ge/rook.  Ek kan maar net wonder of daar nie ‘n steek in is vir my nie, ek drink mos bier! 

Rook?

8 Julie 2013

A vroeg op reg vir skool.  Hy rook sigaret maar ek ruik hops.  A vra ek moet hom by Skool Vrou haal oor sy biologie boeke by huis is.  Op pad terug sê hy hy het Vrydag biologie gedoen – nie ek of R glo hom nie.  Hy soek die boeke maar kry nie.  Ry met sy motorfiets terug na Skool Vrou en later laat weet hy sy boeke was daar.  Okay verduidelik asb; hoe het jy Vrydag biologie gedoen as die boeke by Skool Vrou was???

 

Hy vertel dat Skool Vrou sê ZJ het uitstel gekry vir hom, ek weet nie daarvan nie niks op epos.  Maar hy doen biologie huiswerk sommer vroeg die middag.  Ek wonder of Skool Vrou hom nie kort gevat het nie.

 

Ek sien SurferBoy is by Mars, wonder of Buurman by huis is?  Ek sê vir A ek gaan groot moeilikheid maak as ek hom by muur sien staan.  Hy bly onder afdak.  Na ek stort is hy nog buite en ek gaan uit.  Ek vat sy pyp maar hy nogal versigtig en sê dit is baie sterk.  Ek dink hy het van die voorloop in gegooi maar proe niks dagga.  Hy sê later dat in die verlede het hy dagga by gemeng maar ek sal dit mos geproe het?

Rook?

9 Julie 2013

A vroeg wakker, vra of ek saam buite gaan staan.  Ek sê as hy wil maar dan draai hy om en vra ek moet eerder nie want dit is te koud.  Okay ek bly binne. 

Ons praat oor SurferBoy by Mars en ek stel dat ek Buurman gaan waarsku dat SurferBoy dagga rook.  Hy is okay daarmee.

 

By Skool Vrou wil ek uitklim om te hoor wat ZJ sê maar A sê Skool Vrou weet niks.  Ek klim nie af nie, dink daar is moeilikheid met Skool Vrou en A. Sal maar later uitvind wat dit is.

 

A na LVideo toe.  Dink met motorfiets.  R sê sy oë was rooi maar hy sê hy het ‘n sigaar daar gerook.  Jip sigare is die groot ding waarin hulle dagga sit.  Hy rook ‘n choclate roley, laat my ook proe, LVideo se meisie rol dit? 

 

Ek maak die derde pyp van my pa reg.  Die steel is baie bitter, dit is die een wat op die dagga pyp was.  Ek sal dit moet skoon kry.

 

A is heel tyd in sy kamer, kom byna nooit daar uit.  Speel rekenaar of kyk fliek maar lê net op sy bed.  R bekommerd.

 

A kyk bietjie saam TV maar staan op en sê hy gaan dvd in kamer kyk.  R maak groot oë en ek vra of sy reken A is onvas.  M strip haar!  Ai my kind as jy net weet waardeur ek wroeg sal jy my darem meer kans gee.  Ek gaan praat met M in haar kamer maar dit is ‘n gemors.  Sy reken as A nie wou loskom uit dagga nie sou hy al maande terug geloop het.  Ek is nie so seker nie, maande terug was A salig ‘n stoner onder my dak met sakgeld en ekstras wat ek en sy ma hom gee.  As hy loop waar gaan hy so lekker leef?

 

Die is my vrees:

Hoe kan ek toelaat dat A sy motorfiets gebruik terwyl ek onseker is oor sy dagga gebruik?

Hoe kan ek toelaat dat A die motor bestuur terwyl ek onseker is oor sy dagga gebruik?

Hoe kan ek toelaat dat A by vriende gaan kuier terwyl ek onseker is oor sy dagga gebruik?

Hoe kan ek toelaat dat A universiteit toe gaan terwyl ek onseker is oor sy dagga gebruik?

Hoe kan ek toelaat dat A in ‘n verhouding staan terwyl ek onseker is oor sy dagga gebruik?

 

Nee M, A sal altyd deel bly van ons huis dit is net te lekker om ‘n stoner in jou pa se huis te wees. 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Rook?

10 Julie 2013

A vroeg op.  Hy rook baie vroeg en bring koffie, haal my weer uit oor ek lui geraak het met koffie.  Ag asseblief!  Maak self koffie!!  A karring iewers in sy kas, daar is tabak op toilet vloer, ek sukkel met oë maar wonder of daar nie groen by is nie.

 

Vertel van hoe lekker lewe Die Pool het, hy kan enige tyd met vakansie gaan, hy klim bloot in sy kar en ry.  Ek vra wat Die Pool doen, A sê hy is in die skool.  OKAY om te leef het mens geld nodig, om ‘n kar te het mens geld nodig, om vakansie te hou het mens geld nodig.  Om geld te moet mens of werk of steel of dwelms verkoop.  Ek werk maar ek kan nie vir jou ‘n kar koop nie en ook nie jou vakansies betaal nie, jy besluit wil jy skool klaar maak of wil jy gaan werk!  A sê hy wil skool klaar maak en gaan leer. 

 

Die gang langs afdak is iets nie reg, my kanne staan nie waar hulle altyd gestaan het nie en daar lê baie vuurhoutjies rond.  Ek is seker A en Mars sit daar en rook in die aande as ek stort of middae as R slaap.

 

Ek besluit dat ek nie meer gaan soek vir sy stash nie, hy moet self kies ek sal bid.

 

A gaan na LVideo of François om Futurerama te kry?  Hy bring twee gedraaide rollies.  Een met choclate – ek trek ook daaraan dink dit is okay.  Ek rol die twak uit die ander daar is niks groen in nie.

 

A en M lê heel aand en kyk dvd in kamer.  Gelukkig is Futurerama nie sulke gemors soos South Park nie.

 

Ek verstaan nie A rook slegs ‘n minuut aan sy pyp maar as ek stort rook hy 10 minute.

 

A vra vir R om hom in die oggende ‘n urbanol te gee.

 

11 Julie 2013

IMPAK maak my mal, hulle kan nie A registreer voor skool nie sê hulle het hom deregistreer nie.  Die eerste brief moes wees sê dat die skool hom nie sal derigistreer nie.  Ek weet wragtig nie.  Probleem is as A derigistreer word en Impak hom nie registreer nie dan is hy uit die skool en kan hy slegs terugkom as graad 11 leerder.  Dagga het sy lewe regtig opgepok!

 

A vroeg op met die urbanol in.  Hy lyk rustiger maar nie deurmekaar.  Ek bid vir sy registrasie, sy cravings en ‘n hart vir hom en Skool Vrou in die kar.   Hy vertel my dat hy homself flous deur sy ma te kry om urbanol saam met sy ritelin te gee en dat hy en Skool Vrou mekaar soos ouma en kleinseun sien.  Dankie my kind!  My gebed bly dat jy hieruit los sal kom en dat jy by Impak geregistreer sal word en dat jy sukses sal behaal in jou skool.

 

12 Julie 2013

A gaan nie skool.  Hy tog vroeg op. 

 

PlotPel en W Chpr sal oorslaap en hulle gaan vryfees toe.  Hoor ook by R dat hulle partytjie by Mzr gaan hou.  A sê niks van partytjie.

 

Op die end kom die manne nie, A gaan ry fiets.  Ek vind later (Sondag) it dat A R 60-00 by R gekry het.  Onder sy plank lê ‘n boksie vuurhoutjies uitmekaar geskeur.

 

Vrydag aand kom A in van rook maar kop omlaag en asem ingetrek verby my in kombuis.  Wonder hoekom?  Ek ruik hops.

Rook?

13 Julie 2013

A vroeg op.  Ek hoor sy bedkassie se deur stamp.  Ek moet houthuis trap regmaak.  A gesels vroeg met my.  Vertel van Dean se oupa wat kommersieel met dagga (Hemp) geboer het.  Ai hy is so naïef dit kan nooit is SA gebeur het nie.  Later sê hy dit was in Amerika.  Ja alles is beter in Amerika en almal het na SA ge-emigreer.

 

Daar is ‘n sigaret stompie in asblik, ek breek dit oop.  My oë is nie goed maar ek dink en sien stukkies groen.  Ek hoor en sien later hy rook sigarette.  As hy sigaret opsteek doen hy dit ver van huis af.

 

A gaan ry fiets.  Ek kry R M en A by fees.  A se beursie is in sy kas met R 20-00. A gaan wys my die Jamica Head shop.  Ek sê dit beïndruk my glad nie.  Meisies groet hom naby die shop. A is omgekrap dat hulle so openlik kan wees, hy is doodseker dat hulle dagga verkoop maar sekuriteit doen niks.  Ek is ook seker hulle verkoop maar ek wonder hoekom hy so seker is?  Wat doen die meisies daar?

 

Ek vermoed hy het sy sigarette gespike.

Sigaret gespike?

14 Julie 2013

Ek laat almal laat slaap.  A vroeg buite by my.  Ons gesels pype.  Ek haal die gesprek van Dean op en gebruik dit as aanknoop om hom drie senarios te trek waarmee ek vrede gemaak het. 

 

1) A los dagga, kom matriek deur en gaan universiteit toe

2) A hou aan en beland in tronk

3) A hou aan en smouse sny sy keel af of gee hom gif om te rook.

 

Ek stel dat ek senario een vir hom kies en alles sal doen om hom te help om daar uit te kom maar dat ek nie vir hom sal kan kies nie.  A sê dat hy positief is oor skool en dat hy definitief universiteit toe wil gaan.   Hy sê dat hy op die fees ‘n bankie van die hand gewys het.   Ek stel dit dat terwyl hy gestone het hy ook gesê het hy wil universiteit toe gaan.  Hy erken dat hy Maart April en Mei elke dag 2 maal dagga gerook het, na skool en voor hy gaan slaap het.  Kan ek die goed oorleef?  Behoort ek enigsins verder moeite te doen?  Hy stel dat hy nie meer dagga by hom dra nie en dat hy Skool Vrou nie teleur wil stel en nie daar dagga gebruik nie.  Okay dankie maar ek wil ook eendag hoor dat hy ophou om te gebruik.

 

A kom terwyl ek kos maak baie tranerig na my en vra ek moet ek iets saam hom doen.  Hy wil ek moet saam hom bankie verbrand wat hy in sy broek gekry het.  Hy beweer die bankie is daar van voor hy hospitaal toe is.  Ai maat ek en jou ma kyk goed, jou broek is deur seker 10 wasse en jou ma kyk elke slag in al jou broek sakke.  Sy sou lankal die bankie gekry het anders sou ek – bullshit die bankie is Vrydag op die fees gekoop met die R 60-00

 

Ek en A gaan koop spykers, ek koop sigare en laat hom bestuur.  Ek wys daarop dat hy te ver links ry en iewers ‘n randsteen gaan stamp, A baie vies vir my.  Hy bestuur nie terug nie.  Ek neem hom uit vir bier en ons rook sigaar.

 

A gaan ry fiets die middag en raak volgens hom in ‘n baklei oor sigarette betrokke op kampus.  Iemand wil sy laaste sigaret gebruik om zol te draai.  Volgens hom haal sekuriteit hulle uitmekaar.  Sy fiets se wiele is vol geel modder.  R gee hom urbanol.

 

Ek en A kyk How I met Your Mother en M wil Nikita kyk.  M en R bad en na HIMYM skakel sy oor na Nikita.  A kwaad gaan bad en slaap.  Hy rook nie voor hy lig afsit nie.  Hy is lekker vies.

 

15 Julie 2013

Skool begin.  A moeilik op.  Hoor hy sê vir R dat hy baie moeg is maar baie energie het. 

 

Ek vra A toestemming om met Skoolhoof en Buurman te praat. 

 

A draai erg.  Ek wag 5 minute terwyl hy laaste dinge in kamer doen ek hoor hoe hy in sy tas peuter.  Hy sit iets in sysakkie onder die plastiek reënjas.

 

Ek praat met Buurman.  Noem die vriende en A se probleme.  Buurman bly ek kom praat, hy baie bekommerd.  Ai ou vriend ek hoop jy hoef nie die pad te stap maar weet ons kan help.

 

A sê ZJ het portefeuljes kom haal.

 

A rook nie laat die aand nie.

 

16 Julie 2013

A makliker op.  Minder gespanne.  Hy gaan 11:00 na SM Psigiater.

 

ZJ het nie portefeuljes gaan haal nie.

 

R soek maar iemand om te blameer, dagga gaan my verhouding met haar heeltemal verwoes net oor een rede sy wil ek moet skuldig wees terwyl ek glo dit was A se eie keuse om dagga te rook.  Ry weier om my enige krediet te gee vir hoe rustig ek probeer wees.  Gryp heeltyd terug na hoeveel ek gedrink het. Ag asb los dit tog!  Ek het vodka en gin gedrink toe ek so siek was, dit het gehelp dat ek by die werk kon kom en nie heeltyd in die toilet gesit het nie – dit terwyl mense my probeer oorreed het om weens gesondheidsredes op pensioen te gaan!  Die drank was beter as om met R 900 00-00 af te tree! As ek weer daar kom sal ek dit weer doen!  Vir my en jou onthalwe. Skuus die is nie ‘n lam verskoning nie, onthou jy wat DS aanbeveel het.  NEE, vir my is dit beter om ‘n sopie sterk drank te drink as om geboard te word en ekonomies maak dit geen sin nie.

 

Ek gaan nie meer keuses namens A maak nie, ek glo A het Vrydag ‘n bankie gekoop.  Ek wonder waar die dagga is.  Hy kon nie alles reeds gerook het nie maar ek gaan nie meer sy kamer skud nie.

 

A rook nie laat die aand nie.

 

17 Julie 2013

A vroeër op, hy gaan rook en kom sit koffie by my en drink.  Vertel van werk by bottelstoor.  Sjoe R 4000-00 vir rakke pak is lekker baie.  Wonder of hy my voorberei dat hy eerder wil gaan werk?

 

A bestuur skool toe.

 

Bel ZJ, sy het nou die portefeuljes gaan haal.  Ek epos die skool dat A nog nie geregistreer is nie maar dat daar nou dalk vordering sal wees.

 

A wiskunde toe met motorfiets, rooi hemp en groen sakkie.  Hy laat weet ek moet koffie maak as ek voor hom by huis kom.  Ons drink koffie en hy sê hy gaan wiskunde doen, dit het nie gebeur nie hy speel heel aand GTI – dit is ook ‘n gemors, hy moet kies of hy dwelms verkoop vir miljoene of hy die dwelmbase vermoor omdat hulle sy vrou en kinders vermoor het. Hy vra my opinie – ek sê ek hou my nie met stront op nie maar ek sal eerder wraak neem. 

 

Sy kas se deur is vreemd oop.

 

Bybelstudie is by ons, A is vreemd stil en wil nie deelneem aan die gesprek nie.

 

A rook op voorstoep, sy oë is glaserig.  Hy wil ook nie ek uitkom nie.

 

Ons kyk laat Futurama, ek stort hy rook buite. Hy laat nog besig met rekenaar.

 

O ja ek het my honneurs in beplanning met lof geslaag – geluk aan self!  Niemand van die huis sal geluk sê nie almal dink mos studies is stront of vir snobs!

 

18 Julie 2013

A staan moeilik op, sê hy kon nie slaap.  Hy babbel aanmekaar oor forums oor diere en ook oor alkohol en rook.

 

A wil nie skool toe bestuur nie.  Hy wil ID vir M gee om saam te neem ek sê sit in tas, hy stap kamer toe om dit te doen.  Ek is doodseker A het Vrydag dagga gekoop en hy rook weer elke dag, ek dink hy dra dit by hom.

 

Ek bid vir sy cravings en hy stop my, sê as ek kreatief was soos hy sou ek bid vir sy dagtake en daggatake.  Okay, ek sal nie meer doekies omdraai nie!  Ek bid dat die Vader aan A sal openbaar dat dagga dwelms is en dat dwelmslawe doodgaan oor dwelms.  A is baie hartseer.  Ek is oortuig hy het gister of vanoggend gerook.

 

Lyk of die nes in Huis 37 uitmekaar spat, dit lyk of die rasta kleurlinge getrek het.  Wonder of die narc’s hulle geskroef het.  Sal Toitjie bel.  Man ek sal bly wees as hulle gebust is!  Pokken koffers!

 

Ek vermoed A stone weer.

 

A kry marmot.

Rook?

19 Julie 2013

A nie skool nie, R gee sy pille later.  Hy sê dit werk nie.

 

 

20 Julie 2013

A vroeg wakker maar lê.  Later kom sit hy buite ons praat oor pype.  Hy wil weet wat ek beplan vd dag, ek moet Buurman en Buurvrou gaan sien maar sê nie vir hom.  R sê later ek en sy gaan gou ry.

 

A kom sê hy gaan partytjie by Mze hou.  Vra R 50-00 sodat hy daar by die kroeg kan bier koop.  Ek sê ek verstaan nie die betaal kroeg by huispartytjie nie.  Ons stem in hy kan gaan maar ek sê hy moet nie die geld vir dagga gebruik nie.  Stel dit dat hy in die verlede R 30-00 en R 50-00 gevra het en dan dagga gekoop het.  Ek neem hom eenkant en sê dat ek nie wil hy moet homself blootstel dat sy maats se ouers hom uitvang nie.  Ek sê as dit gebeur ek hom gaan vra om my huis te verlaat.

 

A sit buite en rook en begin karring met sy ma.  Sê ek gesê hy moet uit my huis fokoff.  Begin karring oor geld en ons nie dat hy partytjie toe moet gaan.  Ek probeer paai maar hy is baie kwaad en sê dat ek en sy ma sy dag op gefok het. 

 

Ons ontmoet Buurman by kwekery.  R reken ek moes positief gepraat het met A die oggend dit is wat SM Psigiater sê.  Ek sê die moeilikheid kom van A en dagga af en maak nie saak wat ek gesê het nie ons sou die probleem gehad het want A weet dat sy maats hom verkeerd laat doen en hy is in ‘n stryd. 

 

Toe ek terugkom lyk hy beter en ek vra hy moet my help.  Ek sien nie sy hand nie.  Later kom hy en vra of R hom hospitaal toe kan neem.  Hy het sy hand op plank stukkend geslaan.  A bly kwaad.  Sê hy gaan nie meer partytjie toe nie.  Ek ignor hom.  Dan wil hy gaan fietsry dan wil hy sy ma moet hom hospitaal toe neem dan wil hy gaan slaap.  Later kom hy en sê hy gaan met sy motorfiets partytjie toe.  Maar hy bly almal rev.  Hy vloek my en vertel dat hy my wil BLIKSEM.  Ek sê hy kan maar, ek sal die houe vat.

 

Later kry hy R om hom hospitaal toe te neem.  Ek hoor hy sê dit is net om uit te kom.  Ek dink weer dit is om dagga te score. 

 

Hy sê sy moet hom De dekke toe neem, sy weet nie waar dit is nie ek sê is daar waar hulle die vrou geskiet het.  Dadelik is hy bekommerd en wil hy BrazenHead toe gaan.  Hy wil nie geld saam neem, sê hy sal soos Mars maak.  Weghol as hy klaar gedrink het, of nie daar wees nie terwyl ons dink hy is daar.  Blykbaar skop hy sy skoen by venter uit.  Kom trek nuwes aan – ek dink hy probeer kyk of ek sy kamer skud.  Hy spring blykbaar by kar uit en rev R erg op, sy bring hom huis toe.    

 

Teen 18:00 is hy weer in kombuis ek mag net met hom praat as hy met my praat – okay dit pas my.  Hy sê dat hy homself nie kan vergewe nie omdat ek weer oor boom gepraat het en dat ek moet weet dat hy daarmee klaar is en iemand breinskade laat opdoen het omdat die gesê het hy rook boom.  Na ‘n ruk bedaar hy en ek vra hom om verskoning en sê ek gaan nie weer oor dagga praat nie aangesien hy weet wat my grense is.  Hy kom terug en aanvaar my verskoning en gee my ‘n drukkie.  Toe R inkom is hy egter weer erg aggressief en herhaal die hele gesprek.  Hy sê hy het die middag dagga gebruik, ek skud maar net my skouer en sê dit sy keuse.  Ek dink hy bang ek gaan hom laat toets.   Ek herhaal wat ek sê – seker 6 keer en hy bedaar en sê hy gaan slaap.

 

Minder as 2 minute later is hy terug, R sê sy gaan toast broodjie maak.  Hy gaan nie saam eet maar as sy Mc Donnald koop sal hy eet.  Hy baie baie rustig skierlik.  Hy ry saam haar en vat sy marmot saam.  Die aand draai baie rustig uit.

 

Ek en A rook terwyl R bad, ek stel dat my wens vir hom matriek en studeer is.  Ek vertel hom bietjie van my kinderjare en die tyd wat ek Joe uit my pa se huis geneem het.

 

Wat my pla is A sê heeltyd ek het gesê ‘boom’.  Ek het nog nooit in sy teenwoordigheid na boom verwys nie altyd dagga of groen goed.

 

Ek is oortuig A stone weer.  Die laaste week van die kunste fees maar dalk selfs van die Donderdag wat hy by PlotPel geslaap het.  R dink van daar af.  Al die stront die naweek was oor A se dagga wat op was.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Rook!

21 Julie 2013

Ons het die vorige Sondag besluit om kerk toe te gaan maar na gister laat ek R en M laat slaap.  Ek begin met my bier. 

 

A so na 8:00 ook buite en chat land en sand.  Phew is gister vergete?  Hy sê skuus oor gister en dat hy sy pyp nie weggegooi het nie net weggesteek het. Hy gaan haal die pyp en vertel van die plank wat hard is en sy hand is beter.  Hy bring koffie en rook buite eers met die swart pyp en laat my toe om te trek.  Later gaan haal hy die pyp wat R hom gegee het.  Hy sê toe hy opsteek dat hy my nie gaan offer nie omdat die pyp lekker maar moeilik rook.  Toe hy opstaan sê hy die pyp rook hom lekker omdat hy die hout ook proe – grasserig.  Raai wat A jy het die pyp as jou dagga pyp gebruik die laaste 3 maande – ek weet!

 

A sit lank by R en gesels voor op stoep. Teen 11:00 kom sê hy hulle gaan Builders toe.  Hy baie kalm ek vra of hy sal kyk vir ‘n easy out.  Hy sê nee hy gaan niks koop nie.  Ek vra of hulle gaan uitklim en as dan net kyk wat prys dit.

 

R kom sê A weer uit gehak en Urbanol gevra.  Ek los hom om af te koel.  Dit gebeur nie, hy erg ontsteld.  Ek vra wat fout is begin met selfde as die vorige dag dat ek vir hom gesê het dat hy nie moet dagga koop met die R 50-00 nie en dat hy homself nou nie kan vergewe nie ens ens tot vervelens toe.  Wat het van 08:00 tot nou gebeur dat A so optree? 

 

Ek neem hom terug dat hy my vergewe het en dat ek nie meer oor dagga gaan praat nie.  Hy hou aan ons vertrou hom nie en hy kan homself nie vergewe nie, by tye huil hy vreeslik en dan is hy weer verskriklik aggressief.  Die Urbanol werk nie.  As ek onttrek dan rev hy R en as sy my part neem dan hak hy erg uit.  Hy slaan sy hand verder stukkend en breek R se hartjie wat buite hang.

 

Ons gesels bietjie hy beskuldig dat ons nie omgee ek sê ons gee om en sien goed raak.  Ek stel dat ons dieper sien as wat hy dink.  Hy dadelik ore, wil uitvind wat ek weet. 

 

Kort-kort kom sê hy dat hy gaan fietsry of dat sy ma hom moet hospitaal toe neem of wat ook al.  R wil nie alleen saam hom ry nie.  Later kom bedel hy band om sy arm te draai sodat hy motorfiets kan ry.  Hy sê sy ma gaan voorry en hy agterna.  Ek sê nee ek sal hom vat maar hy stem in sy ma kan hom vat.  Hy hoor ek vra R of sy geld op kredietkaart het want sy sal alles moet betaal.  Hy huil vreeslik en sê nee hy gaan nie meer nie.  Ek vra R om hom te los eers.

 

R sit buite ek besig met my bier.  Soms kyk A wat ek doen dan is hy rustig en dan begin hy weer ons rev.  Hy kom sê hy gaan fiets ry en sal later skoonmaak.  Ek sê ek sal hek moet oopsluit.  Hy sê nee hy sal self oopsluit.  Ek sê nee dan raak sleutel weer weg.  Hy het so dun-lip smile, sê hy wou eers ry voor ek sien.  Ek vrees hy die TV stukken geslaan en gaan kyk en kry sleutel. 

 

A het in die sitkamer geürineer! Hy het dit nou werklik verloor!

R is reg A het groter probleme as wat ons dink, ek begin dink hy gebruik iets anders as net dagga saam.  Ek wonder of die koffers hom nie aan die wit goed bekend gestel het nie.

 

Ek sluit die hek oop en vra of hy daar geürineer het, hy smile sy dun-lip smile.  Stuur my ‘n whatap dat dit baie disrepekvol was.   Maak so maat!  Dit is maar reg!  Ek is net jou pa dit is al.

 

A in 2 minute terug.  Hy sien my en sy ma praat, hoor ek sê iets van polisie maar nie alles.  Hy bloedig kwaad.  Ek sê ons is terug waar ons 4 maande terug was, hy stem in.  Ek vra hoeveel hy gekoop het.  Hy sê hy niks dagga gekoop, ek sê hy het ingestem dat hy weer stone.  Hy sê nee hy het net ingestem dat ons verhouding weer stukkend is.  Ek sê hy moet gaan skoonmaak.  Hy kom terug en sê hy wil met my en sy ma praat.  Ek sê ek is maar hier.  R gaan drink ‘n kalmeerpil. 

 

Hy gee R ‘n drukkie en sê hy is lief vir haar.  Hy gee my ook ‘n drukkie sê hy is lief vir my maar dat hy nie meer saam ons kan bly.  Hy sê daar is niks wat ek kan doen want hy is 18 jaar oud.  Ek sê dit is reg maar ek wil weet waar hy gaan bly.  Hy sê seker eers by ZV.  Ek sê is reg maar sy ouers moet my laat weet dat dit reg is.  Hy boos sê dit bewys ek gee niks vir hom om nie, ek sê hy het gesê ek kan niks doen nie want hy is 18.  Ek vra oor skool, hy sê hy sal by Skool Vrou aanhou.  Ek sê ek sal Impak registrasie betaal, hy kan met Skool Vrou ooreenkom oor die ander kostes.

 

R huil en gaan in huis in.  A stap agterna.  Ek gaan kyk na my bier.  A draai om en maak of hy my ‘n drukkie wil gee, hy sê hy wil my eers BLIKSEM dan ‘n drukkie gee.  Ek sê hy moet maar slaan.  Hy woedend maar sê nee hy kan nie.  Op die trap van die kombuis draai hy om ek staan nader en sê gee my ‘n drukkie.

 

A slaan my op my mond!  Ek slaan terug, drie keer en sê elke slag sê ek ‘jy slaan nie weer aan my nie!’  A is oorbluf, hy het gedink ek sal neerval.  Hy weet nie waar ek vandaan kom nie.  Jammer boet jy is nie opgewasse om met my te baklei nie!  En ek slaan terug ek is nie die plank nie! Jou koffer maats en dagga pelle het jou verkeerd ingelig, ek kom uit die dae waar seuns gewere gegee is en die land moes gaan oppas.  Die ou ooms met die swart hoedens het vir ons gefluister dat ons onsself moet verdedig, dit is met harde opleiding in my geplaas.  Jou dagga pelle is slap gatte wat nie daardie deel van ons ouer mans se geskiedenis ken nie – loop lig vir hulle raad, dit kan jou duur te staan kom.

 

A is vreeslik ontsteld dat ek teruggeslaan het! En dat ek drie keer geslaan het!  Asseblief wat het jy gedink?  Ken jy my nie? Ek is nie kwaad nie want ek het hom al ‘n paar keer gesê hy kan my slaan maar ek gaan nie dat hy my uit woede slaan en niks doen nie. 

 

A kom skud my hand en maak ‘n groot storie dat hy harder slaan as ek.  My lip is geskaaf maar hy het ‘n knop in sy gesig.  Hy sê hy sal nie ‘n klag teen my lê nie want hy is al 18.  A het dit verloor, hy sien nie eers dat hy my uit woede geslaan het nie!  Hy sien nie eers dat sy woede kom van die feit dat hy nie dagga by hom het nie!  Hy sien nie dat ek die een is wat die klag behoort te lê nie.

 

Ai my kind my keuse vir jou was baie anders maar jy is 100% reg met jou woorde dat boom jou lewe verwoes het, niks anders nie net die nice en cool dagga!  My verhouding met jou is geskaad want jy dink ek is verkeerd oor grense wat ek stel, jy dink dit is reg om in my huis op die vloer te urineer as jy nie jou sin kry nie en jy dink dit is reg om my te slaan as jy nie jou sin kry nie.  Word wakker maat!  Dit was die laaste stront wat ek hanteer het!

 

Hy laat sy ma sy vingers bind en gaan ry fiets, natuurlik neem hy die R 40-00 saam.  A kom terug hy het so ‘n tevrede gesigsuitdrukking en lag vir simpel goed.  Oë is pof maar nie baie rooi.  R dink hy was by Nommer 25, ek dink ook sy hand was te seer om ver te ry.

 

R praat vir eerste keer dat A skool moet klaarmaak en gaan werk want ons kan nie nog 4 jaar so aan karring nie, sy is heeltemal reg.  Ek dink in elk geval na die naweek gaan A sy skool aanpak soos hy JSkool aangepak het – met geen inspanning behalwe om dagga te score nie.  Bure sê hul jongste wil gaan studeer sodat hy langer kind in huis kan bly.  Dit is presies A se uitkyk ook maar A gaan dit bloot nie regkry nie want ek gaan hom nie weer BloemCare toe neem nie, Skool Vrou gaan hom nie toets dat hy uitgevang word en rehab verplig word nie en hy sal nie self uitkom dat hy weer stone nie.

 

Die aand verloop rustig, ek rook saam hom maar praat nie veel nie.  Hy rook 2 of 3 keer deur die aand.

 

A het my en R op gebruik die naweek, as dit weer gebeur gaan ek beskermend op tree.  Ek sal naweke meer bedag en myself betyds toerus.  Ek aanvaar dat A weer my gaan slaan as hy in ‘n onttrekkings fase is, ek berei myself geestelik en fisiek voor vir die dag.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Rook!

22 Julie 2013

A vroeg op, hy wil met my sosiaal.  Skuus boet maar ek is bietjie besig vandag.  Hy roep my terug en vertel dat hy by skool sal sê sy hand is so oor ‘n plank wat gespring het toe ons gesaag het.  Whatever, dit is jou hand!

 

A roep later en vra of dit reg is dat ons almal na SM Psigiater toe kan gaan.  Whatever! Ek is moeg om geboelie te word, ek is moeg dat R geboelie word en ek is moeg dat M alles moet aanhoor!  Ek sal gaan maar dit maak niks aan die feit dat jy weer stone nie, dit maak niks aan die feit dat jy kwaad raak as ek nie in jou dagga behoeftes wil voorsien nie en dit maak niks aan die feit dat jy nie wil verstaan dat ek en jou ma grense het nie.  Jy dink dagga is cool! Jou maats dink dagga is cool! En julle dink die pokken koffers wat dit aan julle verkoop is cool!  Ongelukkig gaan die cool koffers en die cool dagga julle dood veroorsaak! 

 

Ek gee A geleentheid om self te bid op pad skool toe.  Hy bid vir sy en die ander mense se verkeerde optredes van die naweek en sy registrasie.

 

Hy sien ‘n kar soos ZV se kar en sê, ‘daar ry ZV die BLIKSEM!’  Ek wonder of die kamstige baklei wat hy verlede Sondag gehad het nie dalk met ZV was nie en dat ZV vir hom gesê het dat hy homself nie met Boom ophou nie?  Ek wonder?  R dink anders maar ek wonder.  Ek wonder ook oor die skaapgesig wat PlotPel opgehad het by die parkie laas wat hy hier geslaap het?

 

A sê hy gaan gimnastiek toe.

 

09:45 R laat weet my A se hand te seer vir skool.  Sy gaan hom noodgevalle toe neem.  Sy hand nie gebreek net gekneus. R 2000-00 later.

 

R sê A beweer Skool Vrou met ‘n meisie geraas oor dagga.

 

A slaap heelaand en eet niks, hy staan deurmekaar op om te gaan bad.  Dalk is dit net die pille soos hy beweer.  Ek sien hy rook onder die afdak.  R dink hy het die middag gerook toe sy M gaan haal het.

 

Ek is seker die moeilikheid oor die naweek kom van die ou van Brakpan af.  Ek is seker dit is hy wat A opsteek en sê dat hy is mos al 18 en hy kan dus doen wat hy wil.  Ek is oortuig dat A ‘n nuwe buddy gemaak het, een wat groter gif is as die ou van Huis 37, een wat vir hom vertel hoe fucked up sy ouers is om hom van dagga af weg te hou. Dean Prior?!

 

Suprize, jou fucked upped ouers sorg nog vir jou!  As jy uittrek sal jy moet gaan werk want ons het dan geen verantwoordelikheid teenoor jou nie – jy is mos 18 of hoe? 

 

My wens en gebed is dat jy suksesvol matriek sal voltooi, moontlik gaan studeer en ‘n goeie werk sal kry.  Wat is jou wens, gebed en keuses vir jouself?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Rook?

 

 

23 Julie 2013

A vroeg op en chirpy en chatty.  Ek het nie regtig tyd meer vir die gemors waarin dagga ons het nie.  Ek dink ons moet budget vir sy dagga gebruik en klaar.  Hy kan dan rook soos hy wil en na hy klaar finale eksamen geskryf het gaan werk en ander blyplek kry.  Hy kan by sy maats gaan bly in Huis 37 of self by die koffers in Nommer 25.  R byt nog nie hieraan nie sy glo dat hy sal regkom.  Ek het te veel van die ouens in die weermag gesien, as hulle eers dagga as leefstyl aanneem breek hulle nie.  A het nuwe maats, dit is ‘n nuwe leefstyl.

 

R neem hom skool toe sodat hy die marmot kan gaan wys.  Skool Vrou vra wat met sy hand gebeur – vra vir A hy sal weet.

 

R is op met A.  Ek ook!  Vandag in die koerant lees ek van die tiener wat sy pa met mes vermoor het omdat hy hoog op dwelms was, gister die man wat sy pa vermoor het in Winburg en onlangs was daar die tiener wat sy familie met die byl vermoor het –dwelms en satanisme.  Ek kan mos nie A vertrou as hy so uit hak en woedend word soos die naweek nie – ek gaan nie deur my kind vermoor word nie!

 

Ek moet A vanmiddag na PN sielkundige neem, R wil nie meer met hom in stad ry nie.

 

Ek koop vir my en A elk ‘n klein pypie.  A gery toe ek by huis kom, ek mis hom met 3 minute.  Ek sou graag wou sien wat hy doen.  Hy neem R 50-00 om petrol in te gooi maar hy het minder as 20 km vroeër R 80-00 ingegooi. 

 

A is terug in 15 min.  Ek dink hy ly okay R dink nie so nie daar is iets groen op sy slaap.  Ek wys die pyp ons rook gou voor ons na PN sielkundige gaan.  A loer na sy oë toe hy in kar klim en vryf sy gesig.

 

By PN sielkundige ontwikkel sy trip.  Ek wil loop maar A draai die gesprek telkemale dat ek moet reageer.  Sy oë raak glaserig en pupille dilateer.  Sy oë swel op en sy gesig raak blas –bleek -rooi.  Hy raak ook kwaad en klik sy vinger heeltyd op wang.  Vertel storie oor fight met ou op kampus, dan oor saag wat sy hand seermaak dan op die end kom ons by die naweek waar hy my geslaan het.  Hy plooi die storie dat ek die aggressor is maar sy tydsbegrip is erg gebrekkig.  Hy vertel dat hy Saterdag toe hy kwaad uit kar geklim het en zol by ‘n persoon (koffer) gerook het.  Later is dit Sondag en hy ken dan die koffer en dan nie.

 

Ek bekommerd dat A ander goed gebruik as dagga.  PN sielkundige stel 4 weke van sifting voor maar moet deur huisdokter gereël word.  Arg!!  A stem in maar sê ek sy reëls oortree en hy gaan by ander plek slaap.  Hy stel nie maats voor nie, ek dink hy weet hulle ouers kyk ook nou baie fyn.  Wil by Sarie, Susanie of Carin gaan slaap. Hy wit warm vir my.

 

Hy koel later af en ons rook saam.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Rook!

24 Julie 2013

A wil nie saam my skool toe ry nie.  R moet hom neem. 

 

Ek gaan haal A om dokter toe te gaan, sê as hy my bewys dat hy skoon is ek hom ‘n groter motorfiets sal koop.  Hy wys offer van die hand. Regtig? Kan dagga so lekker wees!?

 

By dokter mag ek nie saam in.  Sy wil dat hy urien toets doen maar hy kan kamstig nie monster gee.  Sal by huis?  By huis laat hy my verstaan ek oortree sy reëls.  Hy het my nou, ek mag grense stel en ek mag optree as ek sien dinge loop verkeerd maar ek mag nie oor dwelms praat nie.  Nou hoe gaan ek jou kan help seun?  Nee wat ek is klaar! Dagga is te lekker en cool en ek is te fucked up.

 

Slaap toe ek by huis kom, erg deurmekaar.

 

A het drie persoonlikhede, ‘n baie naïewe en alleen en gemoedelike kind, ‘n baie sosiale ekstrovert as hy hoog is en ‘n bedonderde persoonlikheid wat almal verbaal en fisies aanrand tydens sy onttrekkings fase. 

 

25 Julie 2013

Sukkel om wakker te word.  A gaan nie skool toe nie, hy wil eers met sy ma praat maar ek sien sommer hy is klaar met skool.  Ek gaan werk, R kry hom bietjie bedaar.  Hy gaan later saam werk toe om die mense marmot te wys. Ai my kind is so kinderlik.

 

Ons kry die nuus dat A deur SACAI aanvaar is, nou moet ek R 10 010-00 betaal vir IMPAK terwyl hy nie eers skool toe is nie.  Ek wil die nuus met hom vier maar hy is so kwaad dat ek maar los tot die aand en net die epos gee.  Laat weet JSkool dat hulle nie A moet registreer.

 

Buurman is in toestand, dink hulle begin nou die pad stap met ‘n + by skool dalk?

 

Steeds nie ‘n monster gegee – ek gaan nie vra nie ek is klaar met dagga.

 

26 Julie 2013

A sukkel om op te staan maar sy gemoed is beter.  Sy Persoonlikheid is my kind se normale. Hy gee my drukkie maar is afsydig.

 

Ek vat sus skool toe – hy sal my eers moet vra. Hy skud my hand en sê hy is jammer oor laaste week.

 

Blykbaar baie opgewonde by Skool Vrou oor sy registrasie.  Ek betaal die  R 10 010-00 dit was my belofte.

 

A gaan saam Wiess huis toe, blykbaar sommer vroeg.  R voel goed daaroor.  A lyk die aand okay.

 

27 Julie 2013

Saterdag – dit is ‘n moeilike tyd vir A.  Hy vroeg op ons sit buite en rook A laat my uit sy twaksak ‘n stop vat.  Hy vertel van Wiess.  Praat oor werk by Mugg & Bean.  R 3500-00 vir middagskof, hel is baie geld vir waiter.

 

A sou skool toe gaan maar Skool Vrou kanselleer – shit!  Ek kry A sover om saam my dam toe te ry en in te stem om pizza te gaan eet as viering van sy registrasie.

 

By dam laat ek hom om die dam ry en laat hom die kar spin.  Hy wil nie spin nie hy wil drift!  Ek sê hy kan met sy eie kar drift!  Ons rook pyp en gooi ‘n stok in.  Hy okay maar ek praat nie eintlik.  Hy rook net een pyp en drink een bier.  Ek rook 3 en drink 2.

 

Alles okay tot 13:00 toe begin BBM.  Hy sommer moerig vir my sit voor in kar.  Ek pak stadig op.  Op pad terug vertel hy dat hy met die Touran 180 km/h ry.  Ek wys hom daarop dat dit onverantwoordelik is, dat hy sy ma se lisensie in gevaar stel.  Hy wil dit glad nie hoor, ek sien hy wil dat ek iewers onverantwoordelik optree sodat hy dit teen my kan gebruik.  Hy is ‘n manipuleerder.  Ek gaan nie daarvoor val.  R dink ek is verkeerd maar nou ja vir die de Jagers was ek nog maar altyd ‘n gemors gewees.  Hoekom sy nie net oppak en gaan nie weet ek nie?!

 

M baie omgekrap, sy sê R praat net oor A.  Ek sien die ding gaan ons heeltemal uitmekaar ruk.  R dink weer M is verkeerd. 

 

Buurman buite, ons chat lyk my Mars is +.  Buurman praat van sy skuld en kind swak opgevoed.  Nee buurman, hulle het keuses gemaak om dagga te rook niemand anders.  Buurman sê Mars dikbek omdat sy keuses hom in die gat hap.  Waar het ek dit al gehoor – o ja ek voel ook so.

 

Wind waai erg hy gaan ry nie fiets nie maar sosialiseer ook nie.  Ons gaan eet pizza, gaan nogals okay maar hy soek geld vir sigarette.  Ruil sy tweede bier vir sigarette, sê hy ken sy perke.  ‘n Ligte steek na my.  Ek is jammer maat ek drink bier ek rook nie dagga nie!  As ek twee biere of selfs drie met ete drink is dit my saak ek vra jou nie geld nie en hoef nie aan jou verantwoording te doen nie.  R gee geld hy koop en gaan rook.  Kom terug met storie oor Hardley Davidson.

 

Terug wil hy bestuur, ek stem in solank R die verantwoordelike persoon is.  Hy bly erg links – iewers gaan hy die randsteen tref!  Maak groot fout by botaniese tuin afrit,  ek sê maar dat dit ‘n moeilike plek is en los dit.  In de Bruin is daar karre regs hy ry 100 km/h om hulle verby te vat.  So wys hy my dat hy kan 100 km/h met sy ma se kar in die stad ry.  POK! Kry dit in jou kop dat jou en jou ma se lisensie kan weggeneem word.  A baie kwaad omdat ek sê dit is verkeerd.

 

Nou is dit so in die huis.  A kan doen net wat hy wil en as ek praat dan raak hy woedend.  Okay ek is klaar.  A wil in sy kamer gaan dvd kyk terwyl ons voor kyk.  Ek vat my sleutels en sê dan loop ek finaal.  Hy baie bang ek loop en paai maar bly kwaad omdat ek gepraat het, probeer my kry om te sê ek sou dit ook gedoen het.  Ek sê ek sou nie 80 km/h oorskry het nie en eerder teruggeval het.  Hy bly kwaad.

 

28 Julie 2013

Sondag ek laat almal laat slaap ons het tot 00:30 dvd gekyk.  A staan op en sit buite, ons rook pyp.

 

R gaan alleen kerk toe.  Dinge heel gemaklik by huis tussen my en kinders.  A baie rustig en sê later jammer oor die bestuur en dat hy kwaad was omdat ek gepraat het.  Sy persoonlikheid is normaal kind.

 

Na kerk sit ons buite, A roer die sakgeld ding.  Ek vra hoeveel geld hy ‘n maand nodig het.  Hy sê R 60-00 vir sigarette en dan petrol geld.  Ek stel voor dat ek hom 2 pakke twak gee, ‘n kan petrol en R 200-00.  Hy reken hy sal daaruit ‘n bydra vir petrol maak.  Ou maat jy weet duidelik nie hoeveel jy rook nie.  Sê twak kos R 40-00 dan beteken dit jy sal nog 2 pakke moet koop dus R 80-00 plus jou R 60-00 vir sigarette is R 140-00 laat jou met R 60-00 oor.  Laaste 3 naweke het jy elke naweek R 50-00 gebedel.  Klink my jy kort eintlik R 400-00 sakgeld plus die byvoordele.

 

A bedel weer R 50-00.  Sê hy gaan bier drink. Gaan ry fiets.  Ek slaap toe hy inkom.  Stel nie belang om te kyk of hy iets gerook het nie.  R sê nee hy skoon.

 

Sy oë laat die aand erg rooi maar ek sê niks. 

R sê Mthw is ook +.  Ek het mos gesê die man rook die goed ook!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Rook?

29 Julie 2013

A maklik op maar hy het nie skool.  Moet sy boek gaan haal en self leer – haha.

 

A vertel dat sy marmot oor sy oë hardloop en dan voel sy oë soos arc eyes. Okay the stage is set for red eyes!

 

A se inligting oor hoe hy betower was deur ‘n 2 liter zip bag dagga spook weer die naweek by my, hoe diep moet jy in wees om kontak te maak met daardie hoeveelheid?  Ek verstaan ook glad nie hoe ‘n kind soos A by dagga betrokke geraak het nie.  Hy is so kinderlik en so bang.  Hy het tiener streke maar hy was altyd so gemoedelik.  Ek sweer as ek SurferBoy of RBloufiets iewers alleen kry rand ek hulle aan!

 

A se lyf is ‘n stoner deur en deur, sy voor arms is so dun so ook sy bene.  Sy boarms is nog gedefinieer maar ek dink nie meer vir lank want hy doen niks meer nie.

 

Ek kom nie by skool uit nie.

 

30 Julie 2013

A weer nie skool nie.  Moet op eie leer.  Laat hom slaap maar hy is 07:00 op.  Voor werk vra hy ek moet buite staan by hom as hy rook. 

 

Ai my kind as jy is soos vandag dan wonder ek hoe jy by dagga betrokke kon raak en hoekom jy so diep in die kultuur vasgeval het.  Ek weier om skuldig te staan vir jou keuses maar ek sou graag ‘n eerlike verduideliking , nie ‘julle was nie betrokke nie’ maar daardie hartgesprek.  Maar jy het al by geleentheid laat blyk, dit was jou eie (simpel) keuse!

 

Die stres van IMPAk registrasie is nou verby vir my wat my meer tyd gee om te tob, ek is net op met die ding en A se spring tussen persoonlikhede. 

 

Ek gaan 10:00 huis toe om koffie saam hom te drink – ek besluit om onaangekondig op te daag.  A heel rustig, lyk goed.  Sê hy het geleer maar uit gesprek blyk dit hy was erg besig met sy fiets en video’s.

 

Hy herhinder my daaraan dat ek gesê het as hy goeie rapport bring ek nuwe fiets sal koop.  Hy wil eerder sy fiets upgrade – klink na R 4000-00.  Arg, daar gaan my motorfiets!  Ek sal seker nooit op myself kan splash.

 

A laat weet hy het 12:00 wiskunde ry sommer met haas.  Blykbaar is JSkool matrieks by huis vir bloktyd voor eksamens.  Is dit hoekom Buurman by huis is?  Pas hy Mars op? 

 

Vandag oortref die joernaal inskrywings 15 000 woorde.  Ai ek wens ek kon oor iets anders as dagga geskryf het.

 

Daar is erg polisie aktiwiteit in die straat.  Ek het 3 verskillende voertuie vandag in straat gesien en A praat van TW motorfiets ook.

 

Ek reel met A om te help stoele laai die middag.  Hy werk fluks maar ai sy broek wat op die knieë sit!  Die studente lag vir hom.  Hy het al erken dat dit die manier is om te adverteer dat jy dagga gebruik.  Hoekom doen jy dit dan nog?

 

Dit gaan beter met A, hy is meer opgewek meer rasioneel en lyk skoon.  Ek huiwer om dit te sê maar dit gaan beter.

 

Ons rook saam pyp, hy sit baie lank by my.

 

31 Julie 2013

A ry saam my skool toe.  Ek bid maar sommer baie oppervlakkig hy wil mos nie dat ek meer reguit praat nie.  Die Here sal weet wat my gebed is.

 

1 Aug 2013

 

 

2 Aug 2013

Ek gaan skool toe om A te de registreer en met BM en Skoolhoof te gesels.  Bets baie meelewend.  Skoolhoof meer as gewoonlik maar stel meer belang in wie hy moet toets.  Mike Kleyn nog nie getoets, hy reel dadelik.  Dit kom uit dat hulle moeilikheid met SurferBoy en sy ouers het.  Ook die kind waar SurferBoy bly.

 

BM lig my in dat iemand gehoor het hoe SurferBoy vir A vertel dat dagga maklik geld maak.  Pok hoekom het die skool my nie dadelik ingelig nie?  BM vra of ek bekommerd is oor die inligting wat ek deel.  Glad nie ek het nie ‘n ooreenkoms met die pokkers gemaak nie!  Hulle het my R 100 000-00 gekos as elkeen van hulle se lewens opgemors word sal ek nie ‘n oog knip nie.  Ek sal dalk by die dam gaan sit en ‘n bier drink om dit te vier! 

 

PlotPel nooi A saam na Brazen Head maar A gaan nie.  A slaap heel aand voor TV.  Hy nors oor ons nie saam DVD wil kyk nie maar dis 22:00 teen tyd dat hy uit bad klim.

 

A is nou amptelik uit die skool.

Rook

3 Aug 2013

A vroeg op.  Ons sit buite en gesels.  A moet skool toe op die Saterdag.  Hy nie te gepla maar sê Groot Seun weier en gee Skool Vrou baie moeilikheid.  Sê een is lui en een is mal, dit is net hy wat werk van die matrieks.  PhGirl is in malhuis oor sy gejok het en nie net dagga gebruik het nie maar oor heroïen.  Weet nou nie van heroïen maar dit is seker tik of mandraks.  

 

A raak BAIE kwaad vir my omdat ek nie wil saam stem dat die beste manier om heroïen verslawing tee te werk dagga is nie.  Ek probeer sê ek is nie ‘n ekspert nie dan sê hy ek moet logies dink, as ek sê logika sê medikasie is beter beheer baar dan raak hy kwaad.  Ek wonder hieroor?  Twee goed kom by my op; die laaste twee keer wat ek A op ‘n trip gesien het was by PN sielkundige en die aand met die Bybelstudie.  Albei kere was sy oë erg gedilateer en glaserig.  Ek wonder of hy nie toe iets sterker gebruik het nie?  Die ander is soos met die kar, A wil my uitvang dat ek instem tot iets wat nie reg is nie.  A wil ek moet instem dat dagga in sekere omstandighede regverdigbaar gebruik kan word.  WEL hy weet ek dink dagga is OK as jy terminaal aan kanker is.  Jy gaan immers dood wees voor jy suf gerook is.

 

Ek bid maar net.  Gelukkig koel A af voor hy skool toe moet gaan, dankie Here!

 

A ruik sleg, hy ruik na kruie en gras.  Hy stort voor skool maar ruik steeds daarna toe ek hom aflaai.  Ek is seker A het Vrydag gerook.

 

A besig tot amper 14:00 by skool.  Hy het biologie geleer, die brein.  Dankie tog vir Skool Vrou se toegewydheid!  A gaan rus.

 

A moeilik met sy ma oor DVD uitneem.  R en M gaan aleen.  A vertel my dat hy lelik met R was.  A is baie krapperig, wonder of dit gaan oor PlotPel of Mars of dalk PhGirl?  Dalk wonder hy of hy gaan eindig waar sy is?  Of is dit ‘n onttrekkings fase?

 

4 Aug 2013

Ek laat almal laat slaap.  R wil ons moet krat vir marmot gaan soek.  Koop ‘n hoender krat.  En TV.  A dink ek is mal oor ek tob oor R 2000-00.  Lyk of hy dink dit is kleingeld.  Hy vergeet hoe moeilik dit was om met dagga genoeg te maak om sy verslawing te betaal het!  Hy weet ook nie dat ek R 2000-00 vir PN sielkundige skuld en nog seker R 5000-00 vir ander medies nie. En R 1500-00 vir MTN vir sy Internet.

 

Ek skuur die pyp wat hy wou maak rofweg.  Hy sê ek moet pyp klaarmaak, hy sal sy eie een begin.  Whatever!

 

A strip hom vir my en TV instel.

 

A gaan fietsry.  Kampus toe.  Chain snap.  Ons begin met marmot se hok.  A strip hom by meer as een geleentheid vir my.  Wonder steeds hoekom?  Hy lyk okay, bietjie onvas maar okay.  Dalk ‘n bier gedrink.  Pok ek wens hulle wil die kampus sluit!

 

A rook sigaret met menthol ball?  Ek weet nie daarvan nie.  Die tabak ruik erg kruie.  A wil nie saam my rook.  Maar gaan later 2 keer uit om te rook.

 

5 Aug 2013

A vroeg op, hy gim bietjie. 

 

Buurman sê Mars het tugverhoor vanaand.  Is dit dalk hoekom A omgekrap is?  Gee Mars hom gas?  Of is dit RBloufiets of Mike Kleyn?  Gelukkig is A amptelik uit die skool anders sou hy nou begin dans het, sy sondes gaan nou begin uitkom en die donners gaan hom weggee want die inligting wys na hom.  MOOI! 

 

SurferBoy, RBloufiets, Mike Kleyn, Mars, Francois geniet die trip wat julle toekom!

 

Ek praat met A oor Mars en dinge by skool.  Wys hom dat hy redelik veilig is omdat hy amptelik uit die skool is.  Lyk of dit hom rustiger maak.

 

A gaan uiteindelik gim toe!  Hy het ook die gemors in drom gegooi!

 

6 Aug 2013

A slaap later, die gim het hom gevang. 

 

Skool Vrou vra of hy Afrikaans gedoen het, hy bevestig.  Ons weet van niks.  Ek vra dat A by haar moet Wiskunde doen aangesien hy niks by huis doen nie.  A nie gelukkig met my maar ek betaal Skool Vrou sy moet kyk dat hy alles baasraak.

 

09:00 A laat weet dat hy kos by huis gelos het, R neem dit hy is OK.

10:00 A laat weet hy is siek.  R gaan haal hom 10:30?  Wat het gebeur?  Het Skool Vrou met hom geraas?  Het hy die oggend by huis gerook en Skool Vrou hom huis toe gestuur?  A mis wiskunde.

 

Ek in sy kamer vra dat hy die laptop moet inpak, ja-ja is sy antwoord.  Raai wat hy sal die ding nie inpak nie.  Ek gaan eendag strip en die laptop terugvat.

 

Ek dink ek kry spoed kaartjie, man gaan R my uithaal!!

 

7 Aug 2013

A staan moeilik op.  Hy ook nie so vrolik nie.  Hy groet ook nie meer met drukkies nie.  Hy kla meer oor skool en dat hy so hard werk.  Hy kyk ondersoekend na my.  Sy oë is baie swart?

 

Ek stel aan R voor ek A sal optel.  Sy wil nie ek moet hom kry nie.  OKAY julle doen dinge op julle manier.

 

Ek stop by huis na A van Skool Vrou af terug is.  A in bed voor laptop, hy kry koud.  Dit is weer al wat hy doen, speel en DVD in sy kamer nooit daaruit.  Steeds nie die laptop ingepak.

 

Hy drink saam koffie maar hou my baie fyn dop, amper of hy wil sien of ek hom met iets uitgevang het.  Ek vermy sy staar, dalk help dit dat hy op gemak raak.  Ons praat oor mbt toetse, hy en R reken ek is verkeerd dat dit vereis word.  A reken ook dat bemarking deel is van bourek.  OKAY.

 

A gaan wiskunde toe maar ek kry msg van R dat ek hom nie moet uitvra nie.  Wat word weggesteek?

 

R sê dat ZV en PlotPel baie kil is en haar vermy.  Wonder of buurman nie ‘n lys opgestel het nie.  Is dit A se skierlike siekte se oorsaak?  Is dit hoekom A so intens my bestudeer?

 

R praat met SM Psigiater, sal medikasie aanpas.

 

8 Aug 2013

A staan moeilik op.  Hy steek pyp onder afdak op.  Ek stap agter yskas in en hou hom in oondvenster dop.  A skrik hy dink ek kom uit en spring agter in die gang in.  Wat rook jy? Is dit die rede hoekom jy siek was?  Is dit die rede hoekom jy my so dophou? 

 

Ek is klaar met dagga seun! Asb onthou dit net, ek stap nie weer die paadjie nie!

 

Ek kom 16:00 by huis.  RBloufiets is by Mars.  Ek bel buurman.  Vind later uit al die rokers was daar vir LAN partytjie.  Strongs maat!

 

 

Rook?

9 Aug 2013

Lang naweek.  Ek gaan skiet A wil saam maar hy het skool – gaan hier ‘n verwyt kom?

 

Hy staan op toe ek ry en groet my.  Sê hy is jaloers maar ek moet my dag geniet.

 

A toe nie skool, R sê hy was baie rustig.  Hy gee my maar ‘n koue skouer toe ek die aand daar kom.  Ek vertel maar die dag se gebeure aan hom maar hy nie regtig opgewonde.

 

Gelukkig het JB gesê hy betaal my verwerking so ek het nie vleis te werk nie.

 

10 Aug 2013

A vroeg op, R het sy medikasie soos SM Psigiater gesê het aangepas.  A is baie omgekrap.  Die medikasie laat hom sleg voel.  Hy sê vir R hy gaan haar van moord aankla. POK hoekom kla jy nie die donners wat jou laat dagga rook het van moord aan nie? 

 

A karring ook aan my maar ek ignoreer hom, hy vertel van lae bloeddruk, swak hartklop en ‘n trip.  Vir R vertel hy van hallusinasies.  Hy strip en gaan lê in kamer.  Hoor hy oefen bietjie met sy gewigte.

 

R baie bekommerd oor A se uit hak oor pille, sy kap erg stres.

 

Later nooi hy my saam om pyp te rook.  Ek vermy alle sake wat hom kan omkrap.  Hy rook vinnig ek teug op my tyd. 

 

Ek ruil die disk op die saag en skuur my pyp klaar.  Hy begin met sy pyp maar net ‘n klein rukkie besig en los dit toe.  Gaan lê in kamer.

 

PlotPel bel en sê hy kom gou kuier.  Hulle praat nie baie nie, sê hulle gaan PlotPel se braaier by KlaGirl haal.  Kalkoen se kind, twak man PlotPel en KlaGirl is saam getoets oor buurman se lys en nou is hulle kwaad vir A.  A ry saam na KlaGirl.  Ek dink hy het iets gedrink daar, hy burb kort-kort. 

 

Ek vermoed die kuier van PlotPel en rit na KlaGirl is om sake by skool te bespreek en te sien waar A staan. Of om planne te beraam vir tug of vir runners.  Nee die makkers is besig met dagga! 

 

R gaan kwekery toe om te vlug, A gaan saam.  A koop Mills sigarette

 

Ons braai vleis maar A slaap.  Ek maak hom wakker maar hy kom nooit uit.  Ek en M sit en kuier by vuur.  Hy kom eers baie later uit kamer met verskoning dat hy baie moeg was. 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

?

 

 

11 Aug

Ek laat R slaap.  A staan vroeg op en gaan rook.  Ek kry idee hy wil nie ek moet uitgaan.  Ek lê onder kombers en maak of ek koud kry.  Vra hoe dit buite voel, hy reken erg koud maar eintlik was dit heel lekker.

 

R staan op, ek stort en maak koffie. 

Ek sê ons gaan saam koffie drink buite, A vra waar ons gaan sit want hy het eie tyd nodig.  Ek besluit ons sit in sitkamer – hy sit saam ons seker om te hoor waaroor ons praat.  A kort-kort uit maar nooi my nie saam.

 

A kom in na hy pyp gerook het, ek vra om sy pyp te sien.  Ek wil dit teen my appelkoos blank meet.  Hy spring op en hou die pyp teen die blank maar handig dit nie na my.  Wonder hoekom?  A sê sy maag voel nie lekker hy gaan later saam my ‘n bier drink.

 

A sê hy gaan net bietjie DVD kyk dan opstaan en leer EN laptop inpak.  A lê heeldag in bed met nagklere aan. Ek sien hy rook heelwat van die sigarette maar ook pyp.  Hoor hy vra vir R waar ek is maar as ek vra of hy my soek sê hy nee en loop verder weg terwyl hy rook.  Vang hom ook aan noordekant van huis staan en rook sodat ek nie sal sien.

 

Ek meet sy marmot hok vir laai.  Hy gaan my kom help.  Ek maak die laai A het nooit gehelp nie.  Maak ook kat sandbak vir M.

 

Ek steek vuur aan en vra of hy darem saam buite by vuur sal sit.  A kom sit ons rook ‘n pyp saam.  Hy braai die wors.

 

Ek sien sy whatsapp status, Thats it .. I am out.  Ek is opgewonde maar R sê nee is na ons onderonsie by PN sielkundige.  Okay dan is dit op my gemik – hoekom loop jy nie net nie?  Jy is moes 18 jaar oud en kan mos legal werk, drink en rook!!

 

Hy ook ‘n sigaret, hy sê hy hou van die Mills oor en bly toe stil.  Ja ek weet Mills proe soos gras dit is hoekom jy daarvan hou. 

 

Met ete vra ek ons moet topgear kyk.  Onderonsie oor TV met M.  M en A gaan sit in kamers.  A kom sê hy gaan M slaan.  Umm kom ons kyk, NEE EK SAL DIT NIE TOELAAT NIE! Ek verstaan sy was verkeerd maar jy sal haar nie slaan terwyl ek in die huis is nie!  A begin oor sy maag kla, vertel almal dit is stres oor die rusie.  Stront - dit is stres oor PlotPel en KlaGirl en die stront wat jy heeldag aan lank rook.

 

Die Pool soek iets by A.  POK die klein stront, hoekom het A kontak met hom?

 

R gee medikasie, ek kyk TV.  Ons vrees hy gaan stokkies draai.

 

Mars en maats word blykbaar weekliks getoets.  Ai as hulle net proaktief A ook so getoets het sou hy dalk nie so diep in beland het nie!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Rook?

12 Aug 2013

A staan moeilik op, maar kom tog by skool uit.  Hy bid, dank die Heer dat niemand fisies of emosioneel beseer is die naweek nie.  OK dit is jammer dat jy jou ma wou aankla van poging tot moord omdat sy jou medikasie soos voorgeskryf is deur ‘n psigiater gegee het?

 

Hy pak net ‘n deel van die RTT in,  dalk is hy bang Skool Vrou is kwaad hy niks gedoen het nie.

 

Ek en R stem saam 2013 is ‘n baie slegte jaar, ons kan maar net hoop nie een van ons kom iets oor nie.  Ons is bekommerd oor A se matriek al werk hy hard by Skool Vrou doen hy niks op sy eie by die huis nie.  Ons wonder of universiteit regtig aangewese is vir A in die lig van individuele bydra wat ‘n student moet maak.

 

Die skool het inspeksie en A moet namiddag weer gaan.  Mis wiskunde maar gaan skool toe.  Kom eers na 19:00 by huis.

 

A en M speel laat rekenaar maar A is maar geïrriteerd, vloek en jee-gag heeltyd.

 

A se swart pyp lê op glastafel gestop?

 

13 Aug 2013

A staan swaar op.  Val in visdam by skool.  Gaan weer in middag skool toe. Kom net voor 19:00 by huis.

 

Ons rook saam my nuwe twak.  Na ete kyk hy DVD, oefen bietjie.  A maak later rolley, knip twak met skêr soos dagga fyn geknip word.

 

A doen laat RTT.  Begin dvd kyk laat.  Rook terwyl ek stort.

Ek in kombuis 00:30 en die rekenaar steeds aan.

 

A se gemoed is redelik stabiel en lyk of hy nuwe vriende by Skool Vrou maak.  Sy wife beater hemde is dalk om die girls te impres.

Swart pyp steeds op tafel.  Sy skoolbaadjie se bo sak gaap.

 

14 Aug 2013

A redelik vroeg op.  Rook terwyl ek in stort is.  Gebruik marmot as verskoning vir rooi oë.  Ek wonder maar hy lyk goed en is opgeruimd. Sy oë is wel opgeswel.

 

A sou gimnastiek toe gaan.  Hoor by R hy gaan nie.  Ook nie wiskunde toe nie.  Hy was uit om dvd by LVideo te kry.  Sy motorfiets het omgeval, die flikkerlig het gebreek en ‘n by het hom gesteek.  Sê die bysteek medikasie laat hom sleg voel.  Blykbaar moet R by hom sit.  Dit is 9 grade buite, bye vlieg nie in sulke koue nie.

 

A rook pyp en ek stap uit en rook van die pyp.  Hy wil eers nie die pyp gee, trek dit vinnig ‘n paar keer en wys my hoe Stef Skool pyp rook.  Toe gee hy die pyp.  Sê hy wil nie ek moet proe wat hy ingesit het nie maar las vinnig by dat dit ‘n joke is en dat hy van die fruitblend bygesit het.  Ek wonder hoekom ek so vinnig lighoofdig raak?

 

Ek vra hy moet wys waar by hom gesteek het, daar is ‘n prikmerk op sy bors maar niks opgeswel nie.  Lyk nie na bysteek nie.  Hy lewer kommentaar dat hy sy allergie ontgroei.  Ek wonder of hy nie ‘n spuit gevat het nie? Maar op die bors? Dit werk mos nie so nie, of hoe?

 

My bloedruk is erg hoog en ek is erg moeg.  Het hy my laat dagga rook?

Ek vertrou nie A nie, hy het iewers iets wat hy gebruik.

 

 

 

 

Rook?

 

Spuit?

15 Aug 2013

A vroeg op en aangetrek.  A sê in kombuis hy wil nie meer so gedefinieerd wees nie want die meisies hou daarvan.  POK ek verstaan nie.  Hy is so mal oor aandag maar as ‘n meisie aandag gee dan is hy ongelukkig.

 

A draai terug voor hy by kar kom en sê hy kort boeke.  Ek stap ook terug en gaan in gang in terwyl hy terugkom.  Hy dadelik agterdogtig en wil weet waar ek heen gaan.

 

Ek soek net my bril maar al die goed van Saterdag af maak net nie sin nie.

 

PlotPel se kuier, die trip na KlaGirl toe, die uitvis waar ek is, die afsondering terwyl hy rook, Sondag se optrede toe ek buite wil sit, sy ongemak oor sy pyp, heeldag Sondag in bed, die amperse verwysing na Mills wat soos gras proe, sy kommentaar gister oor sy stopsel in die pyp, die bysteek sonder edeem, mis van gimnastiek, die flikkerlig wat gebreek is.  My maag erg omgekrap, was sy pyp gelaai gewee?

 

Ek besluit om sy kamer te kyk.  In sy judges baadjie sak is daar ‘n leë bankie.

R maak dit af, sê ek moet met SM Psigiater praat en aanvaar A sal nog dagga rook.  Ek aanvaar dat A ‘n dwelmslaaf is!  Ek bid dat hy sal loskom!  R sê ek is ‘n alkoholis want ek drink bier.  R sê ek het ook skelm gerook.

 

Okay speel dit na my toe!  Ek het skelm gerook omdat jy en jou ma my geboelie het om op te hou!  Ek het op my tyd opgehou!  Ek drink bier, gereeld. EK HET NIE DAGGA GEROOK NIE! EK ROOK NIE DAGGA NIE! A rook dagga.  Ek dink daar is ‘n verskil.

 

Ek kyk op Google.  Daar is beskrywing van intramuskulêre en subkutaniese dwelm gebruik.  Is dit wat A by LVideo gaan doen?

 

Ek is klaar.  Klaar met R en klaar met A.

 

A gaan wiskunde toe en gimnastiek toe, hy is egter net kort by gimnastiek toe hy terug kom oor hand wat skeur.

 

Ek wil ‘n toets doen oor my bloeddruk wat so gespike het.  Ek het al agtergekom dat die dinglers my bloeddruk opstoot maar nog nooit soos gisteraand nie.  En ek het slegs twee of drie trekke van A se pyp geneem.  Ek vra hy moet saam rook na ete, hy stem in. 

 

Voor ete rook hy alleen buite en hou my dop van stoep af.  Na ete het hy  sooibrand en sê hy sal saam sit maar nie rook nie.  Okay ons los dit, GROOT FOUT!  Hy omgekrap omdat ek dit wil los.  Dink hy wil my forseer om te rook sonder dat hy rook, seker om my by R te diskrediteer.  Ag weet jy boet jou ma het nog altyd gedink ek is gemors.

 

Hy stop sy pyp en ons rook.  Buite sê hy dat hy erg sooibrand het en gaan braak en kolabeer dan gaan ek dink hy rook dagga.  Goeie punt wat hy maak MAAR ek weet mos hy rook dagga!  Al die tekens is daar, nuwe bankie in judge baadjie, eenkant staan en rook, rooi opgeswelde oë, onvas op voete en hops reuk.  Binne in huis gaan lê hy.

 

My bloeddruk het nie gespike nie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Rook?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

16 Aug 2013

Ek wil nie meer hier skryf nie.  Ek is klaar met dagga en wat dit aan my doen.  Ek het altyd ‘n brose verhouding met R gehad maar deesdae is sy veral krities teenoor my en ek stel net nie meer belang om haar te paai nie! Al die slegte keuses wat A maak speel R na my toe.  Ek kan nie my bekommernis uitspreek nie en ek kan ook nie optree nie.  Vanoggend val die gordyn af toe ek dit ooptrek – moes ek dit ontgeld?  Magtig dit was ‘n ongeluk!

 

Ek het altyd my verhouding met A opgepas en voel sleg as ons nie oor die weg kom nie maar na R my gister weer uitgehaal het voel ek nie meer om effort te maak met A nie.  Hy het sy keuse gemaak en as hy ooit loskom van dagga sal ons verhouding self herstel – nugter is hy so ‘n tipe mens en sal hy insit om ons verhouding te herstel.  As hy nie loskom nie dan tenminste is ek uit sy pad en is die kans skraler dat hy my aanrand – ek ernstig oortuig dat so iets baie sleg gaan eindig, dit is beter as ek myself eenkant hou.

 

Dan is daar M, sy is op pad graad 10 toe.  Ek probeer haar raad gee in die areas wat sy my in toelaat maar ek sien dinge krap haar om.  Sy voel nie geborge in die huis nie want daar is altyd iets wat krap en skuur tussen my en R, my en A of A en R.  Ek kry haar bitter jammer en om haar te beskerm moet ek myself onttrek van A en R.

 

A ruik vanoggend vir my na kruie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

?

Wat gaan die einde wees?

 

Ek moet aanvaar dat daar ‘n kans is dat A of in tronk gaan beland of deur sy smous vriende vermoor gaan word.  Na die naweek van 20 Julie moet ek ook die moontlikheid aanvaar dat A my of R kan aanrand in een van sy onttrekkings fases.  Ek sal my met geweld verset en glo R ook.  Ek is ook bekommerd oor R, kanse is goed dat sy ‘n beroerte kan kry.  Enige een van die gaan my en ons gesin breek maar ek het geen illusie nie – A is nog nie klaar met dagga nie!  

 

Ek aanvaar dit is sy keuse, niks wat ek doen sal hom ‘n ander keuse laat maak nie.  Hy sal self daarteen moet kies.  Ek kan net bid en vertrou dat A werklik ‘n visie van God sal kry vir sy lewe.